{"id":29421,"date":"2015-05-28T20:15:11","date_gmt":"2015-05-28T18:15:11","guid":{"rendered":"http:\/\/mobserver.co.za\/?p=29421"},"modified":"2015-05-28T13:05:22","modified_gmt":"2015-05-28T11:05:22","slug":"video-trane-loop-toe-rowers-toeslaan","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/05\/28\/video-trane-loop-toe-rowers-toeslaan\/","title":{"rendered":"Video: Trane loop toe rowers toeslaan"},"content":{"rendered":"<p>Met OK verkoopsvroue wat om hom kloek, het mnr. Masango met natgehuilde wange vertel hoe hy deur twee mans van R5000 beroof is, reg oorkant die poskantoor vroe\u00ebr die dag.<\/p>\n<p>Tussen emosionele uitbarstings het hy gereeld gewys na die rooi merk in sy gesig waar sy ID boek hom getref het, &#8220;sien hulle soek mos net die kontant,&#8221; verduidelik hy.<\/p>\n<p>Mnr. Masango was op pad bank toe om die geld te gaan deponeer, toe hy aangeval is voor Geen &amp; Richards.<\/p>\n<p>Hy vermoed die mans het gesien hoe &#8216;n vriend hom aflaai en die kontant aan hom oorhandig.<\/p>\n<p>&#8220;Ek is skielik van agter om die nek gegryp en op die grond neergeslinger,&#8221; s\u00ea mnr. Masango.<\/p>\n<p>&#8216;n Tweede boef het een van sy bene op die grond vasgetrap, terwyl die man wat hom omgetrek het, deur sy sakke gesnuffel het vir kontant.<\/p>\n<p>Mnr. Masango s\u00ea die booswigte het net so vinnig soos hul toegeslaan het, weer gevlug.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea Somaliese sakemanne het hom te hulp gesnel, maar was te laat weens die spoed waarmee die rowers hom oorrompel het.<\/p>\n<p>Daarna is &#8216;n erg emosionele mnr. Masango ook deur Dagbreek Apteek se vroue gelawe.<\/p>\n<p>Met o\u00eb wat swem in die trane, het hy stadig sy pad polisiestasie toe aangepak waar hy s\u00ea hy die trekpas gekry het.<\/p>\n<p>Hy het eindelaaste by OK Furniture in mekaar gesak waar verskoopsdames die Observer ontbied het.<\/p>\n<p>Daar gekom het die Middelburg Observer &#8216;n video, wat op www.mobserver.co.za besigtig kan word, van mnr.<\/p>\n<p>Masango geneem waar hy sy verhaal vertel.<\/p>\n<p>\u2022 Kort nadat mnr. Masango by die Observer kom aanklop het vir hulp, het mnr. Johan Janse van Rensburg, &#8216;n plaaslike pensioenaris, ook kom kla oor die vlaag misdaad in die middedorp.<\/p>\n<p>Mnr. Janse van Rensburg s\u00ea hy is sedert November verlede jaar al vier maal by die Checkers-sentrum beroof, net nadat hy geld by Capitec getrek het.<\/p>\n<p>&#8220;Die eerste maal het hulle my met messe beroof, die tweede maal is hy soos mnr. Masango vasgegryp en deursoek en die derde keer, op 29 Mei, is hy agter die stuur van sy kar geteiken en sy hempsak met kontant daarin van sy lyf geskeur.<\/p>\n<p>&#8220;Daar was ook die voorval in Desember waar ek &#8216;n rower in my kar betrap het,&#8221; s\u00ea mnr. Janse van Rensburg.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea dat die boosdoeners met elke roof bloot weggestap het sonder enige haas, en selfs geglimlag en vir hom gewaai het.<\/p>\n<p>Soos in mnr. Masango se geval waar sy ID boek vir hom teruggegooi is, s\u00ea mnr. Janse van Rensburg dat die rowers ook deur sy besittings is en onbruikbare kaarte na hom teruggegooi het.<\/p>\n<p>&#8220;Die situasie ruk nou heeltemal hand uit, maar om elke keer Mall toe te ry net om kontant te trek, gaan ook nie werk nie,&#8221; kla hy.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea hy het nog nooit met &#8216;n besoek aan di\u00e9 spesifieke deel van die middedorp, enige polisiepatrollies opgemerk het nie.<\/p>\n<p>&#8220;Waar is ons polisie?&#8221; vra hy.<\/p>\n<div class='tie-fluid-width-video-wrapper tie-ignore-fitvid' style='margin-bottom: 30px;'>\n\t\t\t<iframe style='width: 100%; min-height: 300px; aspect-ratio: 16\/9;' src='https:\/\/www.youtube-nocookie.com\/embed\/NHtsHs3VZaI' loading='lazy'><\/iframe>\n\t\t<\/div>\n<p>\u2022Die polisie het erg onder skoot gekom tydens die sakekamer se vergadering rakende &#8216;n omkeerstrategie vir die sentrale sakekern.<\/p>\n<p>Die feit dat die polisie die oorlog teen misdaad in die sakekern verloor, dra drasties by tot die verval daarvan.<br \/>\nLees die berig en kommentaar oor die vergadering elders in vandag se uitgawe.<\/p>\n<p>\u2022Die polisie het bloot op die Observer navrae oor hul betrokkenheid in die sakekern ges\u00ea &#8220;ons doen 24\/7 patrollies en vra dat inwoners asseblief alle misdade rapporteer.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8220;As my bras van Nasaret hoor wat gebeur het, gaan sort hulle die klomp tsotsies sommer nou uit bru,&#8221; het mnr. Paul Masango Dinsdag in sy OK Furniture stoel met suikerwater en snesie in die hand, gewaarsku.<\/p>\n","protected":false},"author":2844,"featured_media":29422,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Gerhard Rheeder","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2885,7,2],"tags":[],"class_list":["post-29421","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-crime-news","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Crime News"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/29421","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2844"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=29421"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/29421\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/29422"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=29421"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=29421"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=29421"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}