{"id":23693,"date":"2015-01-28T00:00:00","date_gmt":"2015-01-27T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/23693\/58-teen-limpopo\/"},"modified":"2015-01-28T08:41:30","modified_gmt":"2015-01-28T06:41:30","slug":"58-teen-limpopo","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/sports-news\/school-sports-news\/2015\/01\/28\/58-teen-limpopo\/","title":{"rendered":"5\/8 teen Limpopo"},"content":{"rendered":"<p>Di\u00e9 Ho\u00ebrskool Middelburg-hotklou het sommer op die eerste dag die kolforde van Limpopo aan flarde geboul, toe hy as openingsbouler 5\/8 geneem het.<\/p>\n<p>Hy het uiteindelik 10 paaltjies in die toernooi laat kantel &#8211; die meeste in sy span. Hy tel ook onder die voorste paaltjievrate in die toernooi, terwyl sy gemiddeld van 8.80 lopies per paaltjie die vierde beste onder die top-boulers is.<\/p>\n<p>Snaaks genoeg was hy nie altyd &#8216;n naatbouler nie. In sy dae by Laerskool Middelburg was hy &#8216;n draaier, voor hy in graad sewe aan sy snelboulvaardighede begin skaaf het.<\/p>\n<p>Moet ook nie dink hy is &#8216;n Mitchell Johnson wat kolwers laat bontstaan met sy kartetse nie. Potgieter is meer soos &#8216;n linkshandige Glenn McGrath &#8211; hy s\u00ea juis dat geduld sy groot sterk punt op die krieketveld is.<\/p>\n<p>&#8220;As jy &#8216;n kolwer drie keer agtereenvolgens buite die wegpen klop, help dit nie jy raak frustreerd en probeer nuwe dinge nie. As jy hard werk, sal jy die vrugte pluk.&#8221;<\/p>\n<p>&#8220;Verder verkies ek dit om na regshandige kolwers te boul. Ek dink die hoek wat &#8216;n linkshandige bouler skep, is moeilik vir hulle om te trotseer.&#8221;<\/p>\n<p>Hoewel Potgieter met &#8216;n hoogste telling van 133 lopies spog, was dit nie een keer nodig dat hy sy beenskutte in Johannesburg moes aantrek nie. Die span se toporde-kolwers het gereeld die Pumawa deur die drif getrek.<\/p>\n<p>Die jong Pumas het teen Limpopo, Griekwas, Oostelikes, Titans en Oostelike Provinsie gespeel en almal geklop. &#8220;Die Titans was die moeilikste teenstanders want die Pretoriase skole is altyd sterk. Ons kolwers het egter in die wedstryd baie goed gedoen.&#8221;<\/p>\n<p>Hy speel al sedert sy graad vyf-jaar provinsiale skoolkrieket en mik daarna om vanjaar die Mpumalanga o\/19-span te haal &#8211; hoewel hy dan nog 17 jaar oud sal wees.<\/p>\n<p>Soos enige jong speler het hy drome om sy krieketloopbaan tot groot hoogtes te voer. En in Potgieter se geval koester hy oorsese drome.<\/p>\n<p>&#8220;Ek sal graag na skool na Engeland wil gaan om krieket te speel. Ek sal onder begin en myself opwerk om graafskapkrieket te speel. Yorkshire (&#8216;n graafskap wat al spelers soos Geoffrey Boycott, Jacques Rudolph en Michael Vaughan in hul geledere gehad het) is vir my &#8216;n goeie klub met &#8216;n ryke tradisie.&#8221;<\/p>\n<p>\u2022 Hoogste telling: 133 teen Limpopo<\/p>\n<p>\u2022 Beste boulontleding: 7\/9<\/p>\n<p>\u2022 Sy syfers gedurende die o\/17-week:<\/p>\n<p>Paaltjies: 10<\/p>\n<p>Lopies afgestaan: 88<\/p>\n<p>Gemiddeld: 8.80 lopies per paaltjies (vierde beste onder top-boulers)<\/p>\n<p>Lopies afgestaan per boulbeurt: 2.23 (beste onder top-boulers).<\/p>\n<p>\u2022 Sy 5\/8 teen Limpopo was die beste boulontleding op die eerste dag van die toernooi.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Elnu Potgieter het sy stempel dubbel en dwars by die nasionale o\/17-krieketweek in Johannesburg afgedruk. <\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":23694,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Johann Gresse","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[12,2886],"tags":[],"class_list":["post-23693","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-school-sports-news","category-sports-news"],"category_labels":{"Category":"Sport","SubCategory":"School sport"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/23693","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=23693"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/23693\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/23694"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=23693"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=23693"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=23693"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}