{"id":32083,"date":"2015-07-27T00:00:00","date_gmt":"2015-07-26T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/32083\/lisensiepapiere-verskyn-skielik\/"},"modified":"2015-07-24T15:08:41","modified_gmt":"2015-07-24T13:08:41","slug":"lisensiepapiere-verskyn-skielik","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/07\/27\/lisensiepapiere-verskyn-skielik\/","title":{"rendered":"Lisensiepapiere &#8216;verskyn&#8217; skielik"},"content":{"rendered":"<p>&#8220;Die oggend toe ek daar was, s\u00ea hulle daar is nie papier nie en ek moet maar Hendrina toe gaan. Toe ek &#8216;n kabaal opskop, toe is daar skielik papier. Hoe gebeur dit?&#8221;<\/p>\n<p>Mnr. Bere de Beer en verskeie ander inwoners het hulle Dinsdagoggend uitgespreek omdat daar nie papier beskikbaar was by die lisensiekantoor van die Steve Tshwete Munisipaliteit nie.<\/p>\n<p>&#8220;En dan het sy die vermetelheid om vir my te vra hoekom het ek nie op die dag wat hy verval het gekom nie. Dit het niks met haar te doen nie. Ek het op die dag van die 21 grasietyd mos gekom!&#8221;<\/p>\n<p>Mnr. De Beer s\u00ea toe hy sy lisensie hernieu, is hy meegedeel dat daar nie papier is nie.<\/p>\n<p>&#8220;Sy het ges\u00ea ek moet maar Hendrina toe ry of twee tot drie weke wag. Toe ek vra of ek dan &#8216;n boete opgel\u00ea kan word, het sy &#8216;ja&#8217; ges\u00ea! Ek het vir haar ges\u00ea dan sal mens dit maar in die hof moet gaan toets.&#8221;<\/p>\n<p>Mnr. De Beer was nie tevrede nie en is na &#8216;n ander kantoor om te gaan kla. &#8220;Toe ek by ene Martha se kantoor is om te kla, toe sien ek hoe kry &#8216;n ander vrou haar lisensie. Ek het haar dadelik daaroor gekonfronteer en ges\u00ea ek gaan dit nie daar los nie. Dit is toe dat sy vir my s\u00ea ek moet 14:00 terugkom.&#8221;<\/p>\n<p>Met sy terugkeer het hy sonder probleme sy lisensie gekry. &#8220;Die oggend was daar nie papier nie en wou sy h\u00ea ek moes Hendrina toe. Twee ure later was daar genoeg papier. Hoe verstaan jy dit?&#8221;<\/p>\n<p>Ander kli\u00ebnte was nie so gelukkig om meegedeel te word dat hulle die middag kon terugkeer nie.<\/p>\n<p>\u2022 Me. Retha Moorcroft was dieselfde oggend daar, maar moes tevrede wees om sonder die lisensie huistoe te gaan.<\/p>\n<p>Sy het haar misnoe\u00eb te kenne gegee in &#8216;n Facebookboodskap.<\/p>\n<p>&#8220;Middelburgers, hoe kan ons stem vir dorp van die jaar, as jy nie eers by die lisensiekantore &#8216;n karlisensie kan gaan hernieu nie? Daar is alweer nie die papiere om dit op te druk nie. En dan sal die persoon voor by toonbank vir jou s\u00ea: &#8216;wat wil jy h\u00ea moet ek vir jou s\u00ea?&#8217; toe ek vra wanneer gaan daar papier wees!&#8221;<\/p>\n<p>Die lisensie verval einde Julie en dit is vir haar dogter se voertuig (wat tans in Pretoria is). Sy het ges\u00ea dat sy die lisensie voor die naweek moet h\u00ea, want haar dogter is dan tuis.<\/p>\n<p>&#8220;Wie s\u00ea daar gaan papier wees voor die naweek? Dit was laasjaar presies dieselfde. Dit is pateties.&#8221;<\/p>\n<p>\u2022 Me. Chemine van der Merwe het ges\u00ea dat haar dogter al vier maande vir haar voertuiglisensie wag. &#8220;Elke keer is daar iets verkeerd.&#8221;<\/p>\n<p>\u2022 Me. Susan Otten het gemeld dat sy &#8220;nog nooit&#8221; slegte diens by die lisensiekantore ontvang het nie. &#8220;Slegs een keer bietjie lank gewag, maar ander kere was dit vinnig. Dit is baie beter as Secunda. Eintlik kla julle almal met die witbrood onder die arm. Gaan na ander dorpe toe en kyk of alles in orde is.&#8221;<\/p>\n<p>\u2022 Mnr. Emmanuel Tshehla (kommunikasiebeampte, Steve Tshwete Munisipaliteit) het terugverwys na &#8216;n antwoord wat hy in Maart ook gegee het oor klagtes rakende die tekort aan papier.<\/p>\n<p>Daarin is gemeld dat die lisensiedepartement dienste lewer namense die provinsiale departement. Daar word 64 vorms op &#8216;n dag vir leerlinglisensies uitgereik.<\/p>\n<p>Oor die klagtes van tekort aan papier vir lisensiehernuwings is ges\u00ea dat die papier by die regerings drukkers in Pretoria gedoen word en die toekenning van die dokumente deur die provinsiale kantoor. Elke munisipaliteit kry slegs &#8216;n sekere hoeveelheid per keer.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Lisensiepapiere het binne twee ure wonderbaarlik &#8216;verskyn&#8217; nadat &#8216;n kli\u00ebnt uiters aggressief was.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":32125,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-32083","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/32083","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=32083"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/32083\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/32125"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=32083"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=32083"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=32083"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}