{"id":22765,"date":"2014-12-15T00:00:00","date_gmt":"2014-12-14T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/22765\/beslis-meer-grafte-meen-belangegroep\/"},"modified":"2014-12-15T10:02:24","modified_gmt":"2014-12-15T08:02:24","slug":"beslis-meer-grafte-meen-belangegroep","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/12\/15\/beslis-meer-grafte-meen-belangegroep\/","title":{"rendered":"Beslis meer grafte meen belangegroep"},"content":{"rendered":"<p>Die moontlikheid dat die omliggende komplekse op di\u00e9 grafte gebou is, is ook &#8216;n waarskynlikheid het mnr. Coen Nienaber aan die Historiese belangegroep van Middelburg bevestig.<\/p>\n<p>Me. Yolandi van Rooyen, lid van die belangegroep, doen al maande lank navorsing oor die moontlikheid dat daar selfs meer as 1 000 grafte in Kanonkop moet wees nadat die konsentrasiekamp op 10 Julie 1901 geskuif het, na die area van die Lions Park, vermoed me. Van Rooyen.<\/p>\n<p>Altesaam 1 297 sterftes het in di\u00e9 kamp plaasgevind na die skuif, soos vervat in die Britse konsentrasiekamp rekords.<\/p>\n<p>&#8220;Mense moet ook onthou, sou jou man uitgewys word as verraaier, is jy as vrou, en jou kinders, ni\u00e9 in die tradisionele konsentrasiekamp begraafplaas ter ruste gel\u00ea nie. Boervroue wat deur soldate verkrag, en kinders gebaar het, is ook nie toegelaat om in die tradisionele begraafplaas begrawe te word nie,&#8221; brei me. Van Rooyen uit oor die Anglo-Boere geskiedenis.<\/p>\n<p>Altesaam 198 onopgetekende grafte is in die Fonteinstraat begraafplaas deur die Britte uitgewys, maar na die kamp geskuif het, het die syfer ontplof na 506 vir Kanonkop.<\/p>\n<p>&#8220;Hier is letterlik honderde grafte waarvoor die munisipaliteit ni\u00e9 verantwoording oor kan doen nie,&#8221; s\u00ea me. Van Rooyen.<\/p>\n<p>Sy s\u00ea dat die belangegroep onlangs met die argeoloog, mnr. Nienaber, by die begraafplaas saamgekom het en dat &#8216;n blote stappie deur die oop stukke grond wat die begraafplaas omring, die akademikus se nuuskierigheid geprikkel het.<\/p>\n<p>&#8216;n Volledige ondersoek en verslag sal egter bykans R65 000 kos, wat die munisipaliteit weier om te betaal.<\/p>\n<p>Die munisipale bestuurder, mnr. Willie Fouch\u00e9, was by met die argeoloog se besoek, maar omdat hy nie feitlike uitsprake kon lewer nie, was en bly hy maar skepties.<\/p>\n<p>Reg langs die heining wat om die wit grafte, waarop die stene eers in die 50&#8217;s gel\u00ea is vir estetiese redes, is daar elke twee tree in beide rigtings, insinkings wat gemerk is met klippe. Die insinkings kom voor tot teenaan Kareelaan en Sipresweg.<\/p>\n<p>&#8220;Ons vra nie dat die woonkomplekse gesloop word nie, dis water onder die brug, al is beendere gevind tydens konstruksie, al wat ons vra, is wyer beskerming van die oorblywende terrein,&#8221; s\u00ea me. Van Rooyen.<\/p>\n<p>Die bestaande omheining is onlangs reggemaak, en beskerm net die bestaande graffies waar grafstene gel\u00ea is in die 50&#8217;s.<\/p>\n<p>Daar is net een smal ingang na die grafte wat verder daartoe bydra dat skoonmaakspanne nie die terrein kan binnekom nie, en dit nou onnet en oorgroei is met bossies.<\/p>\n<p>&#8220;Ons verstaan nie hoe die grafte in die ander begraafplase so mooi opgepas word, en Kanonkop se terrein so afgeskeep word nie,&#8221; frons sy.<\/p>\n<p>Die SA Erfenisse Hulpbronne Agentskap (SAHRA) het ook bevestigend oor meer moontlike grafte reageer.<\/p>\n<p>Die belangegroep sal nou in samewerking met SAHRA, poog om eens en finaal te bepaal of die dorp se rykste Afrikaner nalatenskap, nie dalk onder Kanonkop wag om opgegrawe te word.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Argeoloog het bevestig dat daar w\u00e9l meer grafte by die Kanonkop konsentrasiekamp begraafplaas is.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":22766,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Gerhard Rheeder","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-22765","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/22765","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=22765"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/22765\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/22766"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=22765"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=22765"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=22765"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}