{"id":32568,"date":"2015-08-10T00:44:57","date_gmt":"2015-08-09T22:44:57","guid":{"rendered":"http:\/\/mobserver.co.za\/?p=32568"},"modified":"2015-08-11T08:55:08","modified_gmt":"2015-08-11T06:55:08","slug":"roofhel-by-hts","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/08\/10\/roofhel-by-hts\/","title":{"rendered":"Roofhel by HTS"},"content":{"rendered":"<p>Die skool het reeds begin om veiligheidsmaatre\u00ebls op te skerp na die gewapende roof wat veral die vroue in HTS se finansi\u00eble-kantore, op hol het.<\/p>\n<p>Mnr. Jonker sluit elke dag die kantoor om 05:00 oop, om sy dag met Bybelstudie te begin.<\/p>\n<p>Hy vergader hierna met die terreinopsigters en het &#8216;n staande oopdeurbeleid met personeel, tussen 06:30 en 06:45, om skoolkwessies sonder steurnis met hom te kom bespreek.<\/p>\n<p>Omdat die personeel gul van die geleentheid gebruik maak, het die voetvalle in die gang omstreeks 05:30, mnr. Jonker nie ontsenu nie.<\/p>\n<p>&#8220;Dit was eintlik duidelik dat die persoon reguit na my kantoor op pad was, sonder om te aarsel by die string toe deure in die gang.&#8221;<\/p>\n<p>Onder die indruk dat dit &#8216;n personeellid is, het hy aangegaan met sy werk.<\/p>\n<p>Die volgende oomblik het &#8216;n man reg langs die boekrak teen sy lessenaar gestaan met &#8216;n wapen op hom gerig.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/29421\/video-trane-loop-toe-rowers-toeslaan\/\" target=\"_blank\">&#8216;n Gewapende makker het volgende ingestap en om sy lessenaar beweeg sodat hy aan beide kante omsingel was met pistole.<\/a><\/p>\n<p>Een van die mans het mnr. Jonker hierna met die arm om die nek, en pistool teen die kop, beveel om saam te werk.<\/p>\n<p>&#8220;Hulle was redelik aggressief en het aanhoudend gevra vir die kluissleutels, wat as re\u00ebl nie in my besit is nie,&#8221; s\u00ea mnr. Jonker.<\/p>\n<p>Die rowers het swaar aan di\u00e9 ontkenning gesluk en mnr. Jonker beveel om op sy maag, met sy hande bo sy kop, op die vloer voor sy lessenaar te gaan l\u00ea.<\/p>\n<p>Terwyl mnr. Jonker op die grond vasgepen was met &#8216;n wapen teen sy kop, het die ander rower sy laaie deursoek.<\/p>\n<p>&#8220;Ek het op di\u00e9 stadium vir hulle ges\u00ea om my skootrekenaar, selfoon en bakkiesleutels te vat, maar hulle wou die kluissleutels h\u00ea,&#8221; s\u00ea mnr. Jonker.<\/p>\n<p>Hy is gereeld in die ribbes geskop in &#8216;n poging om hom te laat knak, en bieg waar die kluissleutels versteek is.<\/p>\n<p>Die rower het op &#8216;n reuse bos sleutels in mnr. Jonker se laai afgekom en die kantoor verlaat.<\/p>\n<p>Hy kon daarin slaag om die kantoor waar die kluis is oop te sluit, maar het hom vasgeloop teen die massiewe staaldeur waarvoor daar ni\u00e9 &#8216;n sleutel aan die bos was nie.<\/p>\n<p>Mnr. Jonker s\u00ea sy moed het op di\u00e9 stadium in sy skoene gesak en hy&#8217;t besef dat die rower by hom bloot een skoot na hom toe sou moes vuur om sy lewe te neem.<\/p>\n<p>&#8220;Veg of vlug neem oor, maar wat doen jy as jy op die grond is met jou hande om jou kop geklem, en &#8216;n gewapende rower op jou rug, geweer teen die kop?&#8221;.<\/p>\n<p>Mnr. Jonker het toe met die rowers probeer onderhandel, en ges\u00ea dat hy hulle wil waarsku dat sy terreinopsigters oor enkele minute sou opdaag vir &#8216;n vergadering.<\/p>\n<p>Terselfdertyd was daar ook reeds beweging onder koshuisleerlinge op die terrein, en mnr. Jonker vermoed dat die boewe se mannemoed hulle begewe het.<\/p>\n<p>Hy het gehoor hoe sy kantoordeur skielik sluit, en kon duidelik hoor hoe die rowers wegjaag, reg verby mnr. Blacky Swart, een van twee terreinopsigters wat opgedaag het vir die daaglikse vergadering.<\/p>\n<p>Mnr. Jonker het 10111 sonder sukses gebel, daarna die kombuis, en toe sy vrou en onderwysers wat, om die beurt ook die polisie ontbied het.<\/p>\n<p>&#8220;Die manne in blou was binne twee minute hier, alle lof kom hulle toe,&#8221; s\u00ea mnr. Jonker.<\/p>\n<p>Hy is intussen deur mnr. Swart uit sy kantoor bevry waarna die polisie op die skool toegesak het.<\/p>\n<p>Mnr. Swart het minute na sy noue ontkoming ges\u00ea dat hy weet die roof in &#8216;n tragedie kon ontaard as hy twee minute vroe\u00ebr opgedaag, en die rowers in die kantoor vasgekeer het.<\/p>\n<p>Mnr. Jonker s\u00ea dat daar &#8216;n onrustigheid by die skool heers na die voorval en dat die toegangshekke reeds sedert Dinsdagaand gemonitor word.<\/p>\n<p>Die skool ontvang deesdae alle betalings elektronies en ouers word aangemoedig om alle gelde so te betaal om kontant op die terrein uit te skakel.<\/p>\n<p>&#8220;Die rowers sou dalk met R400 wegkom, daar was beslis ni\u00e9 geld in die kluis nie.&#8221;<\/p>\n<p>&#8216;n Kaartmasjien sal ook nou ingespan word om rowers te ontmoedig.<\/p>\n<p>&#8220;Dit is jammer dat die skool nou uitgawes sal moet aangaan om &#8216;n veiliger hawe vir almal te verseker,&#8221; s\u00ea mnr. Jonker wat bylas dat die rowers eindelaaste net met sy iPad, horlosie en selfoon gevlug het.<\/p>\n<p>&#8220;Genadiglik is die bos sleutels deur die rowers in die tuin gegooi, ons is hierdeur gespaar om honderde deurslotte reg deur die skool te vervang.&#8221;<\/p>\n<p>Lees meer verwante stories hier:<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/28517\/ma-sit-rowers-ore-aan\/\" target=\"_blank\">Ma sit rower ore aan<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/29421\/video-trane-loop-toe-rowers-toeslaan\/\" target=\"_blank\">Video: Trane loop toe rowers toeslaan<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/23844\/rowers-wou-vyfjarige-skiet\/\" target=\"_blank\">Rowers wou vyfjarige skiet<\/a><\/p>\n<p>Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\" target=\"_blank\">Facebook<\/a> and <a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a> to receive your free daily news updates.<\/p>\n<p>Also check out our <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Video\u2019s<\/a> on <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Youtube<\/a> daily!<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8220;Mens dink jy leef in &#8216;n veilige kokon, maar die realiteit is, dis n\u00earens veilig nie,&#8221; het mnr. Dolf Jonker, hoof van HTS Middelburg Woensdag in sy kantoor ges\u00ea, waar hy Dinsdag deur twee gewapende mans oorval is.<\/p>\n","protected":false},"author":2844,"featured_media":32570,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Gerhard Rheeder","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-32568","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/32568","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2844"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=32568"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/32568\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/32570"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=32568"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=32568"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=32568"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}