{"id":20417,"date":"2014-10-29T00:00:00","date_gmt":"2014-10-28T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/20417\/we-deliver-whatever-it-takes\/"},"modified":"2014-10-29T12:00:27","modified_gmt":"2014-10-29T10:00:27","slug":"we-deliver-whatever-it-takes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/10\/29\/we-deliver-whatever-it-takes\/","title":{"rendered":"&#8216;We deliver whatever it takes&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Die poskantoorstaking is al in sy vyfde week en mense mor dat hulle nie pos kry nie. Maar moenie bly raak en dink jy gaan nou kwytgeskeld wees van skuld nie! Die Wet van Transvaal geld nog steeds, al kan die &#8220;wet&#8221; nie in jou posbus afgelewer word nie.<\/p>\n<p>In Middelburg word daar altyd &#8216;n plan gemaak!<\/p>\n<p>Volgens munisipale bestuurder, mnr. Willie Fouch\u00e9, sal mense beslis die einde van di\u00e9 maand hul water- en ligte rekeninge kry. Almal se rekeninge sal by hul adresse afgelewer word.<\/p>\n<p>Die stadraad se lyne is vuurwarm gebel en sommige mense was net so vuurwarm onder die kraag omdat hulle nie dadelik iemand in die hande kon kry nie, oor al die navrae oor rekeninge.<\/p>\n<p>Mnr. Fouch\u00e9 s\u00ea die meeste mense wat nie rekeninge gekry of gebel het nie, het die re\u00ebl toegepas om dieselfde bedrag as die vorige maand in te betaal. Mense word nie gepenaliseer as hulle &#8216;n paar rand te min betaal nie.<\/p>\n<p>Alhoewel hulle &#8216;n plan het vir die water- en ligte rekeninge, het hulle tog &#8216;n effek gekry op die betaalkoers, &#8220;waar dit gewoonlik honderd persent is. Ons het &#8216;n goeie duik gevat.&#8221;<\/p>\n<p>Hy s\u00ea die munisipaliteit het wel &#8216;n kontrak met die poskantoor, &#8220;maar as hulle dit nie kan doen nie, dan moet ons dan maar &#8216;n plan maak.&#8221;<\/p>\n<p>Mnr. Fouch\u00e9 is egter bekommerd oor mense wie se algemene rekeninge (soos klerasie en dokters) ophoop en hulle agter raak op betalings.<\/p>\n<p>\u2022By die Life Midmed Hospitaal word alle rekeninge elektronies na hul hoofkantoor gestuur, s\u00ea me. Mari\u00ebtte Pieterse (verpleegdiensbestuurder).<\/p>\n<p>Hul hoofkantoor stuur dan die rekeninge uit. Waar hulle plaaslik sien dat mense agter raak op betalings, kontak hulle die mense self. &#8220;Ons hou daarvan om persoonlike kontak met kli\u00ebnte te behou.&#8221;<\/p>\n<p>\u2022Me. Charlotte Wallace (toonbankassistent by Postnet) s\u00ea dit is wel so dat hul werkslading baie ho\u00ebr is sedert die poskantoorstaking. Hulle hanteer hoofsaaklik koerierdienste en afleweringsdienste tussen Postnet-takke.<\/p>\n<p>Sy het laggend ges\u00ea dat &#8220;dit baie lekker is om so besig te bly. Daar is selfs mense wat vir ons gevra het of ons nie maar die poskantoor se dienste kan oorneem nie!&#8221;<\/p>\n<p>\u2022 Dit is duidelik dat die staking nie gou gaan eindig nie.<\/p>\n<p>In die skrywe van die South African Postal Allied Workers Union (SAPAWU), gedateer 10 Oktober 2014, word ges\u00ea dat die SA Poskantoor (Sapo) nog &#8216;niks&#8217; op die tafel geplaas het in &#8216;n poging om &#8216;n skikking te bereik nie. Hulle s\u00ea ook dat benewens die salarisverhogings en die vaste aanstelling van nie-permanente werkers, daar verskeie ander &#8216;eise&#8217; is wat suksesvol opgelos moet word alvorens die vakbond bereid sal wees om te skik.<\/p>\n<p>SAPAWU erken dat hy besef die poskantoor het nie die geld gehad om sy werkers verlede maand (op 25 September) betyds te betaal nie, en dat die maatskappy weens &#8216;n geldtekort en die gevolge van die staking kan sluit, maar steeds nie bereid is om vir &#8216;n verhoging van 8% te skik nie.<\/p>\n<p>Die aangeleentheid is na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie verwys is waar die salarisdispuut Donderdagaand aangehoor is.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit is grafstil by die Middelburg Poskantoor, maar ons stadsvaders laat hulle nie laml\u00ea deur die poskantoorstaking nie.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":20418,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-20417","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/20417","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=20417"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/20417\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/20418"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=20417"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=20417"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=20417"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}