{"id":24464,"date":"2015-02-04T00:00:00","date_gmt":"2015-02-03T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/24464\/bloubloed\/"},"modified":"2015-02-04T08:35:39","modified_gmt":"2015-02-04T06:35:39","slug":"bloubloed","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/opinion-edition\/blogs\/2015\/02\/04\/bloubloed\/","title":{"rendered":"Bloubloed"},"content":{"rendered":"<p>En waar ander kla om Vrydagmiddae in 36\u00b0C \u2019n paar verspringfoto\u2019s te neem, geniet ek dit weer. Trouens ek bied selfs heel vrywilliglik aan om te gaan.<\/p>\n<p>My eie atletiese vermo\u00eb is heel beskeie: dit het altyd gelyk of ek verspring by die hoogspringitems doen, terwyl ek een keer my pa afgepers het om \u2019n brief te skryf sodat ek die Interhuisuitdunne kan misloop.<\/p>\n<p>Het wel in 2005 waarskynlik die 1500m Afrikarekord met meer as 12 minute verbeter, maar dit was net omdat ek die tydhouer gefnuik het deur kortpaaie te neem. Onthou hoe almal super opgewonde was. Hulle was egter net vir \u2019n rukkie opgewonde.<\/p>\n<p>Daarom is dit lekker om skoolatlete af te neem wat hul storie ken. In die afgelope paar jaar was ek bevoorreg om sterre soos Donovin Stebbing, die Rens-gesin en kie af te neem.<\/p>\n<p>Hierdie jaar haal Ho\u00ebrskool Middelburg se Lebogang Maloka die hoofopskrifte &#8211; hy spring verder as sewe meter en kan die 100m en 200m in belaglike tye afblits.<\/p>\n<p>Dit is egter nie net die supersterre wat vir goeie foto\u2019s sorg of \u2019n atletiekbyeenkoms maak nie.<\/p>\n<p>Soms is \u2019n oorentoesiastiese ouer (en daar is baie van hulle &#8211; veral by die laerskole) of \u2019n kind wat net hardloop om dit geniet jou beste foto\u2019s. O ja, atletiese juffrouens is ook altyd \u2019n ekstra byvoordeel op \u2019n warm dag langs die hoogspringmat of skyfwerphok.<\/p>\n<p>Toegegee, s\u00f3 \u2019n atletiekdag kan nogal lank raak. Hier is \u2019n paar oorlewingswenke:<\/p>\n<p>\u2022 Pak genoeg sonbrandroom in. Anders is jy teen 16:00 rooier as \u2019n tamatie en die volgende dag meer spyt as iemand wat baie spyt is oor iets.<\/p>\n<p>\u2022 Ken jou koelte spots. Kan of \u2019n reuse boom of die gewigstootafrigter se skaduwee wees.<\/p>\n<p>\u2022 Koop vir jou \u2019n stel shoulder pads of werk hard aan jou skouers en plofkrag in die gimnasium. Kom handig te pas wanneer jy ander fotograwe uit die pad moet stamp wat voor jou indruk.<\/p>\n<p>\u2022 Onthou jy hoe ge\u00efrriteerd jy met jou ma of ouma was toe hulle destyds aan jou gekarring het om \u201ciets warms\u201d saam te neem? Hulle het dalk \u2019n punt beet gehad wat atletiekbyeenkomste betref. Want so warm as wat dit 14:30 was, so koud kan dit om 22:30 tydens die laaste afloslopie wees.<\/p>\n<p>\u2022 Wees op jou hoede. Danksy tegnologiese vooruitgang hoor g\u2019n mens, behalwe die atlete, die wegspringskoot nie. Die verbasing is groot as jy sukkel-sukkel met jou kamera oor die baan strompel, net om skielik vir 100m-atlete te koes.<\/p>\n<p>Maar atletiekbyeenkomste en veral die Interho\u00ebr is van die lekkerste tye by die koerant&#8230;ek is bevoorreg om dit by te woon.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Groen gras, sonbrandroom, roomys, spykerskoene, seer kele en megafone&#8230; Jip, di\u00e9 kombinasie kan net een ding beteken: skoolatletiek!<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":23891,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Johann Gresse","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[17,508,2888],"tags":[],"class_list":["post-24464","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blogs","category-editors-choice","category-opinion-edition"],"category_labels":{"Category":"Opinion","SubCategory":"Blogs"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/24464","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=24464"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/24464\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/23891"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=24464"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=24464"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=24464"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}