{"id":23844,"date":"2015-01-21T00:00:00","date_gmt":"2015-01-20T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/23844\/rowers-wou-vyfjarige-skiet\/"},"modified":"2015-02-09T07:29:03","modified_gmt":"2015-02-09T05:29:03","slug":"rowers-wou-vyfjarige-skiet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/01\/21\/rowers-wou-vyfjarige-skiet\/","title":{"rendered":"Rowers wou vyfjarige skiet"},"content":{"rendered":"<p>&#8220;Ek is s\u00f3 dankbaar my kinders is okay,&#8221; het me. Charmaine Kotze Vrydagoggend dankbaar ges\u00ea. Sy het elke oomblik van Woensdagnag se gebeure by hul huis in Lebombostraat (Aerorand) haarfyn onthou.<\/p>\n<p>Sy het omstreeks middernag wakker geword, met die yskoue loop teen haar kop en iemand wat vir haar skree: &#8220;Get up, get up!&#8221;<\/p>\n<p>Me. Kotze is hardhandig uit die bed geruk en die groep van vier rowers het dadelik vir geld gevra. Sy het vir hulle beduie waar haar handsak in die huis is en dat hulle daarin moet kyk vir die geld.<\/p>\n<p>Hulle het haar egter duidelik laat verstaan dat hulle alreeds &#8216;n rukkie in die huis is en dat hulle klaar die geld in haar handsak gekry het. Hulle was egter nie tevrede met die sowat R800 in die beursie nie, hulle wou m\u00e9\u00e9r h\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;As jy nie m\u00e9\u00e9r geld gee nie, gaan ons jou dogtertjie skiet. Ons weet waar sy l\u00ea,&#8221; het die rower wat die rewolwer teen haar kop gehou het, dreigend ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die groep het haar hande met skoenveters vasgebind en haar voete met &#8216;n haardro\u00ebrkabel. Hierna het hulle die kamer deursoek en &#8216;n kluis ontdek. Hulle wou weet waar die sleutel is en me. Kotze het hulle gevra om haar voete los te maak, sodat sy hulle kan gaan wys.<\/p>\n<p>Nadat hulle die sleutel by haar gekry het, het hulle haar weer op die bed neergegooi en haar voete vasgemaak. Alles is uit die kluis uit in kussingslope gegooi en hulle is uit by haar kamer.<\/p>\n<p>&#8220;Toe ek hoor hulle gaan by die trappe af na my seuns se kamer, het ek my voete losgewoel en agter hulle teen die trap afgehardloop, om die kinders te gaan waarsku. Die leier van die groep was egter nog bo en het my van agter af in die hande gekry en met die rewolwer teen die kop geslaan.&#8221;<\/p>\n<p>Die booswigte was teen hierdie tyd by die tienjarige Ruan in die kamer. Hy is ook hardhandig uit die bed gepluk en op &#8216;n stadium teen die kop geslaan met die wapen.<\/p>\n<p>Divan (13) het die geraas in die huis gehoor en met sy selfoon probeer om sy oupa-hulle te bel. Die rowers was egter te vinnig en het ook by sy kamer ingestorm en die selfoon by hom gegryp.<\/p>\n<p>Me. Kotze het in afgryse gekyk hoe die rowers die rewolwer laai en op haar twee seuns rig. Sy het egter voor die kinders ingespring en gepleit: &#8220;Ons sal saamwerk, asseblief, bly net kalm&#8230;&#8221;<\/p>\n<p>Die groep het daarna me. Kotze en haar seuns se hande en voete vasgemaak met gordynwegbinders en selfoonkabels en is kort daarna uit die huis uit.<\/p>\n<p>&#8216;n Ruk nadat die bende weg is, het hulle hul losgewoel en gehardloop na Zandri (5) se kamer. Alhoewel die rowers haar nie wakker gemaak het nie, was hulle wel in haar kamer, want die tablet wat langs haar bed was, is gesteel.<\/p>\n<p>&#8220;Dit is een ding om wakker te word en hulle het by jou huis ingebreek, maar dit is &#8216;n ander ding om deur rowers met &#8216;n wapen teen jou kop wakker gemaak te word!&#8221;<\/p>\n<p>Die hele huis is gevandaliseer en alle elektroniese en elektriese artikels wat hulle in die hande kon kry is gebuit.<\/p>\n<p>\u2022 Die vermoede bestaan dat hulle met &#8216;n voertuig moes gekom het, want meer as R150 000 se huisware is gesteel, waaronder twee platskerm televisiestelle, almal se selfone, die seuns se Solomon-tekkies, tablette, me. Kotze se juwele, &#8216;n skootrekenaar, twee rekenaars en kruideniersware.<\/p>\n<p>Van die artikels is in kussingslope geprop en een van die kinders se skooltasse se boeke is uitgegooi om ook huisraad in te pak.<\/p>\n<p>\u2022 Me. Kotze s\u00ea die leier van die groep, wat die rewolwer hanteer het, was sowat 1.9m lank. Almal het blou oorpakke gedra en was tussen 30 en 35 jaar oud. Sy vermoed hulle het so gou geepad nadat hulle by die seuns in die kamer was, omdat hulle gedink het Divan het moontlik reeds iemand gebel vir hulp. Die seun kon egter nie gou genoeg bel nie.<\/p>\n<p>\u2022 Die boosdoeners het toegang tot die huis verkry, deur &#8216;n skuifdeur in die sitkamer oop te breek. Hulle het agter oor die erf se muur gespring.<\/p>\n<p>\u2022 Me. Kotze wil graag almal bedank wat hulle in hierdie tyd ondersteun.<\/p>\n<p>\u2022 Verlede Vrydag is daar helder oordag ingebreek by die Posthumus gesin se huis in Hoopstraat. Die hele huis is op soortgelyke wyse deursoek vir waardevolle artikels. Die dogter se skooltas is ook uitgegooi om die buit in te pak.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/24666\/inbraak-terwyl-vrou-slaap\/\">Opvolg: Inbraak terwyl vrou slaap<\/a><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met &#8216;n rewolwer teen haar kop is &#8216;n ma gedreig dat as sy nie nog geld vir rowers gee nie, hulle haar vyfjarige dogtertjie gaan skiet.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":23845,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-23844","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/23844","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=23844"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/23844\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/23845"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=23844"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=23844"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=23844"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}