{"id":20682,"date":"2014-10-28T00:00:00","date_gmt":"2014-10-27T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/20682\/mybeurtesd\/"},"modified":"2014-10-28T08:19:32","modified_gmt":"2014-10-28T06:19:32","slug":"mybeurtesd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/uncategorized\/2014\/10\/28\/mybeurtesd\/","title":{"rendered":"My Beurt"},"content":{"rendered":"<p>So het onderwysers jaar na jaar op die mooi blondekop meisie se rapport geskryf.<\/p>\n<p>Nou is dit die jaar 2014&#8230;Mariska se laaste jaar op skool.<\/p>\n<p>Dit is die jaar van die matriekafskeid met die tema: My Sprokie.<\/p>\n<p>Maar Mariska se lewe was nie &#8216;n sprokie nie.<\/p>\n<p>Sien, haar pa, Ben, is &#8216;n alkoholis.<\/p>\n<p>Alkoholis soos in drink en drink, tot hy nie meer weet of hy Ben of Bliksem is nie.<\/p>\n<p>Min mense het daarvan geweet, want Ben was in die dag netjies, het nooit werk gemis nie en het selfs Sondagskool gegee.<\/p>\n<p>Sondae het hy heel voor in die kerk gesit.<\/p>\n<p>Daar was al gemeentlede wat gekla het dat &#8220;Ben na drank ruik&#8221;.<\/p>\n<p>Dominee het die gesin besoek.<\/p>\n<p>Maar Ben het sy deel vir die kerk gedoen, ook op finansi\u00eble gebied.<\/p>\n<p>Nadat Dominee by die deur uit is, het Mariska en haar ma se gemoed verder in hulle skoene gesak.<\/p>\n<p>&#8220;Waar sal ons hulp vandaan kom?&#8221;<\/p>\n<p>Hulle grootste bekommernis was egter Die Sprokie.<\/p>\n<p>Ben het sy geld spandeer waar hy die beste dividende kon kry en &#8216;n matriekafskeidrok was nie een nie.<\/p>\n<p>Dit sou &#8216;n groot hap vat uit sy drankbegroting.<\/p>\n<p>Soos die matriekafskeid nader gekom het, het Mariska al stiller geword.<\/p>\n<p>Al het die seuns tou gestaan om haar te vra, was haar antwoord net kortaf: &#8220;Nee&#8221;.<\/p>\n<p>Maar Mariska se ma het al geleer oorleef.<\/p>\n<p>Sy het by Sneeuwitjie gaan aanklop, &#8216;n organisasie wat matriekafskeidrokke gratis uitverhuur.<\/p>\n<p>Toe Mariska een middag by die huis kom, het die rok daar gehang.<\/p>\n<p>Stil-stil het nog mense betrokke geraak: Grimering, hare, selfs &#8216;n spa het &#8216;n skoonheidsbehandeling geborg.<\/p>\n<p>Mariska het van niks geweet nie &#8211; net dat haar Sprokie waar geword het.<\/p>\n<p>Toe haar metgesel opdaag, is sy asem weggeslaan deur di\u00e9 stille skoonheid.<\/p>\n<p>Die Observer se fotograaf was vroeg by die saal, reg vir die matrikulante om aan te kom.<\/p>\n<p>&#8216;n Juffrou het haar ingewag met die woorde: &#8220;Die ryk kinders is almal in die saal, jy moet hulle daar gaan afneem&#8221;.<\/p>\n<p>Ryk kinders?<\/p>\n<p>Ryk kinders!<\/p>\n<p>Mariska was nie een van die ryk kinders nie&#8230;<\/p>\n<p>(Die storie is denkbeeldig maar gebasseer op &#8216;n ware verhaal).<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Mariska is &#8216;n harde werker. Stil in die klas. Altyd netjies.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":20701,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[509],"tags":[],"class_list":["post-20682","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-editors-note"],"category_labels":{"Category":"Special categories","SubCategory":"Editor's note"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/20682","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=20682"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/20682\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/20701"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=20682"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=20682"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=20682"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}