{"id":26572,"date":"2015-03-15T00:00:00","date_gmt":"2015-03-14T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/26572\/baba-x-al-ses-maande-oud\/"},"modified":"2015-03-16T07:50:46","modified_gmt":"2015-03-16T05:50:46","slug":"baba-x-al-ses-maande-oud","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/uncategorized\/2015\/03\/15\/baba-x-al-ses-maande-oud\/","title":{"rendered":"(Grafiese foto&#8217;s) Opvolg: Baba X al ses maande oud!"},"content":{"rendered":"<p>Hoewel Baba X wel deur die Umephi kinderhuis versorg word, is sy ni\u00e9 in die Middelburg babahuis nie, maar elders uitgeplaas vir haar veiligheid.<\/p>\n<p>Die stap moes geneem word na &#8216;n ongekende reaksie op die baba meisie se lot nadat sy gevind is agter die treinspoor tussen bourommel, toegedraai in ou koerant pamflette, agtergelaat vir die dood.<\/p>\n<p>&#8216;n Tiener op pad na iewers, het piepgeluidjies gehoor en dadelik alarm gemaak.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/18403\/babatjie-2\/\">Baba X is omstreeks 21:00 gevind, lewend, na ure tussen skouerlengte gras en menslike ontlasting, met die nageboorte steeds aan haar vas.<\/a><\/p>\n<p>Na twee weke in die hospitaal is sy uitgeplaas Umephi toe.<\/p>\n<p>Die klein vegtertjie is nou ses maande oud en het reeds talle mediese toetse ondergaan, wat vereis word voordat sy reg is vir aanneming.<\/p>\n<p>&#8220;Daar is nog &#8216;n paar uitstaande toetsuitslae, maar dinge val goed in plek vir haar om binnekort reg te wees om &#8216;n ouerhuis te kry,&#8221; s\u00ea Umephi se maatskaplikewerker, me. Sumari Rootman.<\/p>\n<p>Me. Rootman s\u00ea dat <a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/18403\/babatjie-2\/\">Baba X <\/a>nou baie minder genebuliseer moet word, omdat haar longetjies goed ontwikkel het na haar beproewing agter die treinspoor.<\/p>\n<p>Sy s\u00ea dat daar &#8216;n lang aannemings waglys is vir die Umephi huise, wie se uitplasings deur die Abba aanneemdiens behartig word.<\/p>\n<p>Plaaslike ouerpare sowel as internasionale aanneemouers wat reeds deur die streng keuringsproses gegaan het, sal sodra Baba X die mediese groenlig kry, ook op hul fisiese eienskappe oorweeg word, wat belangrik is omdat uiterlike ooreenkomste tussen die aanneem gesin en die aanneembaba krities is.<\/p>\n<p>&#8220;Ons is positief dat sodra die proses afgehandel is, daar geen rede sal wees hoekom Baba X ni\u00e9 &#8216;n liefdevolle ouerhuis sal kry nie,&#8221; s\u00ea Sumari.<\/p>\n<p>Hoewel Baba X &#8216;n naam gegee is, moet di\u00e9 ook beskerm word, vir die meisietjie se veiligheid.<\/p>\n<p>&#8220;Sodra sy aangeneem word, gee die ouers die babatjies in elk geval &#8216;n nuwe naam,&#8221; s\u00ea me. Rootman.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Middelburg se heldinnetjie, Baba X, is al ses maande oud en babbel nes enige ander gelukkige baba, hoewel sy na geboorte weggegooi is soos die poplap op die ashoop.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":26573,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Gerhard Rheeder","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[],"tags":[],"class_list":["post-26572","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry"],"category_labels":null,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/26572","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=26572"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/26572\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/26573"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=26572"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=26572"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=26572"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}