{"id":30249,"date":"2015-06-11T00:00:00","date_gmt":"2015-06-10T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/30249\/polisiereservis-skiet-haarself\/"},"modified":"2015-06-11T11:23:07","modified_gmt":"2015-06-11T09:23:07","slug":"polisiereservis-skiet-haarself","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/06\/11\/polisiereservis-skiet-haarself\/","title":{"rendered":"Polisiereservis skiet haarself"},"content":{"rendered":"<p>&#8220;Dit was nie nodig dat hulle gekom het nie, maar almal het net opgedaag, want almal het haar geken. Dit is ongelooflik hoe die polisie ons ondersteun,&#8221; het haar suster, Lize de Jager, Maandagoggend emosioneel ges\u00ea.<\/p>\n<p>Adj. Zeeman het Saterdag saam met sers. Leon Harrington hulp verleen by die skaap spitbraai tydens Ho\u00ebrskool Kanonkop se Bosveldmakietie.<\/p>\n<p>Hy is vroegaand huistoe en het kort na 20:00 vir sers. Harrington (wat steeds by die spitbraai besig was) gebel met die skoknuus dat sy vrou haarself geskiet het. Terwyl sers. Harrington gejaag het na hul huis, het hy &#8216;n vriend van hom, bekende paramedikus Urpie Labuschagn\u00e9 gebel, met die hoop dat hulle nog kon hulp verleen.<\/p>\n<p>Met sy aankoms by adj. Zeeman se huis het hy egter gevind dat konst. Zeeman reeds dood is.<\/p>\n<p>Die bevelvoerder van die reserviste, kapt. Gys Goosen (wat aan diens was by die Old Boysdag by die stadion) het minute later ook die nuus ontvang.<\/p>\n<p>Hy het ook na die toneel gejaag en verskeie van hul kollegas daar raakgeloop. Geharde polisiemanne en -vroue het mekaar snikkend op die toneel ondersteun.<\/p>\n<p>Luit-kol. Karin Lindeque (polisiesielkundige) is na die huis ontbied, waar sy die familie, vriende en kollegas van konst. Zeeman bygestaan het.<\/p>\n<p>Op almal se vrae oor waarom sy so-iets gedoen het, het Lize net ges\u00ea. &#8220;Daar was beslis depressie nadat rowers haar in die laerug geskiet het terwyl sy haar dogtertjie, Demi, wou ondersteun.&#8221;<\/p>\n<p>Die Zeeman-egpaar was in 2008 nog gestasioneer in Carolina toe die aanval op 30 November 2008 plaasgevind het. Hulle was toe net &#8216;n maand getroud.<\/p>\n<p>Hulle was die dag saam met familie by &#8216;n dam en het hul bakkie vir Lize geleen om te trek. Die Zeemans het met Lize se voertuig teruggery dorp (Carolina) toe en gestop by &#8216;n vulstasie.<\/p>\n<p>Terwyl hulle daar gestaan het, het adj. Zeeman, wat aan diens was, besef die vulstasie word beroof. Omdat dit net hy en sy vrou en haar kleuterdogtertjie in die voertuig was, het hy besluit om nie die rowers te konfronteer nie en hulle op &#8216;n afstand te volg, terwyl hy die polisie bel vir hulp.<\/p>\n<p>Net buite Carolina het &#8216;n verkeersvoertuig van voor af gekom en konst. Zeeman het vir hulle beduie om te kom help.<\/p>\n<p>Die verkeersvoertuig het die rowers agterna gesit en adj. Zeeman het hulle gevolg.<\/p>\n<p>Die volgende oomblik het die rowers gestop, uit hul voertuig gespring en op die verkeersvoertuig losgebrand. Albei verkeersmanne is doodgeskiet.<\/p>\n<p>Adj. Zeeman het geweervuur beantwoord. Konst. Zeeman het in die voertuig by haar dogtertjie gebly en deur die oop venster gesien hoe een van die rowers langs hul voertuig verbyhardloop.<\/p>\n<p>Toe die rower haar sien, het hy deur die venster op hulle begin skiet. Konst. Zeeman het oor haar dogter gaan l\u00ea om haar te beskerm en is twee keer in die laerug gewond.<\/p>\n<p>&#8220;Dokters het destyds ges\u00ea sy sal nooit weer loop nie, maar Erika het haar nie laat onderkry nie!&#8221;<\/p>\n<p>Lize s\u00ea haar sussie wou altyd polisievrou wees en het sy haar droom uitgeleef as reservis.<\/p>\n<p>&#8220;Erika was &#8216;n Happy Go Lucky mens en altyd vol streke. Sy was die avonturier in ons familie!&#8221;<\/p>\n<p>Sy het gevra dat di\u00e9 boodskap, wat sy kort na haar suster se dood van &#8216;n vriendin gekry het, geplaas word: &#8220;Ek sal haar altyd onthou as een van die vriendelikste vroue wat ek geken het.<\/p>\n<p>Sy was nooit vieslik met my nie en het &#8216;n omgeehart van goud gehad. Sy was<\/p>\n<p>net een van daardie awesome mense!&#8221;<\/p>\n<p>\u2022 Adj. Zeeman wou nie op hierdie stadium oor die gebeure praat nie. Sy dogter uit &#8216;n vorige huwelik, Yolandi, het Erika beskryf &#8220;as &#8216;n liefdevolle mens en goeie ma. Sy was lief vir almal.&#8221;<\/p>\n<p>Van oraloor het boodskappe van simpatie ingestroom vir die familie.<\/p>\n<p>\u2022 &#8220;Ek het nie woorde nie,&#8221; het &#8216;n hartseer kapt. Goosen ges\u00ea. &#8220;Ek het nooit probleme met haar gehad nie. Erika was &#8216;n goeie, vriendelike mens, wat altyd bereid was om te help.&#8221;<\/p>\n<p>\u2022 Kollega en vriendin, konst. Elmarie Nel, het ges\u00ea dat &#8220;Erika gel\u00e9\u00e9f het vir haar kinders. As jy haar nodig gehad het, was sy altyd daar vir jou. Erika het &#8216;n sagte hart gehad.&#8221;<\/p>\n<p>Konst. Zeeman word oorleef deur haar man, Piet, dogters Demi (9) en Danel (5), haar ouers, Erika en Willie, stiefpa Piet, susters Lize en Anli en stiefbroers, Alex, Riaan en Thys.<\/p>\n<p>Teen druktyd was daar nog geen begrafnisre\u00eblings getref nie. Vir navrae rakende die re\u00eblings, bel Lize by 076 959 6114.<\/p>\n<div id='gallery-1' class='gallery galleryid-30249 gallery-columns-3 gallery-size-thumbnail'><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/06\/11\/polisiereservis-skiet-haarself\/attachment\/15v1-_591148946\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"270\" height=\"203\" src=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/06\/15v1-_591148946-270x203.jpg\" class=\"attachment-thumbnail size-thumbnail\" alt=\"\" aria-describedby=\"gallery-1-30251\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/06\/15v1-_591148946-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/06\/15v1-_591148946-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/06\/15v1-_591148946.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 270px) 100vw, 270px\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<figcaption class='wp-caption-text gallery-caption' id='gallery-1-30251'>\n\t\t\t\tReservis konstabel Erika Zeeman (35) het haarself Saterdagaand by hul huis in Nyalastraat (Kanonkop) geskiet.\n\t\t\t\t<\/figcaption><\/figure><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/06\/11\/polisiereservis-skiet-haarself\/attachment\/15v1-_574283841\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"270\" height=\"203\" src=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/06\/15v1-_574283841-270x203.jpg\" class=\"attachment-thumbnail size-thumbnail\" alt=\"\" aria-describedby=\"gallery-1-30252\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/06\/15v1-_574283841-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/06\/15v1-_574283841-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/06\/15v1-_574283841.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 270px) 100vw, 270px\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<figcaption class='wp-caption-text gallery-caption' id='gallery-1-30252'>\n\t\t\t\tReservis konstabel Erika Zeeman soos haar kollegas haar sal onthou.\n\t\t\t\t<\/figcaption><\/figure>\n\t\t<\/div>\n\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Polisielede het Saterdagaand na die huis van adj. Piet Zeeman gestroom vir ondersteuning nadat sy vrou, reservis konstabel Erika Zeeman (35), haarself in hul huis in Nyalastraat geskiet het.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":30250,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-30249","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/30249","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=30249"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/30249\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/30250"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=30249"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=30249"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=30249"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}