{"id":25934,"date":"2015-03-02T16:02:12","date_gmt":"2015-03-02T14:02:12","guid":{"rendered":"http:\/\/mobserver.co.za\/?p=25934"},"modified":"2015-03-02T16:02:12","modified_gmt":"2015-03-02T14:02:12","slug":"video-goudkoors-spoel-hiernatoe-oor","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/03\/02\/video-goudkoors-spoel-hiernatoe-oor\/","title":{"rendered":"Video: Goudkoors spoel hiernatoe oor"},"content":{"rendered":"<p>Boeke is vol geskryf oor die goudstromeloop wat Pelgrimsrus getref het.<\/p>\n<p>Dit is dan ook juis in hierdie prentjiemooi dorp waar die eerste Gold Panningklub in Suid-Afrika sy ontstaan gehad het om vandag se &#8220;delwers&#8221; se soeke na geluk te bevredig.<\/p>\n<p>Me. Magda Pretorius is een van die delwers wat op &#8216;n gereelde basis vanaf Middelburg na Pelgrimsrus ry, om aan hierdie uitdagende sportsoort by die Mac Mac klub deel te neem.<\/p>\n<p>Natuurlik is dit uitdagend \u00e9n opwindend, want jy delf dan letterlik vir stukkies goud!<br \/>\nMaar hoe werk Gold Panning dan?<\/p>\n<p>Om deel te word van hierdie internasionale sport, wat selfs in Spanje, Nieu Seeland, Kanada en die VSA beoefen word, moet jy deel van &#8216;n klub word.<\/p>\n<p>Sodoende kry jy SAGPA (SA Gold Panning Assosiasie) geregistreerde lidmaatskap wat jou vrywaar van enige probleme, omdat jy goud in jou besit het. Alle 24 karaat goudstukkies wat gebruik word, word gesny deur &#8216;n juwelier.<\/p>\n<p>Die goudstukkies word dan &#8220;geplant&#8221; (versteek) in &#8216;n 25kg emmer sand wat die deelnemers, soos die gouddelwers van ouds, moet uitvis.<\/p>\n<p>Die persoon wat die goud die vinnigste uithaal, met dien verstande dat hy \u00e1l die stukkies uithaal, is die wenner.<\/p>\n<p>As jy van jou goud verloor of nie alles uithaal nie, word jy gepenaliseer.<\/p>\n<div class='tie-fluid-width-video-wrapper tie-ignore-fitvid' style='margin-bottom: 30px;'>\n\t\t\t<iframe style='width: 100%; min-height: 300px; aspect-ratio: 16\/9;' src='https:\/\/www.youtube-nocookie.com\/embed\/ePwbS1h0cHY' loading='lazy'><\/iframe>\n\t\t<\/div>\n<p>Me. Pretorius meld dat die &#8220;goudplanter&#8221; die enigste een is wat weet hoeveel stukkies goud in die sand is.<\/p>\n<p>&#8216;n Beoordelaar hou jou fyn dop by die put en daar is later tw\u00e9\u00e9 goudtellers wat seker maak niemand word ingeloop nie.<\/p>\n<p>Me. Pretorius s\u00ea daar is baie streng maatre\u00ebls, aangesien die deelnemers nie net plaaslik nie, maar ook nasionaal en internasionaal aan kompetisies deelneem.<\/p>\n<p>Sy het opgewonde ges\u00ea dat Middelburg maar die tweede dorp in Mpumalanga sal wees wat hierdie sport op eie bodem aanbied.<\/p>\n<p>Hulle het reeds met die munisipaliteit onderhandel en is besig om grond te oormerk om putte te bou.<\/p>\n<p>Me. Pretorius noem dat, buiten die hulp wat hulle van die munisipaliteit af kry vir fasiliteite, daar ook hulp vanaf die SAGPA verkry sal word om die klub van die grond af te kry.<\/p>\n<p>Persone wat wil aansluit, betaal R200 per jaar lidmaatskap aan die SAGPA en &#8216;n verdere R100 per jaar aan die klub om hul werksaamhede vlot te laat verloop.<\/p>\n<p>Om die gemeenskap meer te vertel van die sport, sal daar op 21 Maart &#8216;n opedag oor Gold Panning gehou word. Hulle beplan om tydens die opedag &#8216;n bestuur te kies.<\/p>\n<p>Me. Pretorius s\u00ea jonk en oud sal die sport geniet en hulle wil graag ook die skole betrek, aangesien selfs voorskoolse- en laerskoolkinders kan deelneem. Tydens besoeke aan skole sal videos vir die kinders vertoon word om hulle te wys wat die sport behels.<\/p>\n<p>Vir enige verdere navrae, bel me. Pretorius by 081 024 7035.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Goudkoors het die dorp getref! Die munisipaliteit is besig om &#8216;n area te oormerk en al wat Middelburgers moet doen is om by die nuwe Gold Panningklub aan te sluit en self vir goudstukkies te begin delf.<\/p>\n","protected":false},"author":2844,"featured_media":25935,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-25934","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/25934","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2844"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=25934"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/25934\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/25935"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=25934"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=25934"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=25934"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}