{"id":25127,"date":"2015-02-16T11:27:00","date_gmt":"2015-02-16T09:27:00","guid":{"rendered":"http:\/\/mobserver.co.za\/?p=25127"},"modified":"2015-02-19T13:30:17","modified_gmt":"2015-02-19T11:30:17","slug":"grootste-boord-afrika-vernietig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/02\/16\/grootste-boord-afrika-vernietig\/","title":{"rendered":"Grootste boord in Afrika vernietig"},"content":{"rendered":"<div><span style=\"font-family: Arial;font-size: small\">&#8220;Die Ligthelms se perskes is weg as gevolg van &#8216;n dorp wat die Steve Tshwete Munisipaliteit langs die grootste geelperskeboord in Afrika opgerig het,&#8221; s\u00ea mnr. Johan Ligthelm, tussen saamgepersde lippe.<br \/>\n<\/span><\/div>\n<div><\/div>\n<div><span style=\"font-family: Arial;font-size: small\">Hy is moeg gesukkel. Moeg om diewe te probeer vastrap wat met kratte perskes bokant hul koppe deur geknipte drade spring. Diewe wat kabels afsny. <\/span><\/div>\n<div><\/div>\n<div><span style=\"font-family: Arial;font-size: small\">Dieselfde diewe wat implimente, sleepwaens en waterkarre gevat en store geplunder het. Wat, nadat hulle sy kweekboompies gesteel het, dit sommer voor in hul eie tuine geplant het.<br \/>\n<\/span><\/div>\n<div><\/div>\n<div><span style=\"font-family: Arial;font-size: small\">Hy is ook moeg om in vrees te lewe. &#8220;Ek is die teiken, as hulle my doodmaak, het hulle 500 hektaar weiding vir hul beeste. Dit is &#8216;n daaglikse stryd. Elke oggend as ons wakker word is daar iets gesteel.&#8221;<br \/>\n<\/span><\/div>\n<div><\/div>\n<div><span style=\"font-family: Arial;font-size: small\">Mnr. Ligthelm het die joernalis vir &#8216;n halwe dag deur sy plaas geneem, glimlaggend staaltjies vertel oor hoe sy oupa-hulle op die plaas begin het 98 jaar gelede. <\/span><\/div>\n<div><\/div>\n<div><span style=\"font-family: Arial;font-size: small\">Van hoe hy as tienjarige sy eerste Alberta perskeboompie geplant het en hy 10 sjielings betaal is toe hy sy eerste krat perskes van die boom kon haal. Hy het selfs tw\u00e9\u00e9 grade agter sy naam gekry (BA Agric Pomologie) sodat hy sy kennis in die plaas kon inploeg.<br \/>\n<\/span><\/div>\n<div><\/div>\n<div><span style=\"font-family: Arial;font-size: small\">Nou is alles daarmee heen, nadat die nuwe Somapepa woongebied, wat deur die munisipaliteit tussen &#8216;n klomp boere se plase &#8216;n paar jaar gelede gebou is, ook misdadigers gelok het.<br \/>\n<\/span><\/div>\n<div><\/div>\n<div><span style=\"font-family: Arial;font-size: small\">Mnr. Ligthelm s\u00ea die probleme het al drie jaar gelede begin, maar verlede jaar was die ergste ooit. &#8220;Die diewe kom pluk saam met die plukkers en as hulle uitgevang word, dan spring hulle dwars oor die agt voet diep gat en hardloop weg, of geepad in &#8216;n taxi. Hulle pluk ook v\u00f3\u00f3r ligdag en kry 18 sakke perskes in &#8216;n taxi, wat altyd langs die pad vir hulle wag.&#8221; Vir kilometers kan daar gesien word hoe drade oopgesny is om toegang tot die boorde te kry.<br \/>\n<\/span><\/div>\n<div><\/div>\n<div><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/25131\/boere-het-gewaarsku-2\/\">Boere het gewaarsku<\/a><\/div>\n<div><\/div>\n<div><span style=\"font-family: Arial;font-size: small\">Nadat hy verlede jaar R5.4 milj. verliese gely het weens diefstalle net in die perskeboord alleen, het hy besluit om nie vanjaar weer die perskes gereed te kry nie. &#8220;Ek wou nie geld spandeer om werkers te kry om uit te dun of te snoei nie en het maar die beeste ingejaag om die perskes wat aan die bome sit te vreet. My diere is darem spekvet.&#8221;<br \/>\n<\/span><\/div>\n<div><\/div>\n<div><span style=\"font-family: Arial;font-size: small\">Volgens mnr. Ligthelm &#8220;dra ek nou by tot die hongersnood, want daar is 300 mense wat nie tydens die binne-seisoen werk het nie.&#8221;<br \/>\n<\/span><\/div>\n<div><\/div>\n<div><span style=\"font-family: Arial;font-size: small\">Hy het nog net &#8216;n paar plaaswerkers wat onder andere na die vrugteboom kwekery en die beeste omsien. Weens die gevaar van aanvalle, moes hy perde aanskaf sodat sy beeswagters per perd die beeste oppas.<br \/>\n<\/span><\/div>\n<div><\/div>\n<div><span style=\"font-family: Arial;font-size: small\">Mnr. Ligthelm glo nie hy sal ooit weer perskes te koop kan aanbied nie en s\u00ea &#8220;om iewers anders oor te begin, sal sowat R50 miljoen kos, want dit is die waarde wat jy hier voor jou sien,&#8221; en hy wys oor die boorde, die dam wat hyself vir 16 maande en 16 ure per dag gebou het, en die res van die plaas.<br \/>\n<\/span><\/div>\n<div><\/div>\n<div><span style=\"font-family: Arial;font-size: small\">&#8220;My hande is afgekap, hoe gaan ons ons 100-jarige bestaansjaar oor twee jaar hier kan vier? Ons kan nooit weer perskes bedryf nie. Ons bly nou net hier in ons eie tronk. Die Ligthelm perskeboedery is verby. Net &#8216;n wonderwerk kan ons red.&#8221;<\/span><\/div>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Miljoene rande se skade weens diefstalle het die grootste perskeboord in Afrika, die Ligthelm Kwekery, vernietig &#8211; mense sal nooit weer aan di\u00e9 sappige vrugte uit hul boorde kan smul nie.<\/p>\n","protected":false},"author":2844,"featured_media":25128,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-25127","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/25127","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/2844"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=25127"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/25127\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/25128"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=25127"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=25127"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=25127"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}