{"id":23687,"date":"2015-01-19T00:00:00","date_gmt":"2015-01-18T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/23687\/dorpe-in-chaos-gedompel\/"},"modified":"2015-01-19T11:43:31","modified_gmt":"2015-01-19T09:43:31","slug":"dorpe-in-chaos-gedompel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/01\/19\/dorpe-in-chaos-gedompel\/","title":{"rendered":"Dorpe in chaos gedompel"},"content":{"rendered":"<p>\u201cToe die munisipaliteit n\u00e1 die staking in Augustus ooreengekom het om die stakers te betaal, al het hulle nie gewerk nie, het hulle net daar \u2019n presedent geskep! Daar is tog wetgewing dat stakers nie betaal word nie!\u201d<\/p>\n<p>Tydens di\u00e9 staking het munisipale werkers gekla dat hulle nie beskermde drag het nie. Na talle onderhandelings het die premier toegegee dat die werkers \u2019n punt beet het en is hulle wel betaal, al was hulle nie by die werk nie.<\/p>\n<p>Toe daar dus w\u00e9\u00e9r gestaak is vroeg in Desember en hulle aan die einde van Desember nie betaal is nie, het alle hel op die dorp losgebars.<\/p>\n<p>Hierdie staking het gevolg nadat die bestuurder van Tegniese Dienste, mnr. Lukas Sindane, drie mense na \u2019n dissiplin\u00eare verhoor wou afbetaal.<\/p>\n<p>Die driestuks het hulle gewend tot die munisipale bestuurder, rdl. Thandi Shoba, en haar daarop gewys dat hulle ses maande voor hul dissiplin\u00eare verhoor al \u2019n grief teen mnr. Sindane ingesit het, wat nie aandag geniet het nie.<\/p>\n<p>Toe daar geen gehoor gegee word aan hul griewe nie, het almal gestaak en alle hel het losgebars. Die munisipale werkers het ge\u00ebis dat die burgemeester, rdl. Hamzer Ngewnya, die munisipale bestuurder, me. Shoba en mnr. Sindane afbetaal word.<\/p>\n<p>Dit het daartoe gelei dat die munisipale kantore die afgelope maand gesluit is en geen dienste betaal kan word nie. \u201cMense kan nie eers lisensies vir hul kinders wat universiteite toe gaan, uitneem nie!\u201d s\u00ea mnr. Van der Berg.<\/p>\n<p>Woede het aan die einde van Desember weer vlamgevat toe hulle boonop nie betaal is gedurende die tyd wat hulle gestaak het nie.<\/p>\n<p>\u201cDie ergste is, stakers mag nie inmeng met dienste nie, maar hulle het wel sover gegaan om waterpype en ander dienste te saboteur. Belfast se inwoners het nie water gehad op Kersdag nie. Jy kon wel gaan eet by Wimpy, maar jy mag nie hul toilette gebruik het nie!\u201d<\/p>\n<p>Mnr. Van der Berg meld dat die plaaslike polisie nie opgetree het nie en dat die burgemeester aangeklop het by die provinsiale kommissaris van polisie vir hulp. Polisielede van ander dorpe is intussen na Belfast gestuur om veiligheid van die inwoners te probeer verseker.<\/p>\n<p>Mnr. Van der Berg is uiters bekommerd oor die toedrag van sake op die dorp. \u201cVan die kleiner besighede kan nie verder oorleef nie en moes hul deure toemaak. Ons by die DA s\u00ea altyd kom ons vat \u2019n dorp en hef hom op, maar ek kan nie sien dat ons Belfast ooit weer gekickstart gaan kry nie!\u201d<\/p>\n<p>\u2022 Mnr. Van der Berg het verder sy kommer uitgespreek oor die veiligheid by die begraafplaas. \u201cDit is in die bosse t\u00e9\u00e9n die asgate en een van die toegangsroetes na die Siyathuthuka woongebied waar honderde mense daagliks loop. Dit is net te onveilig om soontoe te gaan. As jy nie afgestorwe familielede kan veras nie, sal ek aanraai dat jy hulle op \u2019n ander dorp gaan begrawe.\u201d<\/p>\n<p>\u2022 Mnr. Van der Berg s\u00ea hy kan ook nie sien dat die beplande sportsentrum vir oefensessies vir internasionale atlete (wat al lankal deur die Mpumalanga Departement van Sport en Rekreasie goedgekeur is) kan realiseer nie. \u201cDit is bykans teenaan Siyathuthuka en atlete se veiligheid sal nie verseker kan word nie.\u201d<\/p>\n<p>\u2022 Die Observer het verneem dat daar \u2019n man aangerand is wat foto\u2019s geneem het van die stakers. Dit is egter onbekend wie die man is.<\/p>\n<p>\u2022 \u2019n Werknemer van Emakhazeni se huis is in Dullstroom omsingel en die stakers het gedreig om sy huis af te brand. Daar was nie \u2019n polisievoertuig op Dullstroom beskikbaar nie en moes die lede wat in Belfast ontplooi is, gaan hulp verleen.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/23702\/mhluzi-burns\/\">Lees meer en sien Video hier: Middelburg, Mhluzi inwoners het die strate in gevaar 14 Januarie. <\/a><\/p>\n<p>\u2022 Inwoners van RDP-huise op Roossenekal het vanaf Woensdagaand alle in- en uitgange van Roossenekal geblok in opstand daarteen dat hulle al voor nuwejaar betaal het vir krag wat nie opgelaai is nie. Die groep het Vrydag al die munisipale kantore op di\u00e9 dorp met slotte toegesluit en eis dat die dienste, waarvoor hulle betaal het, aangesit word.<\/p>\n<p>Ander inwoners van Roossenekal het Donderdagoggend laat weet dat van hul kragmeters deur die stakers uitgeruk is deur die nag.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Totale chaos heers op Belfast in die Emakhazeni Munisipale area en DA voorsitter op Belfast, Ernst van den Berg, is oortuig dat hierdie staking die finale spyker in die dorp se doodskis gaan wees.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":23688,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,8,2],"tags":[],"class_list":["post-23687","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-local-municipal-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/23687","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=23687"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/23687\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/23688"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=23687"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=23687"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=23687"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}