{"id":22127,"date":"2014-11-28T00:00:00","date_gmt":"2014-11-27T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/22127\/vrou-takel-buurvrou-met-pepersproei\/"},"modified":"2014-12-02T14:27:27","modified_gmt":"2014-12-02T12:27:27","slug":"vrou-takel-buurvrou-met-pepersproei","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/11\/28\/vrou-takel-buurvrou-met-pepersproei\/","title":{"rendered":"Vrou takel buurvrou met pepersproei"},"content":{"rendered":"<p>Die oorlog oor die \u201cA\u201d in die adres van die onderverdeelde erf, het daartoe gelei dat me. Suzette Dibden (53), die week twee nagte agter tralies moes deurbring, nadat sy haar buurvrou verlede Donderdag, met pepersproei getakel het.<\/p>\n<p>Die klaer, me. Louise Spies, het na die voorval Donderdagmiddag, \u2019n saak van aanranding namens haar dogter, Johanne, by die polisie aanhangig gemaak, omdat sy in die Life Midmed Hospitaal opgeneem is met asemhalingsprobleme na die katgeveg op die sypaadjie.<\/p>\n<p>Kort nadat sy op borg van R500 vrygelaat is Woensdag, het me. Dibden gebieg dat haar daad effens on-Christelik was, maar beweer dat die mes in Johanne se hand, haar ontsenu het, veral in die lig daarvan dat sy glo kort voor die onderonsie geskakel en gedreig is met die woorde \u201cek sny jou f***** hande af\u201d.<\/p>\n<p>Die dreigement is na bewering gemaak omdat me. Dibden vir die hoeveelste keer Donderdag, \u2019n \u201cA\u201d met Tipex by me. Spies se adresnommer gaan teken het.<\/p>\n<p>\u201cEk gebruik al 13-jaar Eugene Marais 1 vir my munisipale rekeninge en pos,\u201d kla me. Dibden, wat bylas dat die ingang na haar huis, egter by Cowen Ntuli 13 is, na die onderverdeling van die erf.<\/p>\n<p>\u201cEk het die erf onderverdeel en daar is twee eenhede op die reserwe gebou, wat verkoop is, en ek dus nie meer die eienaar is nie,\u201d verduidelik me. Dibden die deurmekaarspul.<\/p>\n<p>Donderdag, voor die geveg, was sy by die munisipaliteit om die stadsbeplanners te vra om die voortslepende geskil te besleg, sonder sukses.<\/p>\n<p>Sy het tuis haar Tipex pen gegryp en w\u00e9\u00e9r die \u201cA\u201d by die adresnommer van die eenhede gaan inskryf, waarna sy Mall toe is.<\/p>\n<p>Daar het sy na bewering twee oproepe ontvang waarin sy gedreig is \u201cek sny jou f***** hande af,\u201d waarna sy dadelik huistoe gejaag het.<\/p>\n<p>Me. Dibden s\u00ea toe sy voor die eenhede stop, was daar \u2019n meisie met \u2019n mes in die hand, besig om die \u201cA\u201d af te krap.<\/p>\n<p>Dis toe dat die skelwoorde begin vlieg.<\/p>\n<p>Me. Dibden s\u00ea dat ondermeer gedreig is dat sy met een oog oop moet slaap, omdat \u201cons mense ken wat jou sal kom uithaal\u201d.<\/p>\n<p>\u201cSy het die mes die heeltyd rondgeswaai, en ek het haar drie maal gewaarsku, dat ek die pepersproei in my hand sou gebruik, sou sy aanhou om my te skel en intimideer, toe sy weer die mes swaai, toe spuit ek!\u201d<\/p>\n<p>Nadat sy Johanne gepepersproei het, is sy direk polisie toe, waar \u2019n senior offisier haar aangeraai het om nie \u2019n klag van intimidasie teen die slagoffer te maak nie, en dat hy sou toesien dat die partye om \u2019n tafel gebring word, vir mediasie.<\/p>\n<p>Vrydag is sy egter speurtak toe ontbied, waar sy na bewering gedwing is om \u2019n waarskuwingsverklaring te teken, sonder om \u2019n verklaring af te l\u00ea.<\/p>\n<p>Vandaar is me. Dibden hof toe om \u2019n beskermingsbevel teen die bewoners van die eenhede, en Louise en Johan Spies,die slagoffer se ouers, te kry.<\/p>\n<p>Die papierwerk is gedoen, maar die voorlopige bevel is nie deur \u2019n landdros bekragtig nie.<\/p>\n<p>Maandag is sy terug speurtak toe, waar sy op die plek gearresteer, en selle toe geneem is, waar sy die volgende twee aande deurgebring het, voor haar borgaansoek Woensdag.<\/p>\n<p>Borg van R500 is toegestaan, op voorwaarde dat sy nie haar voete by haar huis sit, tot haar volgende hofverskyning op 9 Januarie nie. Sy bevind haar tans in Morgenzon by familie.<\/p>\n<p>\u2022 Me. Louise Spies was aanvanklik vuur en vlam om die storie met die Observer te deel, maar het sedertdien van opinie verander en bloot ges\u00ea dat die reg nou sy gang moet gaan.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is nie \u2019n \u201cA\u201d in oorlog nie, maar as jy in nommer 1 Eugene Marais bly, soek skuiling, want daar is die loopgrawe al lankal gel\u00ea oor die eerste lettertjie van die alfabet.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":22128,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Gerhard Rheeder","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[2885,2],"tags":[],"class_list":["post-22127","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-crime-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Crime News"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/22127","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=22127"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/22127\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/22128"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=22127"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=22127"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=22127"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}