{"id":32900,"date":"2015-08-14T00:00:00","date_gmt":"2015-08-13T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/32900\/skaapkopaand-n-middelburg-tradisie\/"},"modified":"2016-05-23T08:06:18","modified_gmt":"2016-05-23T06:06:18","slug":"skaapkopaand-n-middelburg-tradisie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/08\/14\/skaapkopaand-n-middelburg-tradisie\/","title":{"rendered":"Skaapkopaand \u2019n Middelburg tradisie"},"content":{"rendered":"<p>Een ding wat in ons gemeenskap seker is, is dat ons hou van kos. Goeie kos is dikwels die hoofrede vir samekoms en fondsinsamelings.<\/p>\n<p>Een so samekoms is die jaarlikse Skaapkopaand. Tydens die Skaapkopaand kom mense bymekaar vir goeie kos en lekker kuier. En ons praat nou nie hier van basaar pannekoek of kerrie-en-rys nie, ons praat van iets meer avontuurlustig.<\/p>\n<p>Om iets nuuts te leer is om jou lewe te verryk. Die sukses van die eerste skaapkopaand het die organiseerders genoop om dit \u2019n jaarlikse instelling te maak. Vir baie het dit reeds \u2019n tradisie geword.<\/p>\n<p>Die wat al by so \u2019n aand was, sal kan beaam dat hierdie beslis \u2019n kos-en-kuier byeenkoms is wat nie misgeloop moet word nie.<\/p>\n<p>Moenie te bekommerd wees dat jy die kuier en goeie kos gaan misloop as jy nou regtig nie lus is vir skaapkop of afval nie. Pienaardam is wel bekend daarvoor dat hulle na al hul besoekers se voorkeure en behoeftes probeer omsien.<\/p>\n<p>Net soos \u2019n pretpark verskeie ritte met verskillende adrenalien vlakke aanbied, so bied Pienaardam ook<\/p>\n<p>die Skaapkopaand aan. Kies tussen skaapkop, kerrieskaapafval, beesstertpotjie of gebraaide hoender en kyk vanuit jou rustige \u201ckoppie-en-piering pretrit\u201d na die \u201cadrenalien belaaide gil-rit\u201d sonder om daarop te ry \u2013 by wyse van spreke.<\/p>\n<p>Behalwe vir die komplimenterende bykosse en watertand nageregte om die laaste gaatjie toe te stop, gaan die Juba broers hierdie jaar hulle stemme laat weergalm in die Hartlandsaal. Juba is \u2019n sanggroep wat uit die twee broers, Martiens en Andries Joubert bestaan.<\/p>\n<p>Die twee manne het beide boerdery agtergrond en beloof om die perfekte atmosfeer vir die kuieraand te skep. Brand die kilojules wat jy nou net verorber het sommer op die dansvloer af.<\/p>\n<p>Hou dus jou smaakkliere gereed en bespreek solank vir die jaarlikse Skaapkopaand op 4 September wanneer die gesellige geleentheid die afskoppunt van \u2019n onvergeetlike Hartland Landbouskou gaan wees wat van 4-6 September by Pienaardam gaan plaasvind.<\/p>\n<p>As Juba jou net lus gemaak het vir meer kuier, en as jy wil sien wat die verskil tussen \u2019n John Deere en \u2019n Case trekker is, gaan loer gerus in by die landbouskou wat deur die Hartland gemeenskap aangebied word.<\/p>\n<p>Perdekompetisies, bulveilings, boerboelkampioenskappe, uitstallers, The Classic Rock Project en Touch of Class is maar \u2019n paar van die trekpleisters om na uit te sien.<\/p>\n<p>Moet dus nie die eerste naweek in September by Pienaardam misloop nie. Kom beleef iets anders en wie weet, dalk maak jy nog jou TV-debuut, aangesien die \u201cFeesVoete\u201d-program hulle opnamekameras saambring om hierdie jaar se Skaapkopaand en Hartland Landbouskou op film vas te vang.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is baie dinge wat \u2019n gemeenskap bymekaar kan bring, dinge soos die Middelburg Derby sportbyeenkoms, \u2019n kind in nood, of die Dorp van die Jaar kompetisie. Dan is daar die Skaapkopaand by Pienaardam!<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":32901,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2704,2681,7,2],"tags":[],"class_list":["post-32900","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-entertainment-news","category-lifestyle-news","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"Lifestyle","SubCategory":"Entertainment"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/32900","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=32900"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/32900\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/32901"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=32900"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=32900"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=32900"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}