{"id":21784,"date":"2014-11-24T00:00:00","date_gmt":"2014-11-23T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/21784\/tot-in-tandwortels-geskok\/"},"modified":"2014-11-27T09:23:50","modified_gmt":"2014-11-27T07:23:50","slug":"tot-in-tandwortels-geskok","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/11\/24\/tot-in-tandwortels-geskok\/","title":{"rendered":"Tot in tandwortels geskok"},"content":{"rendered":"<p>Die pasi\u00ebnt, wat op voorwaarde van anonimiteit met die Observer gesels het, s\u00ea hy het verlede Maandag by die praktyk aangeklop vir hulp.<\/p>\n<p>\u2019n Wortelkanaal is gedoen, maar hy moes Vrydag terugkom vir opvolgwerk aan \u2019n ander tand, en \u2019n afspraak vir 07:00 Vrydagmore is gedagboek.<\/p>\n<p>Toe hy daar kom moes hy sit en wag dat die motorhuis oopgesluit word, vir die aanskakel van die kragopwekkers.<\/p>\n<p>Toe die tandards met die gesoekte sleutels wel sy opwagting maak, was daar perde.<\/p>\n<p>Die pasi\u00ebnt s\u00ea \u2019n onderonsie het ontstaan tussen drs. Morn\u00e9 Rossouw en Jurie Du Preez, wat erg in die gang van die praktyk gestry het, \u201cvoordat dr. Rossouw sy vinger in dr. Du Preez se neus gedruk het\u201d.<\/p>\n<p>Die atmosfeer was so gelaai, dat die pasi\u00ebnt eindelaaste gevra is om te loop, sonder dat \u2019n opvolgafspraak gemaak is. Dr. Ashlynne Brown, mede-eienaar van die praktyk, s\u00ea die onderonsie het ontstaan omdat dr. Du Preez nie die motorhuis, waarin die kragopwekkers is, kon oopsluit nie.<\/p>\n<p>Dr. Brown, of dr. Du Preez, sluit gewoonlik die praktyk oop, maar dr. Rossouw is gevra om Donderdag te sluit, omdat dr. Brown in teater was.<\/p>\n<p>Toe dr. Du Preez opdaag vir die afspraak met die pasi\u00ebnt, kon hy egter nie aan die gang kom nie, weens die opwekkers, en dis toe dat hy die vennote beskuldig dat hulle hom opsetlik probeer ondermyn.<\/p>\n<p>Dr. Du Preez het die praktyk begin en \u2019n paar jaar gelede vrywilliglik besluit om te verkoop, sy naam is van die praktykborde verwyder, maar hy het aangebly as werknemer van die praktyk, op kommissie basis.<\/p>\n<p>Dr. Du Preez het hom so vererg dat hyself die pad gevat het, vol dagboek of te nie.<\/p>\n<p>Daar is later, per sms, by hom gepleit om terug te kom, en sy werk as tandarts en werknemer van die praktyk, voort te sit.<\/p>\n<p>Hy het egter geweier, en dissiplin\u00eare stappe word nou intern teen hom geneem \u201comdat hy gedros het\u201d, en al sy ander afsprake vir die dag gekanselleer moes word.<\/p>\n<p>Die klaer s\u00ea hy was geskok dat volgroeide, professionele dokters, mekaar so die hare kan invlieg oor wat hy vermoed \u201cnet geldsake kan wees\u201d.<\/p>\n<p>Die vennote ontken dit en s\u00ea die debakel kan toegeskryf word aan \u2019n onskuldige misverstand, wat uitgeklaar kon word met een telefoonoproep.<\/p>\n<p>Dr. Rossouw het die pasi\u00ebnt later die middag gebel en verskoning aangebied.<\/p>\n<p>Op di\u00e9 stadium was die pasi\u00ebnt reeds deur \u2019n ander tandarts behandel.<\/p>\n<p>Die klaer s\u00ea hy was in geweldige pyn, en sy toestand is meer gering geag as die egos van die dokters.<\/p>\n<p>\u201cEk sal my voete nie weer by die praktyk sit nie,\u201d s\u00ea hy hard en duidelik.<\/p>\n<p>Dr. Brown s\u00ea daar was geen vingers in niemand se neuse gedruk nie &#8211; \u201cDr. Rossouw het bloot op dreigement dat dr. Du Preez \u2019n opposisie praktyk sou oopmaak, en al die kli\u00ebnte afrokkel, sy vinger gelig en ges\u00ea het \u2018jy dreig ons nie,\u2019 dis al\u201d.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Pasi\u00ebnt van \u2019n bekende tandarts praktyk, Brown &amp; Rossouw, s\u00ea hy was tot in sy tandwortels geskok, toe twee gerespekteerde tandartse in \u2019n woeste skreeugeveg betrokke geraak het in die gang.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":21785,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Gerhard Rheeder","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-21784","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/21784","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=21784"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/21784\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/21785"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=21784"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=21784"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=21784"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}