{"id":30439,"date":"2015-06-18T00:00:00","date_gmt":"2015-06-17T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/30439\/seun-teen-kop-geslaan\/"},"modified":"2015-06-18T09:51:37","modified_gmt":"2015-06-18T07:51:37","slug":"seun-teen-kop-geslaan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/06\/18\/seun-teen-kop-geslaan\/","title":{"rendered":"Seun teen kop geslaan"},"content":{"rendered":"<p>Ricardo Steyn (18) kan, weens die hou teen sy kop, glad nie onthou hoe die voorval gebeur het nie. Hy s\u00ea dat omstanders hom later vertel het dat &#8216;n man hom ingewag en hom van die kant af geslaan het, kort nadat hy geld getrek het.<\/p>\n<p>&#8220;Toe ek myself probeer verdedig het, het ek gegly. Die ou het my teen die grond vasgegooi en my geskop. Dit is wat mense vir my vertel het gebeur het. Ek weet nie of dit die waarheid is nie. Ek kan niks onthou nie.&#8221;<\/p>\n<p>Hy en sy broer, wat se naam nie bekend gemaak is nie, het Vrydag na &#8216;n hokkiewedstryd op die astro-bane by die Hockey Farm op die ou Witbankpad gaan kyk. Oppad terug het hulle besluit om by Amazon&#8217;s Restaurant aan te gaan.<\/p>\n<p>Terwyl Ricardo se broer en van sy vriende binne vir hom gewag het, het hy gou gaan geld trek. Sy vriende het uit gehardloop om na hom te soek toe daar skielik &#8216;n oproering buite was.<\/p>\n<p>Rozelle Erasmus, mede-eienaar by Amazon&#8217;s, s\u00ea dat hulle dadelik die ambulans en polisie gebel het na die voorval. Omstanders het Ricardo se aanvaller beskryf as &#8216;n lang man en &#8216;n nommerplaat neergeskryf van die swart Peugout waarin hy gevlug het.<\/p>\n<p>Mev. Erasmus het later op die restaurant se videomateriaal gaan kyk maar kon niemand wat by die aanvaller se beskrywing pas, erken nie.<\/p>\n<p>&#8220;Op hierdie stadium lyk dit nie eens of die man in Amazon&#8217;s was nie.&#8221;<\/p>\n<p>Niemand wou Ricardo skuif of beweeg nie, omdat hulle bang was dat hy &#8216;n nekbesering opgedoen het. &#8216;n Omstander met eerste hulp kennis het by hom gaan sit waar hy voor Bosveld Biltong op die sypaadjie gel\u00ea het en sy pols gemonitor, terwyl hulle vir die ambulans gewag het.<\/p>\n<p>Daar was op daardie stadium nie &#8216;n ambulans in Middelburg beskikbaar nie en een moes vanaf eMalahleni gestuur word.<\/p>\n<p>Nadat hulle 45 minute in die koue gewag het, is Ricardo uiteindelik na Midmed vervoer waar hy oornag gehou is vir waarneming.<\/p>\n<p>Toetse het getoon dat hy geen permanente skade opgedoen het nie.<\/p>\n<p>Nie Ricardo of sy ouers kon aan &#8216;n rede vir die aanval dink nie. Ricardo hou vol dat hy met niemand vasgesit het voor die voorval nie en nie van iemand bewus is wat &#8216;n vendetta teen hom het nie.<\/p>\n<p>Die moontlikheid van roof is onwaarskynlik omdat Ricardo se geld en sy bankkaart steeds in sy besit gevind is.<\/p>\n<p>Indien jy inligting oor sy aanvaller het of oor inligting beskik wat duidelikheid oor die aanval kan gee, kan jy die Middelburg Observer bystandnommer kontak by 072 248 3855.<\/p>\n<p>\u2022 Die voorval herinner sterk aan Louis Groenewald wat voor &#8216;n vulstasie aangerand is nadat hy by die destydse Sideline gekuier het. Hy is &#8216;n dag later aan bloeding op die brein dood en die man wat hom geslaan het, Freddie Kidson, is &#8216;n opgeskorte vonnis opgel\u00ea.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Matriekleerling van Ho\u00ebrskool Middelburg is Vrydagnag so hard teen die kop geslaan, dat hy per ambulans hospitaal toe geneem is, toe hy by die OTM oorkant Roman&#8217;s Pizza wou gaan geld trek.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":30440,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Jana Boshoff","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-30439","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/30439","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=30439"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/30439\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/30440"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=30439"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=30439"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=30439"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}