{"id":26939,"date":"2015-03-24T00:00:00","date_gmt":"2015-03-23T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/26939\/pa-sterf-in-witbank-hospitaal\/"},"modified":"2015-03-25T10:44:08","modified_gmt":"2015-03-25T08:44:08","slug":"pa-sterf-in-witbank-hospitaal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/uncategorized\/2015\/03\/24\/pa-sterf-in-witbank-hospitaal\/","title":{"rendered":"Opvolg: Pa sterf in Witbank Hospitaal"},"content":{"rendered":"<p>&#8220;Ek is buite myself!&#8221; het mnr. Tommie Duminey Woensdagmiddag uitgeroep. Op daardie stadium was hy nog te emosioneel om te besluit of hy sake verder gaan voer na die afsterwe van sy pa, Johan Duminey (64), die bestuurder van EDE Farming. Hy het in die laaste vyf jaar eers sy ma, Doreen en toe sy broer, Deon (39), aan die dood afgestaan.<\/p>\n<p>Die gebeure rondom sy pa se dood hou hom egter in die nagte wakker. &#8220;Ek het nooit baklei nie, ek wou net h\u00ea hulle moes my pa help,&#8221; het hy aanmekaar ges\u00ea.<\/p>\n<p>Hy vertel dat hy in Durban besig was met sake, toe sy vrou, Ronel, hom verlede Dinsdag laat weet het dat sy pa in die Middelburg Hospitaal opgeneem is, omdat hy geweldige pyn op sy maag gehad het.<\/p>\n<p>Hulle is meegedeel dat hulle hom vir &#8216;n maagseer behandel het.<\/p>\n<p>Hy was egter uit die veld geslaan toe hulle die doktersbrief kry vir mnr. Duminey se werk en daarop staan dat hy behandeling in die hospitaal ontvang het &#8220;vir gastro!&#8221;<\/p>\n<p>&#8216;n Dokter het hulle meegedeel dat mnr. Duminey se dunderm geperforeer het en dat hulle moet jaag na die Witbank Hospitaal vir &#8216;n noodoperasie.<\/p>\n<p>Daar het hulle aan personeel probeer verduidelik dat sy toestand ernstig is en dat daar dadelik geopereer moet word.<\/p>\n<p>Nog &#8216;n skok het op die familie gewag: Die dokter aan diens het ges\u00ea dat hy nie die Afrikaanse verslag van die Middelburg dokter verstaan nie en dat hy sy eie toetse gaan doen.<\/p>\n<p>&#8216;n Afrikaanse suster daar naby gestaan en hy het by haar gepleit om dit vir die dokter te vertaal, maar sy het geweier.<\/p>\n<p>Mnr. Duminey is tussen ander pasi\u00ebnte in die ongevalle afdeling gelaat.<\/p>\n<p>&#8220;&#8216;n Afrikaanse suster het vir ons kom s\u00ea dat ons moet loop, want dit is nie besoektyd nie. Dit terwyl hordes ander pasi\u00ebnte se families by hulle gesit het!&#8221;<\/p>\n<p>Lees nog stories hier:<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/26729\/hulle-maak-mense-dood\/\">Slagting in hospitale<\/a><\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/26734\/advokaat-kyk-na-hospitaaldood\/\">Advokaat kyk na hospitaaldood<\/a><\/p>\n<p>Hulle het nog &#8216;n rukkie buite bly staan, waar hulle deur die venster vir mnr. Duminey gekyk het, maar hulle is ook daar verjaag en moes terugry Middelburg toe.<\/p>\n<p>Teen 23:00 is Tommie deur die dokter in kennis gestel dat hulle &#8220;nou gaan opereer.&#8221; Hy het teruggejaag eMalahleni toe en wou sy pa sien, maar hy was reeds in teater.<\/p>\n<p>Toe mnr. Duminey uit die teater kom, wou Tommie hom sien, maar hospitaalpersoneel het geweier en ges\u00ea dit is nie besoektyd nie. &#8220;Hulle het selfs die saal se deure gesluit dat ek nie kan ingaan nie. Ek het ni\u00e9 baklei nie, ek het net mooi gevra.&#8221;<\/p>\n<p>In die gang het hy &#8216;n dokter raakgeloop wat hom gerusgestel het dat &#8220;alles goed verloop het tydens die operasie. Hy het ges\u00ea hulle het net my pa op &#8216;n ventilator gesit omdat hy &#8216;n asma-aanval gekry het, maar dat dit goed gaan met hom.&#8221;<\/p>\n<p>Omstreeks 04:50 Saterdagoggend het hy die nuus gekry dat sy pa gesterf het &#8220;sonder dat ek hom ooit weer gesien het na die operasie.&#8221;<\/p>\n<p>&#8220;My pa het niemand ooit kwaad aangedoen nie! Mense van sover as Engeland het gebel om te simpatiseer.&#8221;<\/p>\n<p>Mnr. Duminey word oorleef deur sy vrou, Elize, seuns Tommie en Johan, skoondogters en kleinkinders.<\/p>\n<p>Die begrafnis is vandag (Vrydag) om 11:00 uit die Ou Apostoliese Kerk.<\/p>\n<p>\u2022 Kort voor druktyd het Tommie nog besluit of hy &#8216;n nadoodse ondersoek sou laat doen.<\/p>\n<p>\u2022 Sy bewerings is aan die mediakantoor van die Provinsiale Departement van Gesondheid gestuur.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Man is verbitterd nadat sy pa eers verkeerd gediagnoseer is by die Middelburg Hospitaal, nie dadelik gehelp is oor &#8216;n taalkwessie in die Witbank Hospitaal nie en uiteindelik ure later gesterf het.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":26940,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[],"tags":[],"class_list":["post-26939","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry"],"category_labels":null,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/26939","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=26939"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/26939\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/26940"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=26939"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=26939"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=26939"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}