{"id":31824,"date":"2015-07-20T00:00:00","date_gmt":"2015-07-19T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/31824\/soos-wolraad-woltemade\/"},"modified":"2015-07-20T12:44:37","modified_gmt":"2015-07-20T10:44:37","slug":"soos-wolraad-woltemade","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/07\/20\/soos-wolraad-woltemade\/","title":{"rendered":"Soos Wolraad Woltemade"},"content":{"rendered":"<p>Andries Bester (19) en Ruben Dhooge (19) is vir die vakansie na Santa Maria in Mosambiek.<\/p>\n<p>Wat veronderstel was om &#8216;n rustige vakansie van son, see en sand te wees, het in &#8216;n heldhaftige reddingspoging verander, toe &#8216;n histeriese man die vertrek instorm terwyl hulle Saterdag gesit en kyk het hoe die Springbokke die W\u00eareld XV opdons.<\/p>\n<p>Die man het geskree dat sy Portugese gaste, wat ook daar was vir vakansie, se boot omgeslaan het.<\/p>\n<p>&#8216;n Beskeie Andries vertel dat hulle eers na &#8216;n uitkykpunt gehardloop het om te sien wat aangaan.<\/p>\n<p>In die sterk skemer het hul twee mense na die oewer sien swem, terwyl ander om hulp geroep het in die rowwe golwe.<\/p>\n<p>Hell&#8217;s Gate het sy naam gekry omdat die kanaal, gevorm deur die nabye Inhaca eiland en die Santa Maria oewer, veroorsaak dat die gety &#8220;bots&#8221; en dus ektra onstuimige waters tot gevolg het.<\/p>\n<p>Die twee jong Middelburgers het reguit na hul waterponies gehardloop en gejaag om die mans te red.<\/p>\n<p>Hulle kon daarin slaag om drie mans op hul waterponies te trek en na veiligheid te neem. In die gejaag om by die mense in nood uit te kom, was daar nie tyd om die waterponies se proppe in te draai nie.<\/p>\n<p>Dit het tot gevolg gehad dat die masjiene stadig maar seker besig was om self water in te neem en te sink. Een man kon nie tussen die golwe in die donker gekry word nie en die twee helde moes noodgedwonge terugdraai oewer toe. Nie een van die mans het &#8216;n reddingsbaadjie aangehad nie.<\/p>\n<p>Dit blyk dat daar ses mans op die boot was. Twee het daarin geslaag om na veiligheid te swem, drie is deur Andries en Ruben gered, terwyl een man verdrink het.<\/p>\n<p>&#8220;As hy &#8216;n life jacket aangehad het sou ons hom dalk kon raak sien,&#8221; s\u00ea Andries.<\/p>\n<p>&#8216;n Helikopter het sy liggaam die volgende dag uit die see gepik. Die omgeslane boot het op rotse uitgespoel.<\/p>\n<p>Andries vertel dat een van die mans hulle probeer bedank het maar dat hulle skaars Engels kon praat. Die oorlewendes het die volgende dag terug na Portugal vertrek. Hul identiteit is onbekend.<\/p>\n<p>\u2022 Wolraad Woltemade was &#8216;n melkboer wat in die 1700&#8217;s met sy perd Vonk in die Kaap die see ingeswem en 14 matrose van &#8216;n sinkende skip af gered het deur hulle twee-twee aan die perd se stert te laat vashou en dan met hulle uit te swem.<\/p>\n<p>Perd en ruiter het verdrink toe daar met die laaste probeerslag paniek was en ses matrose probeer het om aan Vonk te klou.<\/p>\n<article id=\"post\" class=\"post-30951 post type-post status-publish format-standard has-post-thumbnail hentry category-news-general content-print\">\n<div class=\"entry-content\">\n<p>Send a message to our SMS line 37 940 or add us onto <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/MiddelburgObserver\" target=\"_blank\">Facebook<\/a> and <a href=\"https:\/\/twitter.com\/MOBSERV\" target=\"_blank\">Twitter<\/a> to receive your free daily news updates.<\/p>\n<p>Also check out our <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Video\u2019s<\/a> on <a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/channel\/UCs1fP1J8BpepNwIfk2qeVkQ\" target=\"_blank\">Youtube<\/a> daily!<\/p>\n<\/div>\n<\/article>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Soos Wolraad Woltemade van ouds met sy perd die see in is om beangsde mans van &#8216;n sinkende skip af te red, so het twee oud-leerlinge van Ho\u00ebrskool Middelburg sonder om te aarsel met hul waterponies die gevaarlike water by Hell&#8217;s Gate langs die Mosambiekse kus ingejaag om mans uit die see te red nadat hul boot omgeslaan het.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":31825,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-31824","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/31824","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=31824"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/31824\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/31825"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=31824"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=31824"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=31824"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}