{"id":26016,"date":"2015-03-12T00:00:00","date_gmt":"2015-03-11T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/26016\/dokter-kok-drama-duur-voort\/"},"modified":"2015-03-12T07:48:32","modified_gmt":"2015-03-12T05:48:32","slug":"dokter-kok-drama-duur-voort","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/03\/12\/dokter-kok-drama-duur-voort\/","title":{"rendered":"Opvolg: Dokter Kok drama duur voort"},"content":{"rendered":"<p>Die Observer het hierdie week verneem dat dr. Kok se opnameregte by al die Life Healthcare hospitale opgeskort is. Die uitvoerende media- en kommunikasiebeampte van die Life Healthcare groep, me. Ivonne Motsisi, het Woensdagoggend in \u2019n mediaverklaring slegs bevestig dat \u201cdie dokter waarna verwys word se opnameregte teruggetrek is deur Life Healthcare.\u201d<\/p>\n<p>Sy wou nie ontken of erken dat daar \u2019n dissiplin\u00eare verhoor was teen dr. Kok nie. Sy het ges\u00ea dit is \u201c\u2019n konfidensi\u00eble saak tussen Life Healthcare en die dokter. Jy kan by die dokter self hoor of hy bereid is om met jou te praat.\u201d<\/p>\n<p>Daar is na beide dr. Kok se selfone geskakel en ook sms-boodskappe gelaat. Teen druktyd het hy nog nie daarop reageer nie.<\/p>\n<p>\u2022 Dr. Kok is op 23 Januarie vanjaar met \u2019n mes gesteek deur mnr. Liam Niemandt n\u00e1 \u2019n onderonsie by mnr. Niemandt se huis. Die video is steeds op die webtuiste van die Observer waar \u2019n mens kan sien hoe die geveg uitbreek.<\/p>\n<p>Dr. Kok het twee weke gelede ontken dat daar \u2019n verhouding was tussen hom en mnr. Niemandt se vrou, Chantal, maar sy het op haar beurt erken dat daar wel \u2019n verhouding was. Sy het egter bygelas dat \u201cdit verby is.\u201d<\/p>\n<p>\u2019n Klagte van onprofessionele gedrag is deur \u2019n man in 2012 by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA) ingedien, omdat hy beweer dat dr. Kok met sy vrou \u2019n verhouding gehad het. Die raad het nooit die klagte ontvang nie, waarop dit twee weke gelede weer aan hulle gestuur en \u2019n klagte van onprofessionele gedrag geopen is.<\/p>\n<p>Mnr. Niemandt het ook \u2019n klagte van onprofessionele gedrag by die raad ingedien na aanleiding van die beweerde verhouding met die dokter en sy vrou.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/25504\/dokter-vertel-van-arrestasie\/\">Dr. vertel van arrestasie<\/a><\/p>\n<p>\u2022\u2019n Bedrogklagte is by die raad ingedien laat verlede jaar. Die klaer wou nie sy naam bekend maak nie. Hy het net ges\u00ea dat die klagte by die raad \u00e9n sy mediese fonds se forensiese afdeling ingedien is na aanleiding van mediese rekeninge.<\/p>\n<p>\u2022 Dr. Kok se opnameregte is drie weke gelede opgeskort by die Life Midmed Hospitaal. Dr. Kok het ges\u00ea dit het te doen met al die \u201cslegte publisiteit in die koerant\u201d. Die hospitaal het net ges\u00ea dit is \u2019n interne kwessie en dat dit onvanpas sal wees om kommentaar te lewer.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dr. Alan Kok sal voortaan nie by een van die hospitale in die Life Healthcare groep welkom wees nie.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":26017,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-26016","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/26016","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=26016"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/26016\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/26017"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=26016"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=26016"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=26016"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}