{"id":23977,"date":"2015-01-22T18:00:00","date_gmt":"2015-01-22T16:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/23977\/vrou-sterf-in-karavaan-2\/"},"modified":"2015-01-22T13:54:52","modified_gmt":"2015-01-22T11:54:52","slug":"vrou-sterf-in-karavaan-2","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/01\/22\/vrou-sterf-in-karavaan-2\/","title":{"rendered":"Vrou sterf in karavaan"},"content":{"rendered":"<p>Me. Anita Booyens (49) was reeds dood toe haar man, Leon, haar Sondagoggend wou wakker maak.<\/p>\n<p>&#8220;Ons het Saterdagaand omstreeks middernag gaan slaap. Ek het haar vyfuur gekry net soos sy gaan l\u00ea het. Ek kon nie &#8216;n pols voel nie, maar my kop het vir my ges\u00ea dit kan nie waar wees nie!&#8221;<\/p>\n<p>ER24 is ontbied en hulle was binne 15 minute daar omdat hulle oppad terug vanaf &#8216;n ongeluk in Kranspoort was.<\/p>\n<p>Kort na hul aankoms het hulle me. Booyens dood verklaar. Mnr. Booyens s\u00ea sy vrou het aan &#8216;n hartaanval beswyk.<\/p>\n<p>Hy was teen Woensdag nog geskok oor die gebeure. &#8220;Sy het Saterdagaand nie eers pynmedikasie geneem nie.&#8221; Me. Booyens het van haar ribbes gebreek toe sy op 7 Januarie in die bad by hul huis geval het.<\/p>\n<p>Hy onthou hoe opgewonde hulle was oor die naweek by De Voetpadkloof.<\/p>\n<p>Saterdagoggend het hy haar wakker gemaak met &#8216;n sjampanje-ontbyt in die bed en hulle het saam die dag geniet.<\/p>\n<p>Ander kampers het later vertel dat die tweetjies smoorverlief gelyk het. Daar is heeltyd foto&#8217;s geneem. Mnr. Booyens het die kamera gestel en op iets neergesit en dan gehardloop om ook in die foto te wees.<\/p>\n<p>Die Booyens egpaar is twee jaar gelede getroud.<\/p>\n<p>Hy vertel hoe gelukkig hulle was en dat hulle mekaar op elke gebied aangevul het.<\/p>\n<p>&#8220;Dit was die gelukkigste tyd van my lewe. Ons het dieselfde belangstellings gehad. Anita was &#8216;n vrolike mens en het met almal oor die weg gekom.&#8221;<\/p>\n<p>Mnr. Booyens vertel trots dat sy vrou &#8216;n paar jaar gelede een van die jongste vrouekolonelle in die polisie was. Sy het op &#8216;n stadium by die okkulte eenheid en later by die getuie beskermingseenheid gewerk.<\/p>\n<p>Na haar aftrede het sy versekering verkoop vir unies.<\/p>\n<p>Die werk het haar egter lang ure van die huis af weggehou en hulle het saam besluit dat sy ophou werk.<\/p>\n<p>&#8220;Wie gaan nou na my kyk?&#8221; Het hy emosioneel uitgeroep.<\/p>\n<p>Me. Booyens word oorleef deur mnr. Booyens, haar ma, Phylis en susters Susan, Dina en Amelia.<\/p>\n<p>Die begrafnis was Donderdag uit die Kruisgenerasie gemeente. Die pastoor wat die paartjie in Oktober 2012 in die eg verbind het op Barberton, past. Leon Crause, het die diens gelei.<\/p>\n<p>\u2022 Mnr. Booyens wil graag almal wat hom in hierdie tyd ondersteun bedank.<\/p>\n<p>&#8216;n Spesiale woord van dank gaan aan die personeel en kampeerders by De Voetpadkloof wat hom Sondag bygestaan het. &#8220;Vreemde mense in die kamparea het koffie aangedra en my vertroos.&#8221;<\/p>\n<p>Hy bedank ook die span van ER24 &#8220;vir hul uitstekende, professionele diens.&#8221;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Wegbreek naweek om &#8216;n vrou se verjaardag te vier by De Voetpadkloof het hartseer ge\u00ebindig toe sy dood in &#8216;n karavaan aangetref is.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":23978,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-23977","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/23977","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=23977"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/23977\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/23978"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=23977"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=23977"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=23977"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}