{"id":20122,"date":"2014-10-18T00:00:00","date_gmt":"2014-10-17T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/20122\/flopses\/"},"modified":"2014-10-17T09:32:13","modified_gmt":"2014-10-17T07:32:13","slug":"flopses","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/opinion-edition\/blogs\/2014\/10\/18\/flopses\/","title":{"rendered":"Flopsport"},"content":{"rendered":"<p>Maar hy is dan P, Pro? (Arme Barnes het net gemompel-mompel en toe die pad gevat kleedkamer toe).<\/p>\n<p>\u2022As daar &#8216;n koelkas kan wees, waarom nie ook &#8216;n vloekhoek nie? (As jy die K-woord gebruik gaan jy kleinhuisie toe).<\/p>\n<p>\u2022In die liewe Suid-Afrika kan jy nog die P-woord gebruik, maar pasop tog vir die B en die K en die lelike H. (Soos Oupa vir Jannie ges\u00ea het toe hy hom en Sannie agter die kraalmuur vang: &#8220;Julle moet net nie rook nie hoor&#8221;. Ja, ons kan s\u00ea jou P, maar daar is ander stukkies in die alfabetsop, wat jou voor &#8216;n vuurpeleton kan laat beland.<\/p>\n<p>\u2022Die mooiste is Pro se opmerking oor die P-woord: &#8220;Ok, you can&#8217;t say the word, it&#8217;s a family show&#8221;. (Pro, soos die Bulle in die eerste helfte gespeel het was dit &#8216;n horror show).<\/p>\n<p>\u2022Waarom gee die &#8220;E&#8221; ons in elk geval soveel moeilikheid? E-tol, ebola, eSuzu en wanneer dit krieket is, is dit ebatsman en efielda.<\/p>\n<p>\u2022Springbok kleure vir beesvelgooi, sweepslaan, samesang en volkspele? Die Volkspelebeweging het die week aangekondig dat hulle groot gaan met di\u00e9 sports.<\/p>\n<p>\u2022Dit steek natuurlik glad nie sleg af by span Mpumalanga nie, wat pas uitgeblink het in die &#8220;Indigenous Games&#8221; met kgati, dibeke, intonga, kho-kho, diketo, en kan jy nou meer: Amateur en professionele jukskei. (Nie geweet daar is professionele jukskei nie? Is dit nou waar jy &#8216;n ou op dertig meter met &#8216;n knopkierie teen die kop kan raak gooi?).<\/p>\n<p>\u2022Vra jy nou vir my wat is kgati en diketo? Kom ons raai:<\/p>\n<p>*Kgati is &#8211; amper soos karate, maar jy gaattie weer opstaan nie.<\/p>\n<p>*Dibeke &#8211; jy moet &#8216;n ou op die b\u00eak slaan.<\/p>\n<p>*Intonga &#8211; in plaas van toutrek is dit tongtrek.<\/p>\n<p>*Kho-kho &#8211; hoenderjaag, maar dit moet &#8216;n koekoek wees.<\/p>\n<p>*Diketo &#8211; dit is net vir dik ouens. (As julle dit nie glo nie, daar is regtig-egtig sulke sportssoorte).<\/p>\n<p>\u2022Nee hy speel nie vir die ander span nie, hy is &#8216;n Puma, &#8216;n pienk Puma. Old Joe was al &#8216;n haas, &#8216;n HTS Middelburg eerstespan speler, &#8216;n fietsryer, &#8216;n Springbok rugbyspeler en nou is hy &#8216;n Seval Puma.<\/p>\n<p>\u2022S\u00ea Fanie de Villiers &#8220;pappas is deeesdae slapalies en doen nie moeite om hulle seuntjies krieket toe te vat nie&#8221;. Dit is nou nadat net 3 000 toeskouers by SuperSport Park opgedaag het. Faantjie, dis die jaar 2014:<\/p>\n<p>Jy worstel deur vele tolhekke, etol, die foefenjol wat jou kar oppas, die toegangskaartjie en as jy terugkom staan die lapswaaier daar met &#8216;n groot smile en wys na jou motor waarby daar ingebreek is en sy verskoning: &#8220;Sorry!&#8221; Daarom Faantjie: Sorry!<\/p>\n<p>\u2022Pollie ons gaan P\u00earel toe! Pollard, Kaapse klong, dat hy nou die WP se broeke so laat bewe.<\/p>\n<p>\u2022Steek daar &#8216;n senuagtigheid neffens Tafelberg uit soos &#8216;n hond wat die jollie jeuk het. Allerlei planne word in die Kaap beraam. Een daarvan is om die Visvoete te vertel die Bulle is eintlik die gunstelinge. So word daar groot berig Jimmy Stonehouse het ges\u00ea die Bulle se pak gaan een te veel wees vir die WP.<\/p>\n<p>\u2022In Pretoria het niemand nodig om vir Bul se kind enigiets te vertel nie, hy weet die Wiepie glo hulle het klaar die beker gewen.<\/p>\n<p>\u2022Daar is net een probleem: Joenou Os. Sit solank ses punte op die telbord vir strafskoppe afgestaan, twee skrums waar hy in sy eie spelers vashardloop en nog sewe punte nadat hy tackle en tango verwar. (Gaan Pro soos &#8216;n Pro blaas? Of soos &#8216;n D?) Donkie?<\/p>\n<p>\u2022Sewes rugby is goed vir die vyftienman kode, maar die vyftienman is nie goed vir sewes nie. Die Blitsbokke het die naweek probeer dryf en oor spelers hardloop so al asof hulle &#8216;n Blou Bul agttal vyf meter van die doellyn is&#8230;sonder sukses natuurlik.<\/p>\n<p>\u2022Conrad Breytenbach verkoop deesdae karre langs Canal Walk. Mercs nogal. Wonder nou of die geswore Blou Bul sy ou span gaan ondersteun of &#8216;n transaksie of twee gaan beklink met &#8216;n WP trui aan?<\/p>\n<p>\u2022Skuus weer oom Shakes: Ons laaik jou kwaai.<\/p>\n<p>\u2022Bars daar die week &#8216;n yslike debat los oor die gehalte van sportjoernalistiek. Dit is nou nadat &#8216;n sportskrywer laat weet het hy mis oom Quintus van Bloues. Skryf JJ Harmse, voorheen van Beeld en nou by SA Rugby:<\/p>\n<p>&#8220;Giggel, giggel. Lees juis gister in &#8216;n Sondagkoerant die Bokke sal sommer by &#8216;n beseerde speler in Japan inloer&#8230;. terwyl die speler minder as 50 kilometer van daardie koerant af rehab doen&#8230;en glad nie in Japan is nie.&#8221;<\/p>\n<p>\u2022In &#8216;n tennisspelende prokureur se kantoor hang &#8216;n groot skildery van Roger Federer, sy held. Die prokureur moes seker die week groot geglimlag het, want Oom Roger stof steeds die jonges uit en het bokant Nadal op die w\u00eareldranglys ingeskuif &#8211; op nommer twee.<\/p>\n<p>\u2022Eet &#8216;n Observer sonder sous op as die Bulle Saterdag wen. (Julle Leeutjies kan ook die Noorde se naam hoog hou teen die Last Outpost).<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2022Dit is die A en die B en die grote C, en die D en die E en die snaakse F, maar oppas vir die P! Lynregter Quintin Immelman het skeidsregter Pro Legoete Saterdag daarop gewys dat Griekwas se Rayno Barnes hom &#8220;die P-woord genoem het&#8221;.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":20123,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"xxxx","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[17,508,2888],"tags":[],"class_list":["post-20122","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blogs","category-editors-choice","category-opinion-edition"],"category_labels":{"Category":"Opinion","SubCategory":"Blogs"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/20122","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=20122"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/20122\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/20123"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=20122"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=20122"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=20122"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}