{"id":27457,"date":"2015-04-09T00:00:00","date_gmt":"2015-04-08T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/27457\/maar-stadsraad-maak-gou-reg\/"},"modified":"2015-04-09T09:21:20","modified_gmt":"2015-04-09T07:21:20","slug":"maar-stadsraad-maak-gou-reg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/04\/09\/maar-stadsraad-maak-gou-reg\/","title":{"rendered":"Toilette gee die gees"},"content":{"rendered":"<p>&#8220;As mens R100 toegang betaal, verwag jy regtig skoon en netjiese toilette! Dit was nie die geval Saterdag nie. Toe ons by die toilette kom, was daar geen water nie en die toiletpapier bondel bo uit. Ek verstaan die waterpyp het gebars, maar daar kon ten minste tydelike toilette opgerig gewees het. Watter beeld word daar van ons dorp uitgedra?&#8221; het me. Daleen du Bruyn uitgevaar.<\/p>\n<p>Sy s\u00ea dat hulle sewe mense was wat die babakompetisie bygewoon het en dit hulle R700 uit die sak gejaag het. &#8220;R700 vir geen waarde vir geld nie.&#8221; Me. Du Bruyn is verder van mening dat die mense wat stalletjies by die fees gehad het, sekerlik &#8216;n groot verlies gely het.<\/p>\n<p>&#8220;Ek dink baie mense sal met my saamstem dat die Kosmos Kunstefees gaan doodloop. As die babakompetisie nie daar was nie, wil ek my verstout om te s\u00ea, dan was daar baie minder mense. Almal was daar vir die kompetisie, ten minste 60 plus mense, en die oomblik toe die babakompetisie verby is, is die mense weer huistoe!&#8221;<\/p>\n<p>Die organiseerder van die Kosmos Kunstefees, mnr. Gerrie de Bruyn, s\u00ea hy het juis die bestelling van tydelike toilette gekanselleer omdat die stadsraad so gou die gebarste waterpyp reggemaak het.<\/p>\n<p>&#8220;Ons het eers Saterdagoggend omstreeks 09:00 agtergekom die pyp het gebars en dit dadelik gerapporteer. Teen 11:00 was die pyp herstel en die toilette skoon!&#8221;<\/p>\n<p>Mnr. De Bruyn s\u00ea die aannames wat me. Du Bruyn maak, is heeltemal ongegrond. Hy was bekommerd omdat hy Saterdag se prys ho\u00ebr gemaak het (Donderdag en Vrydag was goedkoper), omdat daar so baie kunstenaars Saterdagaand opgetree het.<\/p>\n<p>Hy was egter verniet bekommerd, want die Kosmos Kunstefees het vanjaar w\u00e9\u00e9r meer as 6 000 mense getrek.<\/p>\n<p>Mnr. De Bruyn het gemeld dat baie plaaslike entrepeneurs by die fees uitgestal het. &#8220;Mense kla dat daar so min in die dorp aangaan, maar dit is mense soos me. Du Bruyn wat maak dat daar nie meer feeste aangebied word nie! Hulle sweep mense teen mekaar op om nie te gaan nie. Dit is juis hoekom ons nog kompetisies aanbied ook by die fees, om die gemeenskap te betrek.&#8221;<\/p>\n<p>\u2022 Mnr. De Bruyn het aangedui dat hy dit oorweeg om later in die jaar, n\u00e1 die Winter, ook &#8216;n eendagfees aan te bied waar mense kan uitstal en hy dan bekende sangers Middelburg toe sal bring. Meer inligting daaroor sal nader aan die tyd deurgegee word.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Ouma wat haar kleinkind Kosmos Kunstefees toe gevat het, mor oor toilette wat buite werking was en die R100 toegangsgelde wat hulle moes betaal.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":27458,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-27457","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/27457","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=27457"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/27457\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/27458"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=27457"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=27457"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=27457"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}