{"id":31023,"date":"2015-07-02T00:00:00","date_gmt":"2015-07-01T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/31023\/dorp11\/"},"modified":"2015-07-02T14:35:19","modified_gmt":"2015-07-02T12:35:19","slug":"dorp11","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/07\/02\/dorp11\/","title":{"rendered":"Ek moet stem &#8211; Middelburg dorp van die jaar"},"content":{"rendered":"<p>Die blondekoppie se pa het natuurlik \u2019n grap gemaak.<\/p>\n<p>Die verhaal vertel egter die erns waarmee Middelburgers die poging aanpak om as Suid-Afrika se Dorp van die Jaar gekroon te word.<\/p>\n<p>Die wenner word natuurlik bepaal deur die aantal stemme wat uitgebring word vir jou dorp.<\/p>\n<p>Middelburg het formidabele teenstanders soos Wellington en Swakopmund.<\/p>\n<p>Wellington het sy ryk wynboere aan boord, wat lugtyd koop en pryse beskikbaar stel en Swakopmund het Namibi\u00eb.<\/p>\n<p>Die Middelburg poging maak staat op elke stem en daar is al verskeie individue en sake-ondernemings wat pryse beskikbaar gestel het, of kontant inbetaal het in die rekening wat daarvoor geskep is.<\/p>\n<p>\u2019n<a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/pages\/Middelburg-Kw%C3%AAla-KykNet-dorp-van-die-jaar-Kompetisie\/1461158084182605?ref=bookmarks\" target=\"_blank\"> Facebookblad<\/a>, Middelburg Dorp van die Jaar, is reeds gevestig.<\/p>\n<p>Op 17 en 18 Julie gaan twee stalletjies in die Mall beman word, waar inwoners gehelp kan word om sy 30 stemme uit te bring.<\/p>\n<p>HR City het OH Frewin se uitdaging van verlede week aanvaar en R2 000 bygedra om lugtyd te koop.<\/p>\n<p>Op 17 Julie gaan hulle deelneem aan die burgemeester se Stem Vrydag en as \u2019n stemstasie dien.<\/p>\n<p>Op 18 Julie, wanneer die Bokke teen Australi\u00eb speel, gaan \u2019n Dorp van die Jaar Makietie aangebied word by Event City, met vroue wat vir mense hul sms\u2019e sal stuur indien hul nie self kan nie. Indien \u2019n persoon by die makietie bewys dat hy 30 stemme gestuur het, kwalifiseer hy vir \u2019n gratis bier of koeldrank.<\/p>\n<p>Daar gaan musiek, \u2019n kinderhoekie en biertuin wees, asook eetgoed.<\/p>\n<p>\u2022Volgende week word \u2019n groot aankondiging gemaak met reuse pryse wat gewen kan word soos \u2019n kragopwekker, naweek en etes by Olifants River Lodge, maand se etes by Yum Yum Cuisine, duursame tablet voorsien deur Nashua, aand se verblyf by die Buiteklub en gratis gholf.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Blondekop seuntjie het verlede week bitterlik gehuil. Die rede? Sy pa het ges\u00ea hy gaan nie vir Middelburg stem as Dorp van die Jaar nie.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":31040,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Tobie van den Bergh","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-31023","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/31023","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=31023"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/31023\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/31040"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=31023"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=31023"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=31023"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}