{"id":22299,"date":"2014-12-03T00:00:00","date_gmt":"2014-12-02T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/22299\/dennesig-kanonkop-kragloos-in-die-weer\/"},"modified":"2014-12-03T08:11:04","modified_gmt":"2014-12-03T06:11:04","slug":"dennesig-kanonkop-kragloos-in-die-weer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/12\/03\/dennesig-kanonkop-kragloos-in-die-weer\/","title":{"rendered":"Dennesig, Kanonkop kragloos in die weer"},"content":{"rendered":"<p>Saterdag 29 Desember was die krag twee maal af weens swaar weer, en Sondagmiddag is die woonbuurte weer &#8216;n uur lank in donkerte gehul, terwyl hulle ook onderwerp was aan beurtkrag.<\/p>\n<p>Waar ander woonbuurte net twee ure sonder krag was Saterdag, moes Kanonkop en Dennesig inwoners meer as vier ure lank daarsonder.<\/p>\n<p>Mnr. Jaco Carelzen, s\u00ea inwoners moet speletjiesaande re\u00ebl om van die frustrasie ontslae te raak &#8211; &#8220;ons kom by mekaar sodra die weer opsteek,&#8221; stel hy voor.<\/p>\n<p>Me. Desire\u00e9 Conradie, s\u00ea &#8220;klokslag, nee weerslag, dan groet die krag,&#8221; maar sy gee toe, dat inwoners nou al so gewoond is aan die konstante uitdoffings, dat almal al weet wat om te verwag.<\/p>\n<p>Die munisipaliteit stuur deesdae, minstens &#8216;n halfuur voor beurtkrag aan inwoners boodskappe uit, met die tye wanneer die krag sal afgaan.<\/p>\n<p>Die weer is egter nie so voorspelbaar nie.Volgens die DA raadslid, mnr. Hennie Niemann, is hy ingelig dat &#8216;n stroombreker nie behoorlik sluit nie, en kortsluitings veroorsaak sodra &#8216;n verhoogde stroom die substasie tref.<\/p>\n<p>&#8220;Dit gebeur uiteraard geduerende die swaar donderstorms wat ons die naweek ervaar het,&#8221; s\u00ea hy.<\/p>\n<p>Die Observer wou bevestiging by die elektrisiteisbestuurder, mnr. Thabo Manko h\u00ea, maar hy wou bloot s\u00ea dat die ware oorsaak eers opgespoor sal word, noudat die weer gaan l\u00ea het.<\/p>\n<p>&#8220;Gedurende die storms kan net die nodigste werk gedoen word, opvolgwerk is in kalmer weer nodig om die ware oorsake vas te stel,&#8221; meen hy.<\/p>\n<p>&#8216;n Verslag oor die naweek se gebeure by die substasie is Maandag aan hom oorhandig, maar hy het &#8216;n opvolgondersoek gelas.<\/p>\n<p>Hy wou nie die probleem toeskryf aan &#8216;n stroombreker nie, &#8220;omdat ek nie weet of die stroombreker alleen hiervoor verantwoordelik is nie&#8221;.<\/p>\n<p>Hy het plegtig belowe om na die Observer toe terug te kom, sodra hy agter die kap van die byl kon kom.<\/p>\n<p>Die Observer het betroubaar verneem dat &#8216;n spesialis teen die week ingebring sou word om die fout te help soek.<\/p>\n<p>Die fout l\u00ea ni\u00e9 by &#8216;n stroombreker nie, maar by die proteksiekabel wat afskop, sodra daar &#8216;n variasie op die toevoer is.<\/p>\n<p>Die probleem kon dalk beredder word met die Langstraat substasie, wat Sipreslaan voer, saam met die Verdoornstraat substasie.<\/p>\n<p>Di\u00e9 ringtoevoer is egter gebreek weens opgradering aan die Langstraat substasie, wat daartoe lei dat die Verdoornstraat substasie nou die enigste toevoer na Sipres is.<\/p>\n<p>Die proteksiekabel werk identies soos &#8216;n huis se aardkabel, om elektriese skokke te vermy, en toerusting te beskerm.<\/p>\n<p>Daar is &#8216;n driejaar onderhoudsplan op die kabels, en die spesialis is reeds ontbied om te kom vasstel wat presies die proteksiekabel laat uitskop.<\/p>\n<p>Die proteksiekabel, werk soos hy moet werk, maar as die die oorsaak van die probleem nie opgepoor word nie, loop die dorp &#8216;n risiko om van die kabels en toerusting te verloor, wat dan ten duurste ingevoer sal moet word, en tot langer kragonderbrekings mag lei.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Inwoners van Kanonkop en Dennesig is raadop met die kragnetwerk wat afskop sodra die weer opsteek.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":22300,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Gerhard Rheeder","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-22299","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/22299","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=22299"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/22299\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/22300"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=22299"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=22299"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=22299"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}