{"id":29401,"date":"2015-05-27T00:00:00","date_gmt":"2015-05-26T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/29401\/banier-vir-vriend\/"},"modified":"2015-05-27T17:23:37","modified_gmt":"2015-05-27T15:23:37","slug":"banier-vir-vriend","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/05\/27\/banier-vir-vriend\/","title":{"rendered":"Opvolg: Banier vir vriend"},"content":{"rendered":"<p>Mnr. Walter de Lange (van Kempton Park) is Dinsdagaand omstreeks 17:30 opslag dood toe sy mikroligte vliegtuig kort nadat dit opgestyg het, by die Springs vliegveld neergestort het.<\/p>\n<p>Hy het sekondes tevore nog \u2019n banier deur die lug getrek wat ges\u00ea het: \u201cRest in Peace Wynand\u201d ter herinnering aan sy boesemvriend, Wynand Snyders, wat Sondag in \u2019n mikroligte vliegtuigongeluk buite Lephalale (Ellisras) gesterf het.<\/p>\n<p>Die mediawoordvoerder, adj. Tommie Tomlinson, het ges\u00ea dat hy nie kommentaar wil lewer op bewerings dat die mikroligte vliegtuig in die toue van die banier verstrengel geraak en geval het nie. Hy het net die feit dat daar banier was, bevestig en dat die ongeluk deur burgerlugvaart ondersoek word.<\/p>\n<p>Mnre. De Lange en Snyders was groot vriende en ook beide lede van die Ekurhuleni Skole Skutterspan.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/29376\/mikroligte-vliegtuig-stort-neer\/\">Mikroligte vliegtuig stort neer<\/a><\/p>\n<p>Mnr. Snyders en sy broerskind, Jannie Snyders (\u2019n graad 10 leerling aan Ho\u00ebrskool Ellisras) het Sondagoggend met mnr. Snyders se mikroligte vliegtuig gaan vlieg. Hy het opgestyg vanaf sy broer Jannie (snr) se plaas en kort daarna neergestort naby die Ditloung woongebied. Burgerlugvaart ondersoek nog die ongeluk.<\/p>\n<p>Jannie (jnr) is met ernstige beserings in die Muelmed Hospitaal opgeneem. Sy suster, Magda Reyneke (van Middelburg) pendel elke dag vanaf Middelburg na Pretoria om haar broer en ouers, Jannie (snr) en Daleen, by te staan.<\/p>\n<p>Volgens me. Reyneke is haar broer se een nier verwyder en is daar nog \u2019n dreineringspyp in sy long. Skanderings het gewys dat hy nie breinbeserings nie \u201cen wag ons net dat hy wakker word.\u201d Laat Woensdagmiddag het sy op Facebook gemeld dat hy self asemhaal en sy ledemate beweeg.<\/p>\n<p>Teen druktyd het sy nog nie meer inligting gehad oor haar oom se begrafnisre\u00eblings nie.<\/p>\n<p>Sy het ook pas net verneem van die ongeluk waarin haar oom se vriend gesterf het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Net twee dae nadat \u2019n man gesterf en sy broerskind ernstig beseer is in \u2019n mikroligte vliegtuigongeluk, het sy vriend ook in \u2019n mikroligte vliegtuigongeluk gesterf.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":29377,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-29401","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/29401","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=29401"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/29401\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/29377"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=29401"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=29401"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=29401"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}