{"id":30184,"date":"2015-06-08T00:00:00","date_gmt":"2015-06-07T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/30184\/johnny-ons-dorp-se-boemelaar\/"},"modified":"2015-06-08T10:40:26","modified_gmt":"2015-06-08T08:40:26","slug":"johnny-ons-dorp-se-boemelaar","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/06\/08\/johnny-ons-dorp-se-boemelaar\/","title":{"rendered":"Johnny, ons dorp se boemelaar"},"content":{"rendered":"<p>Dit is die tergende vrae nadat Middelburg se bekendste hawelose twee jaar gelede &#8220;verdwyn&#8221; het.<\/p>\n<p>Inwoners het die afgelope tyd gereeld na die koerant gebel, om te hoor of ons weet waar Johnny is. Nadat nog &#8216;n hawelose verlede week dood op &#8216;n sypaadjie gekry is, het die kommerwolke al meer om Johnny se verdwyning saamgepak.<\/p>\n<p>Daar is verlede week begin met &#8216;n soektog na Johnny, maar dit is so al asof hy van die aardbol verdwyn het.<\/p>\n<p>Johnny was nie sommer so &#8216;n boemelaar nie, hy was die dorp se boemelaar.<\/p>\n<p>Gebore en geto\u00eb Middelburger met &#8216;n bekende familie en pa, Daantjie, wat &#8216;n provinsiale skeidsregter was.<\/p>\n<p>Inwoners was somtyds woedend vir Johnny, wanneer hy te veel Zorba gedrink het en dan soos &#8216;n matroos vloek.<\/p>\n<p>Dan was daar sy hond, Jonathan, wat hy geleer het om toertjies te doen vir &#8216;n ekstra bedelgeldjie. Daar is gemor dat Johnny die hond verwaarloos en sakke hondekos is gereeld vir hom aangedra.<\/p>\n<p>Toe die hond uiteindelik uitgesit is, het Johnny soos &#8216;n babatjie by die koerant kom huil.<\/p>\n<p>Een oggend het hy sonder broek en skoene voor die koerantkantore gestaan.<\/p>\n<p>&#8220;En nou Johnny?&#8221;<\/p>\n<p>&#8220;Hulle het al my klere en my skoene gesteel,&#8221; het hy met &#8216;n hartseer uitdrukking in sy o\u00eb verklaar.<\/p>\n<p>Het hom vinnig laat aantrek en geld in die hand gestop vir die skoene.<\/p>\n<p>Later kom iemand en vertel Johnny het sy skoene en broek onder &#8216;n kar buite die gebou uitgehaal en met &#8216;n groot glimlag weggestap&#8230;oppad vir &#8216;n Zorbatjie.<\/p>\n<p>Dan was daar die dag toe hy erg dronk en deurmekaar &#8216;n &#8220;lift&#8221; kom soek het na die plaas waar Deon Booysen vir hom skuilplek gebied het.<\/p>\n<p>Drie ure later se soektog en Johnny wat heeltyd prewel: &#8220;Ag Here help my om te onthou, ag Here help my om te onthou!&#8221; moes Deon gebel word om Johnny te kom haal.<\/p>\n<p>Maar Johnny was nie sommer so boemelaar nie &#8211; hy het die lewe geken.<\/p>\n<p>Nuwejaar 2009 het hy met hond en al by die Volle Evangelie Kerk se nagmaal opgedaag. &#8216;n Dogtertjie het vir haar ma gefluister: &#8220;Ma, kyk daar is &#8216;n hond in die kerk!&#8221;<\/p>\n<p>Johnny het die nagmaalbeker met een diep teug geledig en vir &#8216;n ouderling gefluister: &#8220;Dit was nou lekker!&#8221;<\/p>\n<p>Toe verskyn Johnny in die boek: &#8220;Hang die redakteur&#8221;.<\/p>\n<p>Hy was verskriklik trots en het &#8216;n getekende boek gekry.<\/p>\n<p>Drie dae later was Johnny terug: &#8220;Hulle het my boek gesteel&#8221;.<\/p>\n<p>Wanneer Johnny sy bedelgesig opgesit het, het selfs die hardvogtigste hart vermurwe.<\/p>\n<p>Johnny het nog &#8216;n boek gekry, en nog een, \u00e9n nog een&#8230;<\/p>\n<p>Wonder vandag hoeveel bottels Zorba hy met die winste van daai boeke gekoop het.<\/p>\n<p>Toe kom die inkeer in Johnny se lewe.<\/p>\n<p>Hy word in die Middelburg Provinsiale Hospitaal opgeneem met erge brandwonde &#8220;nadat hy deur drie swart mans binne &#8216;n vuur ingestamp is en byna doodbrand&#8221;.<\/p>\n<p>&#8216;n Ander weergawe is dat Johnny so dronk was dat hy self in die vuur geval het.<\/p>\n<p>Inwoners ontferm hulle oor Johnny en hy word na die Swartfontein inrigting gestuur om te rehabiliteer van die drank.<\/p>\n<p>Drie maande later stap hy &#8216;n nuwe mens by die kantoor in, uitgevat, netjies, skoongeskeer.<\/p>\n<p>Die dorp is trots op Johnny.<\/p>\n<p>Maar dit was nie lank nie of hy is terug strate toe.<\/p>\n<p>Toe hy geld nodig het en &#8216;n koppie warm koppie vroegoggend, daag hy weer op.<\/p>\n<p>&#8220;En nou Johnny?&#8221;<\/p>\n<p>Antwoord hy: &#8220;Ek is Johnny, en ek is maar net &#8216;n boemelaar&#8230;&#8221;.<\/p>\n<p>En nou is Johnny weg, en jy sit wragtag na hom en verlang&#8230;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Is Johnny Bosman dood of swerf hy iewers in Suid-Afrika rond, waar niemand hom ken nie?<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":30185,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Tobie van den Bergh","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-30184","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/30184","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=30184"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/30184\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/30185"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=30184"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=30184"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=30184"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}