{"id":30186,"date":"2015-06-09T00:00:00","date_gmt":"2015-06-08T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/30186\/igna-se-angs-in-bagasiebak\/"},"modified":"2015-06-09T08:20:47","modified_gmt":"2015-06-09T06:20:47","slug":"igna-se-angs-in-bagasiebak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/06\/09\/igna-se-angs-in-bagasiebak\/","title":{"rendered":"Igna se angs in bagasiebak"},"content":{"rendered":"<p>Die vriendelike oudleerling van Ho\u00ebrskool Kanonkop het seker nooit verwag dat sy daardie dag &#8216;n nagmerrie sou deurgaan wat net as onmenslik beskryf kan word nie.<\/p>\n<p>Mens kan haar vrees indink toe sy die eerste keer in haar moordenaar se o\u00eb vaskyk, daar in die veiligheid van haar eie huis. Hoedat sy met geweld in die bagasiebak van haar BMW ingeboender is.<\/p>\n<p>Die verskriklikste was seker die daglange rit eers uit op die Hendrinapad, daarna na Stoffberg en uiteindelik op die Denniltonpad. Dit alles terwyl sy met angs in die donker klein ruimte van die bagasiebak was.<\/p>\n<p>Haar angswekkende gille toe hulle stilhou, het haar hoop seker laat opvlam, dat sy gered gaan word en &#8216;n boer van Groblersdal naderstaan om te help.<\/p>\n<p>Net so was haar wanhoop sekerlik toe haar aanvaller wegjaag en sy moes besef dat die einde van haar kort lewe die dag sou aanbreek.<\/p>\n<p>Toe die moordenaar by Verena stop en die bagasiebak oopmaak, het hy daar met &#8216;n mes gestaan&#8230;en &#8216;n mooi, bekwame jong vrou se lewe be\u00ebindig, met &#8216;n messteek in die nek.<\/p>\n<p>Nou is dit al drie jaar later en die Polisie is nie &#8216;n sentimeter nader om die moordenaar te vang nie.<\/p>\n<p>Die eerste polisiemanne het die toneel opgemors, die eerste ondersoekbeamptes het nie geweet wat hulle doen nie.<\/p>\n<p>Kolonel Anton Crafford en sy bekwame eenheid het later wel leidrade gekry. Kol. Crafford is intussen uit die Polisie met pensioen en sy span wat geweet het wat hulle doen, is ontbind.<\/p>\n<p>\u2022 Me. Nortj\u00e9 se pa, mnr. ST Potgieter, het na die moord &#8216;n R100 000 beloning aangebied met die hoop dat dit sal help om die moordenaar vas te trek. Verskeie inwoners het later n\u00f3g groot kontantbedrae bygevoeg.<\/p>\n<p>\u2022 Adj. Piet Zeeman (van die Valke) was tot verlede jaar nog die ondersoekbeampte in die saak (hy het intussen na &#8216;n ander eenheid op eMalahleni geskuif).<\/p>\n<p>\u2022 Die bevelvoerder van die Valke, kol. Faan Steenkamp, het ges\u00ea dat hulle steeds sporadies alle inligting opvolg, maar dat dit tot op hede niks positief opgelewer het nie.<\/p>\n<p>Die huidige ondersoekbeampte is luit. Apla Apane. Enige persoon wat moontlik nuwe inligting het oor die moord, kan luit. Apane bel by 013 249 8001.<\/p>\n<p>\u2022Wie het Igna vermoor of wie sit agter haar dood?<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Saterdag, drie jaar gelede, het Igna Nortje wakker geword by haar huis in Sipresstraat en waarskynlik uitgesien na nog &#8216;n besige dag by die praktyk waar sy as oudioloog gewerk het.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":30187,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-30186","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/30186","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=30186"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/30186\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/30187"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=30186"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=30186"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=30186"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}