{"id":21805,"date":"2014-11-20T18:00:00","date_gmt":"2014-11-20T16:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/21805\/bussie-drie-onskuldig\/"},"modified":"2014-11-20T12:46:37","modified_gmt":"2014-11-20T10:46:37","slug":"bussie-drie-onskuldig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/11\/20\/bussie-drie-onskuldig\/","title":{"rendered":"Video: Bussie-drie onskuldig!"},"content":{"rendered":"<p>Mossie Moss, Ernst Hartzenberg en Johnny van Eeden, is Woensdag in die streekhof deur landdros Johan de Klerk onskuldig bevind op al die klagtes, waaronder poging tot moord.<\/p>\n<p>Hy het bevind dat die staat nie bo alle twyfel kon bewys dat die mans skuldig was nie.<\/p>\n<p>\u201cWaar is al die joernaliste wat ons so gejag het en dit \u2019n rassekwessie gemaak het nou?\u201d vra hulle.<\/p>\n<p>Die verhoor Dinsdag en Woensdag, het ook vir \u2019n paar vreemde voorvalle gesorg.<\/p>\n<p>Veral Justice Monareng, een van die getuies vir die staat, is by meer as een geleentheid oor die vingers getik vir sy houding in die hof.<\/p>\n<p>Hy het op een stadium die drie mans se regsverteenwoordiger, mnr. Gerhard van Zyl, toegesnou, \u201cjy moenie met my wielie walie speel nie.\u201d<\/p>\n<p>Die getuienis was teenstrydig met hul verklarings verlede jaar. In een se verklaring het hulle mnr. Van Eeden die \u201cbig, fat, giant bodybuilder\u201d genoem. Mnr. Moss is in \u2019n verklaring \u201cegghead\u201d genoem.<\/p>\n<p>Die verhoor volg na \u2019n voorval op 9 Februarie verlede jaar, waar daar \u2019n onderonsie was tussen insittendes van twee bussies en die drie mans.<\/p>\n<div class='tie-fluid-width-video-wrapper tie-ignore-fitvid' style='margin-bottom: 30px;'>\n\t\t\t<iframe style='width: 100%; min-height: 300px; aspect-ratio: 16\/9;' src='https:\/\/www.youtube-nocookie.com\/embed\/LPL36aDdJ0w' loading='lazy'><\/iframe>\n\t\t<\/div>\n<p>Die drie mans het vertel dat \u2019n werknemer van Mpumalanga Sandblasting teen mnr. Hartzenberg se voertuig urineer het en dat een van die insittendes van die bussie ook mnr. Moss se twaalfjarige dogtertjie uit die voertuig probeer pluk het by \u2019n stop\/ry (padverlegging) op die Loskopdampad.<\/p>\n<p>Die oomblik toe hulle by die Dennesig ingang stop, het die twee bussies ook stilgehou.<\/p>\n<p>Lede van die Kanonkop\/Dennesig\/Middedorp Radiogroep het opgedaag en iemand het vanuit \u2019n voertuig op die groep losgetrek met \u2019n verfbalgeweer.<\/p>\n<p>Van die insittendes is later in die hospitaal vir beserings behandel, maar kon nie presies onthou deur wie hulle aangerand is nie.<\/p>\n<p>Toe die drie mans later polisiestasie toe is om verklarings af te l\u00ea, is mnr, Moss se kar vol duike geskop, deur mense wat deel was van die groep. R20 000 se skade is aangerig.<\/p>\n<p>Die drie is gearresteer omdat hulle, volgens die klaers van Mpumalanga Sandblasting, die geveg \u201cbegin het\u201d.<\/p>\n<p>\u2022 Die drie mans het n\u00e1 die uitspraak ges\u00ea dat hulle \u201cbly is dit is verby. Dit was die 24ste keer dat ons hof toe is! Middelburg is \u2019n klein gemeenskap en daar was mense wat gedink het ons is rubbish!\u201d het mnr. Hartzenberg ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u2022 Buiten die skade wat hom R20 000 uit die sak gejaag het, moes mnr. Moss ook betaal vir berading vir sy dogter.<\/p>\n<p>\u2022 Hulle skat die verlies aan inkomste, omdat hulle so baie hof toe moes gaan, saam met hul regskostes, op sowat R100 000.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die drie mans wat nasionale voorblaaie en selfs Sky News gehaal het, oor \u2019n geveg by die ingang van Dennesig verlede jaar, is onskuldig bevind.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":21806,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-21805","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/21805","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=21805"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/21805\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/21806"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=21805"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=21805"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=21805"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}