{"id":26639,"date":"2015-03-19T00:00:00","date_gmt":"2015-03-18T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/26639\/slange-wil-slaap\/"},"modified":"2015-03-18T12:18:38","modified_gmt":"2015-03-18T10:18:38","slug":"slange-wil-slaap","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/03\/19\/slange-wil-slaap\/","title":{"rendered":"Slange wil slaap"},"content":{"rendered":"<p>Slangvanger Victor Boshoff s\u00ea dat hy verlede week \u2019n groot Mosambiekse Spoegkobra van sowat 1.3m by \u2019n hostel in Mhluzi moes gaan vang.<\/p>\n<p>\u201cDie slange se natuurlike habitat waar hulle hiberneer, miershope, word deur kinders gebreek en dan gaan hulle natuurlik na die huise toe kom.\u201d<\/p>\n<p>Hy s\u00ea hierdie tyd van die jaar vang hulle gereeld Mosambiekse spoegkobras, pofadders en rinkhalse in erwe, motorhuise en huise, omdat die slange vir die laaste keer kos vang (soos rotte en muise) voor hulle gaan hiberneer.<\/p>\n<p>En dit is nie meer n\u00e9t wonings wat naby veldjies gele\u00eb is wat slange kan verwag nie, aangesien die slange in stormwaterpype opkom. \u201cEk kyk elke aand onder my bed of daar nie \u2019n slang is nie,\u201d het hy ernstig ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die gemeenskap moet egter onder geen omstandighede die slange self probeer hanteer nie, aangesien al drie genoemde slange giftig is.<\/p>\n<p>Die Mosambiekse spoegkobra het neuro- en sitotoksiese gif. Die slang se gif verlam die diafragma en die persoon kan asemhalingsprobleme ondervind. Die weefselskade is net so erg.<\/p>\n<p>\u201cDie meeste mense wat deur \u2019n Mosambiekse spoegkobra gepik word, moet veloorplantings kry en in baie gevalle volg amputasie.\u201d<\/p>\n<p>Pofadderbyte veroorsaak ook geweldige weefselskade. \u201cPofadderbyt is soos om jou hand in kokende kookolie te druk. Dit is dieselfde pyn en veroorsaak dieselfde blase en weefselskade.\u201d<\/p>\n<p>Rinkhalsbyt is neurotoksies, wat die asemhalingstelsel aantas.<\/p>\n<p>Wanneer mense \u2019n slang in hul huis of erf opmerk, is die goue re\u00ebl dat die slang dopgehou moet word. \u201cDit help nie jy bel my die volgende dag en s\u00ea die slang was daar nie. Ek gaan ook nie \u2019n motorhuis uitpak om \u2019n slang te vang nie!\u201d<\/p>\n<p>Mense moet verstaan dat mnr. Boshoff ook voltyds werk (hy is die eienaar van Proto Training) of soms besig is om \u2019n slang op \u2019n ander plek uit te haal. \u201cSommige mense raak soms ongeskik as ek nie dadelik kan kom nie.\u201d<\/p>\n<p>Hulle kry ook gereeld hierdie tyd van die jaar mense wat vakansie gaan hou by plekke soos die wildtuin en dat daar dan slange saam met bagasie terugkom.<\/p>\n<p>\u2022 As enige persoon \u2019n slang wil laat verwyder, bel mnr. Boshoff of sy vrou, Karin, by 082 697 9954 of 083 628 4902.<\/p>\n<p>\u2022 Indien iemand deur \u2019n slang gepik word, kan hulle mnr. Boshoff ook kontak. Na aanleiding van die bytplek (foto\u2019s kan gestuur word), kan hy die slang identifiseer en voorstel watter behandeling gevolg moet word.<\/p>\n<p>\u2022 Mnr. Fanie Strydom (wat lid is van die Suid-Afrikaanse Slangbyt Instituut) het ges\u00ea indien mense nie mnr. Boshoff in die hande kry om slange te verwyder nie, hulle hom kan bel by 079 606 8374.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Slange gaan nou al hoe meer in en om huise gesien word, want nie net wil hulle daardie laaste paar rotte vang voor hulle slaap nie, maar soek hulle ook \u2019n warm plek om te hiberneer vir die winter.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":26640,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-26639","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/26639","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=26639"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/26639\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/26640"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=26639"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=26639"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=26639"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}