{"id":25795,"date":"2015-03-01T00:00:00","date_gmt":"2015-02-28T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/25795\/elke-blom-stukkie-van-my-skepper\/"},"modified":"2015-02-27T13:52:45","modified_gmt":"2015-02-27T11:52:45","slug":"elke-blom-stukkie-van-my-skepper","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/03\/01\/elke-blom-stukkie-van-my-skepper\/","title":{"rendered":"&#8216;Elke blom stukkie van my Skepper&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Om soveel jaar in &#8216;n neutedop vas te vat, is &#8216;n byna onbegonne taak en glip die ure ongemerk verby, terwyl sy vertel vanaf die eerste dae tot waar sy vandag steeds aan die stuur van sake staan.<\/p>\n<p>&#8220;Die mens kan maan toe vlieg, maar ek stuur &#8216;n stukkie van die skepping by mense se huise in. Elke blom is &#8216;n stukkie van my Skepper.&#8221;<\/p>\n<p>Haar besigheid het &#8216;n nederige ontstaan gehad, nadat sy en &#8216;n vriendin die kisruiker vir haar pa se begrafnis moes maak en sy net daar besluit het om &#8216;n bloemiste oop te maak.<\/p>\n<p>Die bloemiste was eers naby die Dagbreek Apteek, waarna sy dit in 1984 by die destydse nuwe Midpark Sentrum geopen het. Daar was sy vir meer as 30 jaar, totdat sy drie jaar gelede gaan nesskop het by die Middelburg Mall.<\/p>\n<p>Me. Hattingh s\u00ea dit is uitsonderlik vir een persoon om vir so lank &#8216;n bloemiste te bedryf. &#8220;Dit is baie harde werk en jy sal nooit ryk word nie. As dit oor geld gegaan het, sou ek dit al lankal gelos het. Dit is nog altyd vir my &#8216;n passie.&#8221;<\/p>\n<p>Interflora gaan haar binnekort met &#8216;n toekenning beloon omdat sy al vir soveel jare &#8216;n bloemiste bedryf. &#8220;Ons is bekommerd omdat bloemiste in die stede net verdwyn. Die jong mense sien nie meer kans vir die harde werk nie.&#8221;<\/p>\n<p>Sy vee trane af as sy emosioneel s\u00ea: &#8220;Besef jy hoeveel blomme het ek al gedoen vir troues, begrafnisse, blomme vir mammas wat babas gehad het, mans wat verskoningblomme moes gee. Dit l\u00e9\u00e9f in jou!&#8221;<\/p>\n<p>Die lag is weer terug as sy vertel hoe moeilik dit is om &#8216;n bruid gelukkig te hou. &#8220;Ek maak egter elke onmoontlike droom waar.&#8221;<\/p>\n<p>Die onthoulys is byna oneindig lank.<\/p>\n<p>\u2022 Daar was die groot begrafnis toe die stadsklerk, mnr. Fanie van Aswegen en sy vrou albei dood is in &#8216;n ongeluk op die Loskopdampad.<\/p>\n<p>\u2022 Die keer toe &#8216;n 27-jarige meisie vir haar ges\u00ea het me. Hattingh moet haar troublomme doen, want sy het dan die blomme gedoen die dag toe sy gebore is!<\/p>\n<p>\u2022 Die rooi en wit troue van die Du Plessis-egpaar wat op oujaar 1980 getroud is.<\/p>\n<p>\u2022 Die destydse premier, Matthews Phosa, vir wie sy letterlik honderde bosse blomme moes stuur, toe hy hier in die hospitaal was na &#8216;n ongeluk. Selfs Desmond Tutu en parlementslede het blomme bestel! En sal sy ooit vergeet dat Albertina Sisulu in haar bloemiste was en vir hulle elkeen geld in die hand gestop het vir &#8216;n koppie koffie.<\/p>\n<p>\u2022 Daar was &#8216;n man wat in die tyd toe daar nie selfone was nie (sy meisie het ook nie &#8216;n telkomlyn gehad nie) deur me. Hattingh se bloemiste blomme vir sy meisie in Pretoria gestuur het, om haar te laat weet wanneer hy gaan kom kuier.<\/p>\n<p>\u2022 Me. Hattingh glimlag as sy vertel dat haar naam tot al in &#8216;n testament genoem word. &#8220;Die tannie het ges\u00ea sy het in haar testament laat beskryf dat ek eendag die blomme by haar begrafnis moet doen!&#8221;<\/p>\n<p>Omdat sy by die mark haar blomme aankoop, sny sy die middelman heeltemal uit en is haar pryse baie mededingend. Maar dit is nie net mark toe gaan en &#8216;n paar bossies blomme koop nie.<\/p>\n<p>As sy mark toe gaan, moet sy al drieuur opstaan, om vieruur te kan ry. By die mark moet sy op blomme bie, waar daar vier elektroniese klokke en vier afslaers is.<\/p>\n<p>Met die uitsny van die middelman, het sy ook grasietyd op die lewensduur van blomme. &#8220;Dit hang maar af van blom tot blom. Ek kan egter vir jou s\u00ea hoe lank &#8216;n blom gaan hou, deur net aan hom te vat.&#8221;<\/p>\n<p>Haar lys van hoogtepunte as bloemiste op die dorp is net so lank.<\/p>\n<p>\u2022 Sy s\u00ea een van die hoogtepunte was om na die Mall te trek.<\/p>\n<p>\u2022 Toe sy in 2010 deur Interflora gekies is om op Distrik sewe te dien.<\/p>\n<p>\u2022 &#8216;n Besliste hoogtepunt was toe sy die voorblad van die Middelburg Observer gehaal het toe die brug tussen Middelburg en eMalahleni weggespoel het en sy elke dag hoofweg om moes ry terug plaas toe.<\/p>\n<p>\u2022 Die Blommeskou in die Midpark Sentrum toe Azalea 20 jaar oud was.<\/p>\n<p>\u2022 Die kranslegging verlede jaar by die Konsentrasiekamp begraafplaas toe sy namens &#8220;Ma en Kind&#8221; &#8216;n krans moes l\u00ea. Alhoewel dit net as &#8216;n voorstelling gedien het, was dit baie m\u00e9\u00e9r vir haar en het die trane geloop toe sy die selfgemaakte krans op een van die grafte neerl\u00ea. &#8220;My eie ouma het die konsentrasiekamp oorleef. Haar broertjie het gesterf. Daardie krans was ter wille van die geskiedenis, maar ook ter wille van my eie bloed wat daar begrawe is.&#8221;<\/p>\n<p>Die grootste laagtepunt in haar lewe was toe haar man, Pieter, op 23 Augustus 2001 wreed op hul plaas met ysters doodgeslaan is. &#8220;Ek was stukkend, maar ek het net aan die Here vasgehou en dit het my &#8216;n beter en sterker mens gemaak. Ek moes leer om te vergewe en vry te spreek.&#8221;<\/p>\n<p>Hierdie traumatiese gebeure het haar ook geleer om empatie te h\u00ea met elke persoon wat inkom om hul blomme vir begrafnisse te bespreek.<\/p>\n<p>Die mooiste kompliment wat sy ooit gekry het, was uit die mond van die redakteur van die Observer. &#8220;Hy het eendag saam met sy seun in die winkel ingekom en vir sy seun ges\u00ea: &#8216;Hierdie vrou is &#8216;n merkwaardige vrou.&#8221;<\/p>\n<p>Hordes ander staaltjies word vertel en sy sluit af met di\u00e9 woorde: &#8220;Na 35 jaar is dit met &#8216;n dankbare hart dat ek my Skepper vereer wat my gehelp en gedra het, my gesondheid gegee het en inspireer, want elke dag is nog &#8216;n uitdaging!&#8221;<\/p>\n<p>\u2022 Die bloemiste kan gevolg word op Facebook (Azalea Bloemiste) of op Pinterest (Azalea_Florist).<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Na 35 jaar as eienaar van Azalea Bloemiste, bly elke rangskikking vir Marieta Hattingh &#8216;n uitdaging.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":25796,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-25795","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/25795","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=25795"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/25795\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/25796"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=25795"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=25795"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=25795"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}