{"id":22652,"date":"2014-12-11T00:00:00","date_gmt":"2014-12-10T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/22652\/bye-takel-swanger-vrou\/"},"modified":"2014-12-11T08:12:24","modified_gmt":"2014-12-11T06:12:24","slug":"bye-takel-swanger-vrou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/uncategorized\/2014\/12\/11\/bye-takel-swanger-vrou\/","title":{"rendered":"Bye takel swanger vrou"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Teatersuster van die Life Midmed Hospitaal, sr. Lelanie Ferreira (wat 31 weke swanger is) het Saterdag haar ouers paniekerig vanaf Hospitaalstraat (Clubville) gebel, omdat niemand wat sy gevra het vir hulp, by die erf kon ingaan nie.<\/p>\n<p>&#8220;Dit was verskriklik! Ons moes jaag vanaf Kanonkop na Clubville en die beurtkrag wat verkeersligte af gehad het en &#8216;n begrafnisstoet voor ons, het ons gesukkel om gou daar te wees,&#8221; het sr. Ferreira se ma, Daleen du Bruyn, Maandagoggend vertel.<\/p>\n<p>Met hul aankoms was sr. Ferreira reeds sowat 10 keer deur die bye gesteek, omdat sy haar hondjie by die huis wou inlaat en die bye in die huis ingegaan het.<\/p>\n<figure id=\"attachment_22654\" aria-describedby=\"caption-attachment-22654\" style=\"width: 423px\" class=\"wp-caption alignnone\"><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2014\/12\/14ww5-_562286566.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-22654\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2014\/12\/14ww5-_562286566-423x317.jpg\" alt=\"Die byekorf wat gesorg het vir die drama.\" width=\"423\" height=\"317\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2014\/12\/14ww5-_562286566-423x317.jpg 423w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2014\/12\/14ww5-_562286566-200x150.jpg 200w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2014\/12\/14ww5-_562286566.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 423px) 100vw, 423px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-22654\" class=\"wp-caption-text\">Die byekorf wat gesorg het vir die drama.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Sy het op daardie stadium haar driejarige dogtertjie, Michaela, in &#8216;n wasgoedmandjie met handdoeke bo-oor, gedruk om te keer dat ook sy erg gesteek word. Michaela is gelukkig slegs een keer gesteek.<\/p>\n<p>Terwyl die bye me. Du Bruyn, haar man, Piet, en ander dogter, Lelanie, ook aanmekaar gesteek het, het hulle in die erf ingegaan en hulp probeer verleen. &#8220;Ons het &#8216;n alarmbesigheid, die brandweer \u00e9n ambulansdienste gebel, maar niemand kon in die erf ingaan nie!&#8221;<\/p>\n<p>Die Du Bruyn egpaar het daarop handdoeke oor hul dogter en kleindogter gegooi en, terwyl hulself ook geniepsig deur die bye gesteek word, na die kar gehardloop.<\/p>\n<figure id=\"attachment_22653\" aria-describedby=\"caption-attachment-22653\" style=\"width: 423px\" class=\"wp-caption alignnone\"><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2014\/12\/14ww5-_575402070.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-22653\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2014\/12\/14ww5-_575402070-423x317.jpg\" alt=\"Johanrie du Bruyn en haar ma, Daleen du Bruyn, is ook deur die bye gesteek.\" width=\"423\" height=\"317\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2014\/12\/14ww5-_575402070-423x317.jpg 423w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2014\/12\/14ww5-_575402070-200x150.jpg 200w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2014\/12\/14ww5-_575402070.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 423px) 100vw, 423px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-22653\" class=\"wp-caption-text\">Johanrie du Bruyn en haar ma, Daleen du Bruyn, is ook deur die bye gesteek.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die Gholfsig\/Clubville GPF en radiogroep het die gille gehoor en gedink dat me. Ferreira aangeval word, waarop &#8216;n noodroep uitgestuur is.<\/p>\n<p>Van die lede het hul na die huis gehaas, waarop hulle gesien het dat almal deur die bye gesteek word. Die radiogroep het mnr. Ian Mey (byeboer) uitgeroep. Mnr. Mey moes ter wille van die veiligheid van die gesin, die bye doodmaak.<\/p>\n<p>Me. Ferreira is na haar dokter gehaas, waar sy adrenalien-inspuitings en ander medikasie moes kry, omdat sy allergies is vir bye. Hulle het haar ook na die Life Midmed Hospitaal se kraamsaal geneem waar gekyk is of alles nog reg is met die baba.<\/p>\n<p>Me. Ferreira se tuinhulp, mnr. James Ramushu, is sowat 80 keer deur die bye gesteek. Ook hy moes later medikasie ontvang. &#8220;Ons het hordes angels uit sy kop en lyf gehaal!&#8221; het me. Du Bruyn gemeld. Me. Ferreira se worshondjie het kort daarna in die huis gevrek.<\/p>\n<p>Me. Du Bruyn was hewig ontsteld dat hulle nie hulp kon kry van die genoemde beskermingsdienste nie. &#8220;So as &#8216;n swerm bye &#8216;n kleuterskool of ouetehuis aanval, gaan almal doodgesteek word?&#8221; het sy uitgeroep.<\/p>\n<figure id=\"attachment_22656\" aria-describedby=\"caption-attachment-22656\" style=\"width: 423px\" class=\"wp-caption alignnone\"><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2014\/12\/14ww5-_631071905.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-22656\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2014\/12\/14ww5-_631071905-423x317.jpg\" alt=\"Mnr. James Ramushu ag homself gelukkig dat hy die bye-aanval oorleef het, aangesien hy sowat 80 keer deur die bye gesteek is.\" width=\"423\" height=\"317\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2014\/12\/14ww5-_631071905-423x317.jpg 423w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2014\/12\/14ww5-_631071905-200x150.jpg 200w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2014\/12\/14ww5-_631071905.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 423px) 100vw, 423px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-22656\" class=\"wp-caption-text\">Mnr. James Ramushu ag homself gelukkig dat hy die bye-aanval oorleef het, aangesien hy sowat 80 keer deur die bye gesteek is.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Sy is van mening dat al die nooddienste nommers moet h\u00ea van iemand wat kan uitkom om bye te verwyder.<\/p>\n<p>\u2022 Mnr. Ramushu was besig om gras te sny, toe die bye, wat in &#8216;n pyp aan die voorkant van die erf was, beserk geraak het.<\/p>\n<p>\u2022 Bekende byeboer, Martin Nel, s\u00ea hy het die noodroep op die radio gehoor, maar mnr. Mey is soontoe, voordat hy kon gaan hulp verleen. &#8220;Die brandweer h\u00e9t my nommer.&#8221;<\/p>\n<p>Hy s\u00ea die bye het beserk geraak oor die vibrasies van die grassnyer, asook die reuk van vars gesnyde gras.<\/p>\n<p>Volgens hom het die hitte baie daarmee te doen en waarsku hy mense om baie versigtig te wees. &#8220;Probeer in die oggend al 06:00 die gras te sny as daar bye in die omgewing is! As dit warm is, g\u00e1\u00e1n hulle jou takel.&#8221;<\/p>\n<p>Hy het genoem dat parfuum wat vroue dra, ook die bye na hulle toe aanlok as die bye beserk is.<\/p>\n<p>Mnr. Nel is 24 uur beskikbaar, maar, voeg by, dat hy &#8216;n uitroepfooi vra, aangesien hy self ook omsien na 400 korwe.<\/p>\n<p>Persone wat probleme met bye ondervind, kan hom bel by 083 655 0179.<\/p>\n<p>\u2022 Twee weke gelede is mnr. Nel uitgeroep na die huis van mnr. Chris Wessels in Aerorand toe bye sy honde getakel het. Al drie die honde, waaronder &#8216;n dragtige teef, is egter doodgesteek.<\/p>\n<p>\u2022 Mnr. Nel moes Sondag na Pretoria pendel om bye te gaan uithaal &#8220;nadat vier mense in die hospitaal in gesteek is!&#8221;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Swanger vrou is Saterdag deur beserkte bye getakel en sy en haar tuinhulp moes later behandeling ontvang.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":22655,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[],"tags":[],"class_list":["post-22652","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry"],"category_labels":null,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/22652","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=22652"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/22652\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/22655"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=22652"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=22652"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=22652"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}