{"id":28564,"date":"2015-05-09T00:00:00","date_gmt":"2015-05-08T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/28564\/honde-in-haglike-toestande-gevind\/"},"modified":"2015-05-08T10:01:17","modified_gmt":"2015-05-08T08:01:17","slug":"honde-in-haglike-toestande-gevind","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/05\/09\/honde-in-haglike-toestande-gevind\/","title":{"rendered":"Honde in haglike toestande gevind"},"content":{"rendered":"<p>Dit is egter ten sterkte ontken en dar word slegs erken dat daar \u2019n \u201chaas\u201d geslag is. Inwoners het die Vallei Dierefonds gekontak en beweer dat die honde geslag en ge\u00ebet word agter twee besighede in di\u00e9 straat.<\/p>\n<p>Me. Natalie Grobler (van Vallei Dierefonds) het ondersoek gaan instel, waarop die mense die slag van honde ontken, maar wel erken het dat hulle \u2019n haas geslag het.<\/p>\n<p>Volgens me. Grobler, het ooggetuies gesien hoe \u2019n hond verdrink en geslag word. \u201cDaar is geen wette wat slag van honde en katte verbied nie en ons moet verstaan dat dit is hoe sekere mense groot gemaak is. Dit is hul kultuur. On sien niks verkeerd met die slag van beeste, skape en hoenders nie, is dit nie vir hul verkeerd om honde en katte te slag en te eet nie,\u201d s\u00ea me. Grobler.<\/p>\n<p>Die DBV (Dierebeskermingsvereniging) van Mokopane is gekontak deur die Vallei Dierefonds. \u201cWat my net baie bekommer en ontstel is die manier waarop die diere aangehou, behandel en doodgemaak word, deur hul te verdrink voor hul geslag word.\u201d<\/p>\n<p>Sonder enige bewyse, foto\u2019s of beeldmateriaal is Vallei Dierefonds se hande afgekap om verdere stappe te neem.<\/p>\n<p>Die DBV in samewerking met Vallei Dierefonds, het die persele besoek, waarvan daar klagtes ontvang is. \u201cOns het wel in al hierdie ondersoeke afgekom op die haglike omstandighede waarin honde agter winkels aangehou word in koue, vuil, donker stegies met ho\u00eb mure en min beweegruimte.\u201d<\/p>\n<p>In een van die gevalle is \u2019n baie gefrustreerde, maer en uitgeteerde hond aan die DBV oorhandig wat in \u2019n baie klein beweegruimte aangehou is. \u201cDie hond het uit frustrasie heeltyd in die rondte gedraai, as gevolg van die min spasie waarin hy moes oorleef en die stres wat hy moes ervaar,\u201d het me. Grobler ontsteld genoem.<\/p>\n<p>Vyf ander honde is vanaf nog \u2019n perseel agter \u2019n winkel verwyder. Daar was \u2019n groot hoeveelheid honde wat in \u2019n klein hok gevange gehou is en selfs vasgebind is sonder beweegruimte. Hierdie vyf honde is deur die DBV en die Vallei Dierefonds saam met die eienaar van die honde na \u2019n plaas, ongeveer 20km uit op die Maleoskoppad, geneem, waar daar meer beweegruimte vir hul beskikbaar sal wees.<\/p>\n<p>Die honde word gemonitor deur Vallei Dierefonds om te verseker dat hulle toestand sal verbeter.<\/p>\n<p>Me. Grobler doen \u2019n beroep op die gemeenskap om hul honde te steriliseer, sodat daar minder diere is wat aan die wreedheid blootgestel kan word. \u201cAs jou dier weggegee moet word, maak seker dit is \u2019n goeie, standvastige huis waarheen hy gestuur word. Soms is dit beter om seker te maak jou hond is vir ewig veilig deur hom of haar te laat uitsit. Dit is \u2019n sagte, nie pynlike inspuiting, wat dit heelwat beter maak as om te wonder of jou hond dalk ook eendag in \u2019n pot opeindig,\u201d s\u00ea me. Grobler.<\/p>\n<p>\u2022Vallei Dierefonds is \u2019n nie-winsgewende organisasie wat afhanklik is vir hulp vanaf die gemeenskap. Indien jy graag \u2019n inset wil lewer in die werk wat hul verrig, kan \u2019n donasie gemaak word aan Vallei Dierefonds, Absa bank, tak kode: 334147, rekeningnommer: 4067819806.<\/p>\n<p>Kos vir honde en katte is ook welkom, sowel as halsbande, komberse, roomysbakke of ander plastiekhouers om die diere te voer.<\/p>\n<p>Bel me. Grobler vir verdere navrae by 076 411 8476.<\/p>\n<div id='gallery-1' class='gallery galleryid-28564 gallery-columns-3 gallery-size-thumbnail'><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/05\/09\/honde-in-haglike-toestande-gevind\/attachment\/img-20150504-wa001_553349661\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"270\" height=\"203\" src=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/05\/IMG-20150504-WA001_553349661-270x203.jpg\" class=\"attachment-thumbnail size-thumbnail\" alt=\"\" aria-describedby=\"gallery-1-28567\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/05\/IMG-20150504-WA001_553349661-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/05\/IMG-20150504-WA001_553349661-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/05\/IMG-20150504-WA001_553349661.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 270px) 100vw, 270px\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<figcaption class='wp-caption-text gallery-caption' id='gallery-1-28567'>\n\t\t\t\tMe. Natalie Grobler van Vallei Dierefonds help om een van die hondjies in die voertuig van die DBV te laai.\n\t\t\t\t<\/figcaption><\/figure>\n\t\t<\/div>\n\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ooggetuies het grusame verhale vertel dat honde verdrink, geslag en ge\u00ebet word agter twee besighede in Van Riebeeckstraat.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":28566,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Janine van Staden","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-28564","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/28564","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=28564"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/28564\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/28566"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=28564"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=28564"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=28564"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}