{"id":27048,"date":"2015-03-28T00:00:00","date_gmt":"2015-03-27T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/27048\/sloop-oor-vrou-se-kop-2\/"},"modified":"2015-03-27T09:13:34","modified_gmt":"2015-03-27T07:13:34","slug":"sloop-oor-vrou-se-kop-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/03\/28\/sloop-oor-vrou-se-kop-2\/","title":{"rendered":"Sloop oor vrou se kop"},"content":{"rendered":"<p>Volgens mnr. Nico Rossouw het hy die huis omtreeks 19:00 verlaat om na die tabakoonde te gaan kyk. \u201cEk was nie eers 15 minute van die huis af weg nie,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n<p>Me. Rossouw was besig om kos te maak toe sy die twee verdagtes in die huis opmerk. Hulle het haar op die grond forseer en met kabelbinders vasgebind en op kontant aangedring. Die verdagtes het me. Rossouw geslaan as sy antwoord dat sy kontant het of die sleutel vir die kluis in haar besit het nie.<\/p>\n<p>Met mnr. Rossouw se aankoms by die huis het hy opgemerk dat die hond onrustig is, maar kon niks verdag sien nie, \u201cEk het die hond losgemaak en hy het dadelik vir die agterdeur gehardloop,\u201d vertel mnr. Rossouw.<\/p>\n<p>\u201cEk het my vrou binne die huis hoor roep en die voordeur hoor toeslaan, wat my laat wonder het hoekom my vrou die voordeur sal gebruik as sy weet ek gebruik altyd die agterdeur, dit is toe ek weet iets is nie reg nie.\u201d<\/p>\n<p>Mnr. Rossouw het sy vrou op die vloer gekry met \u2019n kussingsloop oor haar kop getrek en \u2019n tou om haar nek om die sak in posisie te hou. Haar hande was vasgebind met kabelbinders.<\/p>\n<p>Skootrekenaars en selfone is vanuit die huis gesteel, maar is net buite die huis teruggevind.<\/p>\n<p>\u201cWIPS (Wildlife Investigation and Protection Services), Marble Hall Buurtwag, Flip van Vallei Alarms, Plaaswaglede, SOS-Plaasreaksie en en Marble Hall SAPD was blitsig op die toneel en die verdagtes se spore is gevolg,\u201d s\u00ea mnr. Rossouw aan Die Daller.<\/p>\n<p>Volgens konstabel Lethunya Mmuroa, polisiewoordvoerder, is een verdagte gearresteer, en sal hy Vrydag, 27 Maart, in die hof verskyn. \u201cDie polisie is besig met verdere ondersoek,\u201d s\u00ea konst. Mmuroa.<\/p>\n<p>Mnr. Rossouw vertel dat die verdagte wat in hegtenis geneem is, voorheen op sy plaas gewerk het en dat me. Rossouw na die polisiestasie geneem is om die verdagte man uit te ken.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Verdagte is gearresteer nadat, Me. Mariaan Rossouw Woensdagaand op haar plaas, ongeveer 21km buite Marble Hall op die Slagboompad, deur twee mans oorval, vasgebind en gedreig is.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":27049,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Janine van Staden","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-27048","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/27048","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=27048"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/27048\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/27049"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=27048"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=27048"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=27048"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}