{"id":26729,"date":"2015-03-22T00:00:00","date_gmt":"2015-03-21T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/26729\/hulle-maak-mense-dood\/"},"modified":"2015-03-26T08:10:57","modified_gmt":"2015-03-26T06:10:57","slug":"hulle-maak-mense-dood","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/uncategorized\/2015\/03\/22\/hulle-maak-mense-dood\/","title":{"rendered":"Slagting in hospitale"},"content":{"rendered":"<p>Mense wat sterf nadat verkeerde medikasie gegee is, pasi\u00ebnte wat in linnekamers &#8220;vergeet word&#8221; en verkeerde diagnoses is maar net &#8216;n paar van die bewerings wat familielede die afgelope tyd gemaak het. Vra hulle vrae, &#8220;word dit onder die mat ingevee en daarvan vergeet!&#8221;<\/p>\n<p>Deur die jare is vele klagtes aan hospitale en die departement gerig met beloftes dat &#8220;dit ondersoek sal word.&#8221; Daar is egter in die meeste gevalle nie antwoorde aan die families verskaf nie en is dit vir hulle tot vandag toe nog moeilik om berusting te kry.<\/p>\n<p>Net in die laaste paar weke en dae is skokkende verhale vertel.<\/p>\n<p>\u2022 Mnr. Coenraad Janse van Rensburg is op 1 Februarie dood na gereelde opnames in die Middelburg Hospitaal vir &#8216;n kroniese longkwaal.<\/p>\n<figure id=\"attachment_26735\" aria-describedby=\"caption-attachment-26735\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2015\/03\/coenraa_590438561.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-26735\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2015\/03\/coenraa_590438561-520x390.jpg\" alt=\"Mnr. Coenraad Janse van Rensburg net voor sy dood op 1 Februarie in die Middelburg Hospitaal, wat nou moontlik vervolg gaan word vir nalatigheid.\" width=\"520\" height=\"390\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/03\/coenraa_590438561-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/03\/coenraa_590438561-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/03\/coenraa_590438561.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-26735\" class=\"wp-caption-text\">Mnr. Coenraad Janse van Rensburg net voor sy dood op 1 Februarie in die Middelburg Hospitaal, wat nou moontlik vervolg gaan word vir nalatigheid.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die familie glo die hospitaal was nalatig om hom met penisillien, &#8216;n medikasie waarvoor hy allergies was, te behandel.<\/p>\n<p>\u2022 In die week van 27 Februarie berig die Observer van leraarsvrou, me. Antionette Swanepoel (29), wat etlike maande vantevore by die dood omgedraai het omdat sy vir sowat &#8216;n week in die Middelburg Hospitaal behandel is vir &#8216;n sist op haar eierstok, maar haar blindederm eintlik gebars het. Vele operasies en duisende rande se hospitaalrekeninge later, omdat hulle na die Life Midmed Hospitaal moes gaan vir behandeling, het nie net fisiese nie, maar ook emosionele merke op die gesin gelaat.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/26734\/advokaat-kyk-na-hospitaaldood\/\">Opvolg: Advokaat kyk na hospitaaldood<\/a><\/p>\n<p>\u2022 Verlede week is &#8216;n sewejarige seuntjie van Dullstroom dood, nadat hy vir &#8216;n skopplek op sy been behandel moes word. Sy familie wil nie sy naam in die koerant genoem h\u00ea nie en was te emosioneel om sake verder te voer oor gebeure in die Belfast en Middelburg Hospitale. Die kind is Saterdag begrawe en hulle het daarteen besluit om die kind te laat opgrawe vir &#8216;n geregtelike doodsondersoek.<\/p>\n<figure id=\"attachment_26731\" aria-describedby=\"caption-attachment-26731\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2015\/03\/15j15-_576156217.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-26731\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2015\/03\/15j15-_576156217-520x390.jpg\" alt=\"'n Ernstig siek me. Antoinette Swanpoel kort nadat sy in die Life Midmed Hospitaal opgeneem moes word.\" width=\"520\" height=\"390\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/03\/15j15-_576156217-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/03\/15j15-_576156217-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/03\/15j15-_576156217.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-26731\" class=\"wp-caption-text\">&#8216;n Ernstig siek me. Antoinette Swanpoel kort nadat sy in die Life Midmed Hospitaal opgeneem moes word.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Daar is betroubaar verneem dat die kind na die Middelburg Hospitaal gestuur is vir X-strale, maar dat hulle hom teruggestuur het met die woorde &#8220;dat daar niks verkeerd is met hom nie.&#8221;<\/p>\n<p>Vrae word gevra oor wat uiteindelik tot sy dood gelei het en die feit dat dokters van Belfast nie &#8216;n lykskouing of geregtelike doodsondersoek aangevra het nie.<\/p>\n<p>Hierdie week het twee families die koerant gebel en gevra wat hulle moet doen, want hulle het honderde vrae na die dood van hul geliefdes.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/26939\/pa-sterf-in-witbank-hospitaal\/\">Opvolg: Pa sterf in hospitaal<\/a><\/p>\n<p>\u2022 Me. Annah Mokoena se emosionele familie was uiters geskok oor die gebeure by die Middelburg Hospitaal tot en met haar afsterwe Vrydag. Daar is onder andere beweer dat hulle haar in haar uiters siek toestand in die linnekamer van die hospitaal gekry het.<\/p>\n<p>\u2022 In die jongste voorval is mnr. Johan Duminey (64) Saterdag in die vroe\u00eb oggendure dood. Sy seun, Tommie, het emosioneel geraak as hy gepraat het oor die behandeling in die Middelburg- en Witbank Hospitale (berig elders).<\/p>\n<figure id=\"attachment_26730\" aria-describedby=\"caption-attachment-26730\" style=\"width: 520px\" class=\"wp-caption alignnone\"><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2015\/03\/15j15-_561269492.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-26730\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2015\/03\/15j15-_561269492-520x390.jpg\" alt=\"Mnr. Johan Duminey (64) het Saterdagoggend in die vroe\u00eb oggendure in die Witbank Hospitaal gesterf. Sy familie is omgekrap oor die gebeure by die Middelburg- en Witbank Hospitale.\" width=\"520\" height=\"390\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/03\/15j15-_561269492-520x390.jpg 520w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/03\/15j15-_561269492-270x203.jpg 270w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2015\/03\/15j15-_561269492.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 520px) 100vw, 520px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-26730\" class=\"wp-caption-text\">Mnr. Johan Duminey (64) het Saterdagoggend in die vroe\u00eb oggendure in die Witbank Hospitaal gesterf. Sy familie is omgekrap oor die gebeure by die Middelburg- en Witbank Hospitale.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Daar word onder meer beweer dat hulle vir hom ges\u00ea het dat hulle sy pa vir een siekte behandel het, maar op sy pa se doktersbrief iets anders ges\u00ea het.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea by die Witbank Hospitaal het personeel ges\u00ea dat hulle hul eie toetse gaan doen nadat &#8216;n Middelburgse dokter &#8216;n Afrikaanse verslag, wat aangedui het dat mnr. Duminey dadelik geopereer moet word, geskryf het en hulle dit nie kon verstaan nie. Hy beweer verder dat &#8216;n Afrikaanse suster ook geweier het om dit te vertaal. Die operasie is eers om 23:00 gedoen en het sy pa in die vroe\u00eb oggendure gesterf.<\/p>\n<p>&#8220;Ek is buite myself. Ek wil nie moeilikheid maak nie, maar my pa, wat &#8216;n gesonde man was wat nog gewerk het, het gesterf!&#8221;<\/p>\n<p>\u2022 In die verlede was die voormalige Hoof Uitvoerende Beampte van die Hospitaal, mnr. Philemon Letlalo, altyd bereid om met die koerant te praat en hul kant van die saak te stel.<\/p>\n<p>Die nuwe hoof uitvoerende beampte, mnr. Patrick Masubuko, wou nie eers hoor waaroor die klagtes gaan nie. Hy het joernaliste aggressief kortgeknip en ges\u00ea hulle moet met die provinsiale hoof van kommunikasie, Dumisani Malamule, bel en praat oor die klagtes.<\/p>\n<p>Die Departement van Gesondheid se kantore is gebel, aangesien mnr. Malamule nie dadelik in die hande gekry kon word nie.<\/p>\n<p>Die ontvangsdame was nie seker met wie die joernalis moet praat nie en het in haar kantoor rondgevra.<\/p>\n<p>Hierna is die koerant van bakboord na stuurboord gestuur. Nie een van die persone wie se name gegee is, was beskikbaar nie.<\/p>\n<p>Toe ons uiteindelik mnr. Malamule in die hande kry, kon hy nie dadelik help nie en net gevra dat die joernalis &#8216;n e-pos met die klagtes stuur aangesien hy &#8220;in &#8216;n vergadering is.&#8221;<\/p>\n<p>\u2022Teen druktyd is daar nog nie gereageer op die klagtes nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8220;Hulle maak mense dood op strepe, maar niks word gedoen nie!&#8221; het &#8216;n dokter uitgeroep, nadat die soveelste pasi\u00ebnt hierdie week gesterf het na beweerde onre\u00eblmatighede in provinsiale hospitale.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":26732,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[],"tags":[],"class_list":["post-26729","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry"],"category_labels":null,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/26729","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=26729"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/26729\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/26732"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=26729"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=26729"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=26729"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}