{"id":24857,"date":"2015-02-11T00:00:00","date_gmt":"2015-02-10T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/24857\/bloubloed3\/"},"modified":"2015-02-17T16:47:09","modified_gmt":"2015-02-17T14:47:09","slug":"bloubloed3","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/opinion-edition\/blogs\/2015\/02\/11\/bloubloed3\/","title":{"rendered":"Bloubloed"},"content":{"rendered":"<p>Hier volg my W\u00eareldbekerherinneringe:<\/p>\n<p>\u2022 1992 in Australi\u00eb en Nieu-Seeland (was vier jaar oud):<\/p>\n<p>In 1992 het die krieketgogga reeds gebyt en volgens oorlewering het ek verskeie tennisballe oor my ouma se draadheining die Bethalstrate ingeslaan. Maar van die krieket op die ou bokstelevisie onthou ek nie veel nie.<\/p>\n<p>Later het ek in tydskrifte en krieketboeke gelees van Allan Donald se eerste aflewering na die Aussie-aanvangskolwer, Geoff Marsh.<\/p>\n<p>Marsh het \u2019n dun buiterandjie na Dave Richardson gekry en die Suid-Afrikaners het heel opgewonde begin se\u00ebvier, net om te sien dat die skeidsregter nie hul entoesiasme deel nie. Trouens, hy het gelyk soos \u2019n nugter man op \u2019n nuwejaarspartytjie &#8211; hy het nie lekker geweet wat aangaan nie.<\/p>\n<p>Dan was daar natuurlik Jonty Rhodes se swaeltjie-duikslag om vir Inzamam ul-Haq uit te hardloop, Meyrick Pringle se 4\/11 teen die Wes-Indiese Eilande en natuurlik die 22-van-1-bal-ramp teen Engeland in die halfeindstryd.Die beste ding van hierdie w\u00eareldbeker is dat ons Australi\u00eb sommer in die eerste wedstryd geklop het. En hulle het nie eens die halfeindstryd gehaal nie.<\/p>\n<p>* Wenners: Pakistan<\/p>\n<p>* Beste herinnering: kan niks onthou nie.<\/p>\n<p>\u2022 1996 in Asi\u00eb (was agt jaar oud):<\/p>\n<p>Het \u2019n hele plakboek vol krieketfoto\u2019s van di\u00e9 w\u00eareldbeker gehad. Australi\u00eb se Mark Waugh was die groot held. Sy foto was elke week in die koerant omdat hy boulaanvalle links en regs stukkend geslaan het.<\/p>\n<p>Suid-Afrika het ook in 1996 goed gelyk en Gary Kirsten het die kollig met 188 nie uit nie teen die Verenigde Arabiese Emirate gesteel. Sy openingsmaat, Andrew Hudson, het teen Holland ook gewys waartoe hy in staat is toe hy 161 lopies gemoker het.<\/p>\n<p>Ons trein is egter kwaai in die kwarteindstryd deur Brian Lara ontspoor. Die Windies-kolfprins het \u2019n honderdtal geslaan en sonder Donald in ons boulaanval het ons maar bra amateuragtig gelyk.<\/p>\n<p>* Wenners: Sri Lanka.<\/p>\n<p>* Beste herinnering: Kirsten het met \u2019n Suid-Afrikaanse vlag as kopdoek gekolf toe hy sy rekordtelling geslaan het. Onthou hoe ek in al my skoolwedstryde daarna met \u2019n kopdoek gaan kolf het. Behalwe ek het nie \u2019n vlag gehad nie en moes een van my ma se serpe gebruik.<\/p>\n<p>\u2022 1999 in Engeland (was 12 jaar oud):<\/p>\n<p>Waarskynlik ons beste span by \u2019n w\u00eareldbeker met name soos Klusener, Kallis, Cullinan, Gibbs, Donald, Rhodes, Pollock en Cronje, in ons geledere. En ons het dinge steeds opgemors.<\/p>\n<p>Hoe minder daar van daai berugte Lance Klusener\/Allan Donald-uithardloopfiasko in die halfeindstryd ges\u00ea word, hoe beter. My pa het nog op en af langs die sitkamerbank gespring want hy het gedink ons het na die eindstryd deurgedring. Die skok het hom \u2019n paar minute later soos \u2019n vuishou getref. Hy het te hard op die riempiesstoel neergeslaan en summier dwarsdeur die riempies geval.<\/p>\n<p>Moet s\u00ea, dit het nogal baie met die herstelproses na die teleurstelling gehelp.<\/p>\n<p>*Wenners: Australi\u00eb<\/p>\n<p>* Beste herinnering: Lance Klusener se heldedade.<\/p>\n<p>\u2022 2003 in Suid-Afrika (was 16 jaar oud):<\/p>\n<p>Herschelle Gibbs slaan 143 voor \u2019n stampvol Wanderers en ons verloor steeds teen Nieu-Seeland&#8230;<\/p>\n<p>Ons speel in \u2019n ongelooflike vervelige wedstryd teen Kanada&#8230;<\/p>\n<p>Shaun Pollock sukkel met die Duckworth\/Lewis-berekeninge en ons maak droog op \u2019n nat Kingsmead&#8230;<\/p>\n<p>* Wenners: Australi\u00eb<\/p>\n<p>* Beste herinnering: Ek het daardie jaar die beste krieket van my lewe gespeel en ons skool het selfs vir Affies se vierde span gewen!<\/p>\n<p>\u2022 2007 in Wes-Indi\u00eb (20 jaar oud):<\/p>\n<p>Onthou hoe AB de Villiers so wisselvallig soos die JSE Effektebeurs op \u2019n koue Maandag was. Vier nulletjies en \u2019n telling van 146 teen die gasheerland.<\/p>\n<p>Jacques Kallis &#8211; met Mickey Arthur se \u201cbrave cricket\u201d in sy ore &#8211; vir Glenn McGrath stormloop net om skoongeboul te word. Ons was iets soos 27\/5 teen Australi\u00eb in die halfeindstryd. Dinge het maar redelik suid gegaan, soos een van my tjomme sou s\u00ea.<\/p>\n<p>*Wenners: Australi\u00eb<\/p>\n<p>* Beste herinnering: Ek het onderskeidings in my tweede jaar op universiteit gekry.<\/p>\n<p>\u2022 2011 in Indi\u00eb (24 jaar oud):<\/p>\n<p>Ons was goed.<\/p>\n<p>Het vir Indi\u00eb in \u2019n riller gewen en die hele volk het feesgevier want ons het die gewraakte \u201cchokers\u201d-etiket vir \u2019n ses geslaan.<\/p>\n<p>Toe verloor ons in die kwarteindstryd teen Nieu-Seeland.<\/p>\n<p>Soos Shaun Pollock in \u2019n televisie-onderhoud ges\u00ea het: \u201cIt was a bitter pill to swallow.\u201d<\/p>\n<p>* Wenners: Indi\u00eb<\/p>\n<p>* Beste herinnering: Dale Steyn se vyf paaltjies teen Indi\u00eb.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Krieketw\u00eareldbeker is om die draai en as \u2019n veteraan-ondersteuner (sedert 1992) ken ek elke Suid-Afrikaanse tragedie en komedie wat netjies verweef is tussen \u2019n paar uithalervertonings op die krieketveld.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":24894,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Johann Gresse","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[17,508,2888],"tags":[],"class_list":["post-24857","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blogs","category-editors-choice","category-opinion-edition"],"category_labels":{"Category":"Opinion","SubCategory":"Blogs"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/24857","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=24857"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/24857\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/24894"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=24857"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=24857"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=24857"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}