{"id":28421,"date":"2015-05-02T00:00:00","date_gmt":"2015-05-01T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/28421\/sy-het-geweet-hy-wil-haar-skiet\/"},"modified":"2015-04-30T10:17:47","modified_gmt":"2015-04-30T08:17:47","slug":"sy-het-geweet-hy-wil-haar-skiet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/uncategorized\/2015\/05\/02\/sy-het-geweet-hy-wil-haar-skiet\/","title":{"rendered":"Opvolg: Sy het geweet hy wil haar skiet"},"content":{"rendered":"<p>Mev. Briedenhann het op Maandag, 20 April, kort na 18:00, by die polisiestasie opgedaag met &#8216;n beskermingsbevel teen Jan.<\/p>\n<p>Beide haar seuns, Stefan (17) en Juhan (18), het haar daarheen vergesel na &#8216;n oproep van Jan vroe\u00ebr die dag, waartydens hy aangedring het op sy wapens, wat in me. Briedenhann se kluis was.<\/p>\n<p>Omdat sy die wapens onwettig in haar besit gehad het, moes die polisie dadelik daarop beslag l\u00ea, maar dit het egter nie gebeur nie, omdat Jan gejok het dat die kluissleutels weg is.<\/p>\n<p>Die sleutels was egter tog in sy besit omdat hy die .38 pistool waarmee hy me. Briedenhann en homself om die lewe gebring het, die Dinsdag voor die tragedie by hul huis in Gilfillanstraat gaan haal het.<\/p>\n<p>Juhan was tuis en s\u00ea dat mnr. Briedenhann hom met sy aankoms daar gedreig het, en net die .38 pistool uit die kluis geneem het, nie sy ander wapens nie.<\/p>\n<p>Me. Briedenhann se ma, Rosa, s\u00ea dat die polisie haar dogter die Maandag voor die moord na Jan se huis vergesel het, om die beskermingsbevel op hom te beteken.<\/p>\n<p>Omdat die beskermingsbevel vir gesinsgeweld uitgereik is, en verskeie dreigemente van moord en selfmoord deur Jan, is hy ook gevra vir die kluissleutels.<\/p>\n<p>&#8220;Hy&#8217;s in Tanya-Louise se teenwoordigheid gewaarsku, om nie naby hulle te kom nie, hy het selfs ges\u00ea die polisie kan al sy wapens vat, maar dat die sleutel van die kluis weg is,&#8221; s\u00ea Rosa, wat kort na 11:00 die dag van die tragedie, die laaste maal met haar dogter gepraat het.<\/p>\n<p>Sy s\u00ea nadat die bevel op Jan beteken is, het die polisie haar dogter gevra om &#8216;n skriftelike verklaring oor die dreigemente en haar vrees, by hulle te kom afl\u00ea.<\/p>\n<p>Me. Briedenhann, sou net twee ure nadat sy in die kop geskiet is, die verklaring gaan afl\u00ea, voor haar afspraak 17:00 met haar seuns se wiskunde onderwyseres, vir ekstra klasse.<\/p>\n<p>&#8220;Een van die laaste goed wat sy vir my ges\u00ea het is dat die wapen van daai man afgeneem moet word, sy&#8217;t geweet hy wil haar skiet,&#8221; s\u00ea Rosa.<\/p>\n<p>&#8220;Sy was meer as een maal by die polisie vir hulp, het hulle maar hul werk gedoen,&#8221; het sy bedroef ges\u00ea.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/28309\/dogter-verjaar-dag-voor-pa-skiet\/\">Dogter verjaar dag voor pa skiet<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/28305\/vrou-sterf-in-kollega-se-arms-3\/\">Vrou sterf in kollega se arms<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/28118\/vermoorde-wou-nie-trou\/\">Vermoorde wou nie trou<\/a><\/p>\n<p>Die seuns se grootouers sal nou uit Meyerton na Middelburg verhuis om hulle hier, in hul ma se huis, by te staan, sodat Juhan sy matriek kan klaarmaak.<\/p>\n<p>&#8220;As die seuns dan besluit hulle wil nie hier bly nie, sal ons skuif Meyerton toe.&#8221;<\/p>\n<p>Sy s\u00ea Tanya-Louise se broer bly op Sasol, en haar suster op Vanderbijlpark, en daarom het hulle besluit om haar Donderdag, om 14:00, vanuit die PPK Deo Credo gemeente op Vanderbijlpark, ter ruste te l\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;Dan weet ons sy is naby aan ons almal en kan ons haar graf gereeld besoek saam met die seuns.&#8221;<\/p>\n<p>Sy bedank graag HTS se personeel en kinders, haar kleinseuns se vriende, en die bre\u00ebr gemeenskap vir die oorweldigende ondersteuning.<\/p>\n<p>Rosa s\u00ea dat die enigste kontak wat hulle met Jan se familie gehad het na die moord, was oor geld.<\/p>\n<p>&#8220;Ek het vir sy naasbestaandes ges\u00ea hulle moet by Momentum gaan aanklop, waar Tanya-Louise vir hom &#8216;n begrafnispolis oopgemaak, en betaal het,&#8221; s\u00ea Rosa.<\/p>\n<p>\u2022 Daar is Woensdag om 12:00 by die krematorium kapel afskeid geneem van mnr. Jan Briedenhann, tydens &#8216;n intieme gedenkdiens met familie.<\/p>\n<div id='gallery-1' class='gallery galleryid-28421 gallery-columns-3 gallery-size-thumbnail'><figure class='gallery-item'>\n\t\t\t<div class='gallery-icon landscape'>\n\t\t\t\t<a href='https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/uncategorized\/2015\/05\/02\/sy-het-geweet-hy-wil-haar-skiet\/attachment\/img_900_549172219\/'><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"270\" height=\"203\" src=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/04\/IMG_900_549172219-270x203.jpg\" class=\"attachment-thumbnail size-thumbnail\" alt=\"\" aria-describedby=\"gallery-1-28423\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/04\/IMG_900_549172219-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/04\/IMG_900_549172219-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/04\/IMG_900_549172219.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 270px) 100vw, 270px\" \/><\/a>\n\t\t\t<\/div>\n\t\t\t\t<figcaption class='wp-caption-text gallery-caption' id='gallery-1-28423'>\n\t\t\t\tMnr. Jan Briedenhann se liggaam word in die lykswa, langs die oorskot van sy vervreemde vrou Tanya-Louise, gelaai. FOTO: Gerhard Rheeder.\n\t\t\t\t<\/figcaption><\/figure>\n\t\t<\/div>\n\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die twee seuns van me. Tanya-Louise Briedenhann, wat verlede Woensdag deur haar vervreemde man, Jan, by die Wonderpark sentrum in &#8216;n hysbak tereggestel is, het twee dae voor die moord saam met hul ma by die polisie gaan aanklop vir beskerming.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":28422,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Gerhard Rheeder","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[],"tags":[],"class_list":["post-28421","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry"],"category_labels":null,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/28421","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=28421"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/28421\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/28422"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=28421"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=28421"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=28421"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}