{"id":23888,"date":"2015-01-20T00:00:00","date_gmt":"2015-01-19T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/23888\/sport1\/"},"modified":"2015-01-20T11:55:35","modified_gmt":"2015-01-20T09:55:35","slug":"sport1","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/opinion-edition\/blogs\/2015\/01\/20\/sport1\/","title":{"rendered":"&#8220;Lei deur &#8216;n voorbeeld&#8221; en ander sportjoernalistiekgevare"},"content":{"rendered":"<p>Dit moet soos AB de Villiers se zoep-zap-en-zirts-kolfbeurt teen Wes-Indi\u00eb wees: trek soveel moontlike aandag in die kortste moontlike tyd (of dan spasie).<\/p>\n<p>Kry jy d\u00edt reg en lesers sal die res van jou verslag lees. En wie weet, dalk l\u00ea daar verder \u00f3\u00f3k \u2019n paar verskuilde sportjoernalistiekjuwele.<\/p>\n<p>Om oor sport in \u2019n gemeenskapskoerant te skryf, bied \u2019n paar unieke uitdagings.<\/p>\n<p>Die grootste hiervan is seker die feit dat die koerant eers \u2019n paar dae n\u00e1 die afloop van \u2019n wedstryd verskyn &#8211; anders as die groot nasionale Sondagkoerante wat soms net \u2019n paar uur na die aksie verby is, reeds op straat is.<\/p>\n<p>Om die rede is dit altyd belangrik om vir iets anders te soek om jou berig oor die gebeure in te kleur \u00e9n om relevant te bly.<\/p>\n<p>Praat met die kapteins of die speler van die wedstryd en hoor sy opinie oor die gebeure. Vra interessante vrae. Die gevaar wat jy egter h\u00ed\u00e9r loop, is dat hul antwoorde ingeoefen mag klink.<\/p>\n<p>Met ander woorde, die gevreesde \u201cek-probeer-maar-lei-deur-\u2019n-voorbeeld-te-stel\u201d of die \u201cdie-span-wat-hul-kanse-die-beste-benut\u201d-sindroom.<\/p>\n<p>Dankie tog ek werk vir \u2019n koerant waar skoolsport van super belang vir die gemeenskap is!<\/p>\n<p>Tieners is slim, skerp en glad nie bang om snaaks te wees nie.<\/p>\n<p>Soos die keer toe ek \u2019n o\/19 Pumakrieketspeler gevra het waarvoor hy die bangste sal wees: om sy matriekeindeksamen te skryf of om vir Mitchell Johnson op die blitsige WACA-kolfblad te trotseer.<\/p>\n<p>Sonder om te blik of te bloos het hy met di\u00e9 kwinkslag vorendag gekom: \u201cDefinitief om vir Mitchell Johnson te face. Om eindeksamen te skryf, speel jy met jou toekoms. Om vir Johnson te face, speel jy met jou lewe!\u201d.<\/p>\n<p>Hulle kan egter aanvanklik op hul senuwees wees as jy met die onderhoud begin. Indien dit die geval is, skop ek altyd af deur \u2019n baie simpel vraag uit die bloute te vra. Iets soos of hulle tevrede is met die snoepie se pepper steak pies.<\/p>\n<p>Normaalweg is hulle s\u00f3 oorbluf, dat hulle onmiddellik op hul gemak is.<\/p>\n<p>Die kere wat ek wel \u2019n wedstrydverslag moet skryf &#8211; soos gedurende vanjaar se Cravenweek, die Classic Clash of \u2019n Middelburg Rugbyklub\/Witbank Ferro-wedstryd &#8211; is dit belangrik om te sorg dat die lesers voel of hulle deel van die aksie was.<\/p>\n<p>Hulle moet die plettervat op Johan van der Walt v\u00f3\u00e9l, terwyl hulle die toorkuns en spoed van Abednego Mamushi in hul geestesoog moet s\u00ed\u00e9n, nie net die woorde op papier nie.<\/p>\n<p>Dit is \u2019n voorreg om oor sport te skryf. En in Middelburg is ons gese\u00ebnd met baie talentvolle sportmanne en -vroue.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die kuns om \u2019n goeie sportstorie te skryf, l\u00ea alles in die inleidingsparagraaf.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":23891,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Johann Gresse","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[17,508,2888],"tags":[],"class_list":["post-23888","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blogs","category-editors-choice","category-opinion-edition"],"category_labels":{"Category":"Opinion","SubCategory":"Blogs"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/23888","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=23888"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/23888\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/23891"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=23888"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=23888"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=23888"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}