{"id":23582,"date":"2015-01-15T00:00:00","date_gmt":"2015-01-14T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/23582\/man-skryf-boek-oor-aanval\/"},"modified":"2015-01-15T08:15:32","modified_gmt":"2015-01-15T06:15:32","slug":"man-skryf-boek-oor-aanval","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2015\/01\/15\/man-skryf-boek-oor-aanval\/","title":{"rendered":"Man skryf boek oor aanval"},"content":{"rendered":"<p>&#8220;Dit is &#8216;n sirkus. Ek kan dit nie glo nie!&#8221; het mnr. Seef Mulder uitgeroep, toe hy hoor dat sy eksvrou weer nie op die beplande hofdatum verskyn het nie.<\/p>\n<p>Me. Annemarie (Antz) Mulder het verskeie kere n\u00e1 die gebeure in 2013 vlugtig in die hof verskyn en is die saak uitgestel na 7 Augustus 2014 vir verhoor.<\/p>\n<p>Landdros Hans Combrink het egter op di\u00e9 dag die saak van die rol geskrap, omdat die staat nie gereed was om met die verhoor aan te gaan nie.<\/p>\n<p>Hy het tydens die hofverrigtinge ges\u00ea dat hy nie &#8220;sal duld dat die staat die hof se tyd mors nie en dat die beskuldigde (Mulder) geregtig is op &#8216;n regverdige verhoor.&#8221;<\/p>\n<p>Die Departement van Openbare Vervolging het intussen besluit om die saak te heropen en me. Mulder sou laat in 2014 weer gedagvaar word, om in die hof te verskyn. Sy het egter nie betyds die dagvaardiging ontvang nie en &#8216;n nuwe datum vir 9 Januarie is op die hofrol geplaas.<\/p>\n<p>Sy het egter weereens nie betyds die dagvaardiging ontvang nie en daar sal nou weer &#8216;n nuwe datum vir &#8220;eerste verskyning&#8221; gekry moet word.<\/p>\n<p>Die redes waarom sy nie die dagvaardigings betyds ontvang het nie, is op di\u00e9 stadium onduidelik.<\/p>\n<p>\u2022 Daar was klaarblyklik &#8216;n woordewisseling tussen die egpaar op 2 Oktober 2013, waarop mnr. Mulder vier keer geskiet is. Hy het later aan &#8216;n joernalis ges\u00ea dat &#8220;sy geskiet het om dood te skiet.&#8221; Die egpaar is etlike maande later geskei.<\/p>\n<p>\u2022 Mnr. Mulder het Maandag aangedui dat hy in die proses is om &#8216;n boek te skryf oor die gebeure. Hy het egter nog nie &#8216;n naam vir die boek nie en kon ook nie s\u00ea wanneer die boek klaar sal wees nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die vrou wat na bewering haar man op 2 Oktober 2013 geskiet het, het w\u00e9\u00e9r nie op die beplande hofdatum verskyn nie, aangesien die dagvaardiging vir die tweede keer nie betyds afgelewer is nie.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":23583,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-23582","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/23582","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=23582"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/23582\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/23583"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=23582"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=23582"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=23582"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}