{"id":21600,"date":"2014-11-16T00:00:00","date_gmt":"2014-11-15T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/21600\/die-een-was-vet-en-die-ander-een-was-maer\/"},"modified":"2014-11-17T15:04:07","modified_gmt":"2014-11-17T13:04:07","slug":"die-een-was-vet-en-die-ander-een-was-maer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/11\/16\/die-een-was-vet-en-die-ander-een-was-maer\/","title":{"rendered":"Hiert jou vlak-vark!"},"content":{"rendered":"<p>Twee vlakvarke het inwoners van Dennesig en Kanonkop al van Sondag af laat bontstaan.<\/p>\n<p>Die eerste persoon wat met die vlakvarke kennis gemaak het, was mnr. Arno la Grange. Toe hy Sondagmiddag omstreeks 15:00 by die venster uitkyk, kon hy sy o\u00eb nie glo nie! &#8216;n Reuse vlakvark het aan die buitekant van sy erf gestaan en in die erf was daar &#8216;n jong vlakvarkie.<\/p>\n<p>Hy het dadelik &#8216;n noodroep op die Kanonkop\/Dennesig\/Middedorp radiogroep uitgestuur.<\/p>\n<p>Mnre. Piet Rademeyer en Hugo Stapelberg het op die noodroep reageer. Met hul aankoms het die groot vlakvark verdwyn. Hy is die laaste keer gesien oppad na die Dennesig dammetjies.<\/p>\n<p>Die klein vlakvarkie het die twee mans aangejaag tot by die veld aan die bokant van Dennesig.<\/p>\n<p>Dit was egter nie die einde van die varkverhaal nie.<\/p>\n<p>Maandag omstreeks 11:00 het me. Zunette Truter se huishulp vir haar geskreeu: &#8220;Kom kyk hier!&#8221;<\/p>\n<p>Toe sy by die venster uitkyk, van hul huis in Gideon Scheeperstraat af, het sy gesien hoe hul buurman se hond deur hul erf (&#8216;n oop erf) hardloop, met &#8216;n vlakvark agterna!<\/p>\n<p>&#8220;As ek my kamera gehad het, het ek &#8216;n foto geneem, maar hy was soos blits. Die hond is by sy eienaar se erf in en die vlakvark het verder gehol.&#8221;<\/p>\n<p>Sy het later honde hoor blaf in Christiaan de Wetstraat en het aangeneem dat hy daar die honde ook op hol gejaag het.<\/p>\n<p>Net &#8216;n uur later het die knaap me. Mali Combrinck laat glo sy is skielik in die wildtuin.<\/p>\n<p>Sy het vanaf Olienhoutstraat se rigting opgedraai in Njalastraat, om iets by Kanonkop Superspar te gaan koop, toe vlakvark se kind, stert in die lug, voor haar in die pad afdraf.<\/p>\n<p>Terug by die huis het sy ook &#8216;n noodroep op die radio uitgestuur sodat mense moet uitkyk vir die vlakvark. &#8220;Daar is kinders wat van die skool af kom en ek wou seker maak hulle loop nie in hom vas nie.&#8221;<\/p>\n<p>\u2022 So vark! Die Observer het vir meer as &#8216;n uur na die vlakvark gesoek, maar kon hom n\u00earens opspoor nie.<\/p>\n<p>\u2022 In Maart 2009 moes mnr. Francois Cox &#8216;n reuse bosvark in Dennesig skiet toe die dier dwarsdeur &#8216;n sitkamervenster gestorm en mense en diere se lewens, in gevaar gestel het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die een ou vlakvark was vet en die ander ou vlakvark was maer en toe is hy so wrintiewaar op pad na Kanonkop Superspar!<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":21601,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-21600","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/21600","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=21600"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/21600\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/21601"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=21600"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=21600"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=21600"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}