{"id":19756,"date":"2014-10-14T00:00:00","date_gmt":"2014-10-13T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/19756\/koeel-tref-wiel\/"},"modified":"2014-10-14T09:08:53","modified_gmt":"2014-10-14T07:08:53","slug":"koeel-tref-wiel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/uncategorized\/2014\/10\/14\/koeel-tref-wiel\/","title":{"rendered":"Koe\u00ebl tref wiel"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Koe\u00ebl het &#8216;n kar se wiel binnegedring in Mandela Rylaan (reg oorkant Roberts Landgoed).<\/p>\n<p>Lizelle Lombard (26) het vanaf Johannesburg na Middelburg gependel om by haar ouma, Lettie Eisermann, te kom kuier.<\/p>\n<p>Sy het Donderdag die pad terug Johannesburg toe aangepak en sommer vanaf Gholfsig die pad via Cowen Ntuli en Mandela Rylaan geneem om gouer op die snelweg te kom.<\/p>\n<p>Terwyl sy ry, het sy op &#8216;n stadium &#8216;n silwer bakkie (dit het vir haar gelyk soos &#8216;n Colt bakkie) in haar truspie\u00ebltjie agter haar sien ry. Sy het egter nie veel notisie van die voertuig geneem nie.<\/p>\n<p>Reg oorkant Roberts Landgoed het sy &#8216;n geweldige slag gehoor en haar radio sagter gesit om uit te vind waar dit vandaan kom. Haar karretjie, &#8216;n Ford Fi\u00ebsta, het effens begin swenk en sy het stadiger gery. Op hierdie stadium het die bakkie haar verbygesteek.<\/p>\n<p>Net etlike tre\u00eb verder het haar voertuig erg eenkant toe begin swaai. Omdat sy vir veiligheidsredes nie wou stop nie, het sy omgedraai en stadig teruggery tot by haar ouerhuis. Daar het sy gevind dat die agterwiel pap is.<\/p>\n<p>Haar ma, me. Catherine Beeslaar, s\u00ea hulle was met vakansie en het met hul terugkeer besluit om die voertuig se band te laat regmaak. Sy het haar voertuig vir Lizelle gegee om terug te keer Johannesburg toe en het die band ingeneem vir herstelwerk.<\/p>\n<figure id=\"attachment_19758\" aria-describedby=\"caption-attachment-19758\" style=\"width: 423px\" class=\"wp-caption alignnone\"><a href=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2014\/10\/14nn20-_550167717.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-19758\" src=\"https:\/\/mobserver.co.za\/wp-content\/uploads\/sites\/92\/2014\/10\/14nn20-_550167717-423x317.jpg\" alt=\"Dit is duidelik dat daar van agter af op die band geskiet is, aangesien daar gesien kan word waar die koe\u00ebl by die sierwiel uit is.\" width=\"423\" height=\"317\" srcset=\"https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2014\/10\/14nn20-_550167717-423x317.jpg 423w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2014\/10\/14nn20-_550167717-200x150.jpg 200w, https:\/\/dwu32cgxelq1c.cloudfront.net\/local_newspapers\/sites\/92\/2014\/10\/14nn20-_550167717.jpg 800w\" sizes=\"auto, (max-width: 423px) 100vw, 423px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-19758\" class=\"wp-caption-text\">Dit is duidelik dat daar van agter af op die band geskiet is, aangesien daar gesien kan word waar die koe\u00ebl by die sierwiel uit is.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Groot was die skok toe hulle deur die besigheid in kennis gestel is dat die gat in die band veroorsaak is deur &#8216;n koe\u00ebl. Dit het die bestuurskant se band agter binnegedring en is uit by die sierwiel aan die voorkant.<\/p>\n<p>Me. Beeslaar s\u00ea hulle kan maar net spekuleer van waar die koe\u00ebl gekom het. &#8220;Het iemand haar dalk probeer kaap en die band pap geskiet? Of was dit dalk &#8216;n opslagkoe\u00ebl van iemand wat onwettig in die omgewing gejag het? Ek is so dankbaar my kind het nie gestop of iets oorgekom nie!&#8221;<\/p>\n<p>\u2022 Hulle het aangedui dat hulle die gebeure by die polisie gaan rapporteer.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Familie kry kou rillings as hulle dink wat kon gebeur het as &#8216;n koe\u00ebl nie die wiel nie, maar hul dogter in die voertuig getref het.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":19757,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[],"tags":[],"class_list":["post-19756","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry"],"category_labels":null,"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19756","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=19756"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19756\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/19757"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=19756"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=19756"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=19756"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}