{"id":25983,"date":"2015-03-04T09:21:58","date_gmt":"2015-03-04T07:21:58","guid":{"rendered":"http:\/\/mobserver.co.za\/?p=25983"},"modified":"2015-03-04T09:21:58","modified_gmt":"2015-03-04T07:21:58","slug":"trol-aant-lol-op-gumtree","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/uncategorized\/2015\/03\/04\/trol-aant-lol-op-gumtree\/","title":{"rendered":"Trol aan\u2019t lol op Gumtree"},"content":{"rendered":"<p>Me. Demi Spires het summier haar profiel van Gumtree verwyder, nadat die man &#8211; genaamd Justin &#8211; haar bruggie aanlyn verbrand het.<\/p>\n<p>Me. Spires, wat getroud is met twee kinders, was maar te bly toe Justin haar uit die bloute inboks met \u2019n werksaanbod.<\/p>\n<p>\u201cHi, ek het jou advertensie op Gumtree gesien,\u201d was Justin se aas, gevolg deur, \u201cek het gewonder of jy belangstel om vir my te kom werk by my huis, net om pret te h\u00ea wanneer ek tuis is, ons kan oor die salaris onderhandel\u201d.<\/p>\n<p>Me. Spires het nie die pret deel lekker verstaan nie en gevra vir \u2019n nadere werksbeskrywing, maar niks kon haar voorberei vir wat kom nie.<\/p>\n<p>\u201cBasies net om na die huis om te sien as ek werk, en as ek tuiskom een uur van masturbasie en orale seks,\u201d het Justin geantwoord.<br \/>\n\u201cEkskuus my!?\u201d was haar reaksie.<\/p>\n<p>\u201cEk sal jou betaal om een uur per dag by my te sit, dan kyk ons TV en jy gee my \u2019n orgasme. Ek sal jou betaal,\u201d het Justin gehoop. Hy verduidelik in detail wat sy kan gebruik om dit reg te kry.<\/p>\n<p>\u201cEk is nie \u2019n prostituut nie. Ek is \u2019n getroude vrou met twee kinders wat op soek is na \u2019n regte werk, by \u2019n regte maatskappy,\u201d het me. Spires haar trots verdedig.<\/p>\n<p>Dan laat Justin haar weet presies waar Dawid die wortel begrawe het, met sy verduideliking hy\u2019s loslopend en te bang om prostitute op te tel weens Vigs, daarom het hy \u2019n Zimbabwiese vrou in diens geneem, maar di\u00e9 is gedeporteer en nou soek hy \u2019n nuwe \u201cbediende\u201d wat meer as net afstof en stryk, of eerder&#8230;ander goed afstof en stryk.<\/p>\n<p>\u201cLaat weet my as jy iemand het wat belangstel,\u201d gooi hy so terloops by.<\/p>\n<p>\u201cDis walglik!\u201d het me. Spires hom toegesnou en die gesprek be\u00ebindig, deur hom by die Gumtree administrateurs te rapporteer.<\/p>\n<p>Justin het verskeie maal die week sy foon, stert tussen die bene, geantwoord.<\/p>\n<p>\u201cEk is jammer! Dit sal nie weer gebeur nie,\u201d het hy by die Observer gepleit.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea hy\u2019s \u2019n skoolseun van Zeerust en dat hy net wou \u201ckattekwaad aanjaag\u201d.<\/p>\n<p>\u201cEk het dadelik vir die vrou ges\u00ea ek\u2019s jammer en haar nommer uitgewis,\u201d beweer die jongeling met die Kaapse aksent.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea hy het \u201ckaal amateur mans\u201d ge-Google en so op die naakte selfie wat hy vir me. Spires gestuur het, afgekom.<\/p>\n<p>Sy hormoontelling het sy intelligensie so effens oorskry en hy het eers na die voorval besef sy selnommer is nie geheim nie.<\/p>\n<p>\u201cAsseblief vergewe my, nooit, ooit weer nie,\u201d het hy geween.<\/p>\n<p>\u201cEk wil maar net die dames waarsku,\u201d s\u00ea me. Spires oor die lollende trolle aanlyn.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Vrou op soek na werk was die slagoffer van \u2019n katoolse internet trol met \u2019n af broek.<\/p>\n","protected":false},"author":2844,"featured_media":25977,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Gerhard Rheeder","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[],"tags":[],"class_list":["post-25983","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry"],"category_labels":null,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/25983","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2844"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=25983"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/25983\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/25977"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=25983"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=25983"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=25983"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}