{"id":19365,"date":"2014-10-05T00:00:00","date_gmt":"2014-10-04T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/19365\/het-seun-gewurg\/"},"modified":"2014-10-03T13:54:32","modified_gmt":"2014-10-03T11:54:32","slug":"het-seun-gewurg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/10\/05\/het-seun-gewurg\/","title":{"rendered":"Het seun gewurg"},"content":{"rendered":"<p>Phumuzile Jane Mhlongo (48) is aanvanklik aangekla van poging tot moord, na die voorval op 29 November 2012 toe sy &#8216;n vyftienjarige seun gewurg en gekrap het.<\/p>\n<p>Landdros Deon Minnie het tydens uitspraak ges\u00ea &#8220;dat die feite in die saak die afleiding regverdig dat die beskuldigde die opset gehad het om die klaer te dood, maar dit kan eweneens &#8216;n afleiding regverdig dat sy die opset gehad het om hom ernstig te beseer. In so &#8216;n situasie moet die voordeel van die twyfel die beskuldigde toekom.&#8221;<\/p>\n<p>Sy is in die streekhof skuldig bevind aan aanranding met die opset om ernstig te beseer, met opsetsvorm &#8220;dolus directus&#8221; (wat beteken dat sy die doel gehad het om ernstig te beseer).<\/p>\n<p>Landdros Minnie het die getuienis aanvaar van die seun, sy suster en sy ma (almal se name word op versoek van die familie weerhou) en Mhlongo se weergawe van die gebeure is verwerp.<\/p>\n<p>Mhlongo het erken dat daar op die betrokke dag &#8216;n voorval tussen haar en die klaer plaasgevind het waartydens die jong seun krapmerke opgedoen het. Sy het ges\u00ea dat sy &#8220;in noodweer opgetree het.&#8221;<\/p>\n<p>Hy het haar in die gesig en op die oog geslaan en sy het hom vasgegryp om &#8216;n verdere aanval af te weer, is beweer. Sy het ontken dat sy hom gewurg het.<\/p>\n<p>Daar is tydens hofverrigtinge melding gemaak dat &#8216;n mediese praktisyn, dr. Christiaan Burger, bevind het dat daar onder andere kneus- en krapmerke aan die kind se nek (voor en agter) was en dat dit aandui dat die seun aangerand is. Daar was ook foto&#8217;s wat die beserings gestaaf het.<\/p>\n<p>Die gesin het in Irispark woonstelle gebly, wat aangrensend met een van die ander woonstelle was wat &#8216;n gastehuis is. Mhlongo was &#8216;n skoonmaker by die gastehuis.<\/p>\n<p>Op die betrokke dag het die seun, wat tydens die hofverrigtinge as &#8216;n maer en tenger seun beskryf is, en sy 13-jarige suster &#8216;n driejarige na die gastehuis geneem. Die kinders se hond het hulle onwetend gevolg.<\/p>\n<p>Toe hulle by die gastehuis inkom, het Mhlongo kwaad geword omdat hulle die vloere vuil maak.<\/p>\n<p>Die seun het vroe\u00ebr getuig dat sy aanhoudend haar hand voor sy gesig gedruk het en dat hy dit dan weer weggestoot het. Daar is ook beweer dat die beskuldigde hom gestamp het dat hy sy balans verloor het.<\/p>\n<p>Toe sy hom weer wou stamp, het hy omgedraai om te keer en met die omdraaislag haar per ongeluk op die oog geslaan.<\/p>\n<p>Volgens die seun het sy hom daarna in &#8216;n hoek vasgedruk en met beide haar hande om sy nek vasgeklem in &#8216;n wurggreep. In hierdie tyd het sy hom ook met haar naels gekrap.<\/p>\n<p>Die ma het later in haar getuienis ges\u00ea dat dit vir haar voorgekom het &#8220;of die beskuldigde enige oomblik moord kan pleeg. Haar o\u00eb was wild.&#8221;<\/p>\n<p>\u2022 Die saak is uitgestel na 13 Oktober vir &#8216;n korrektiewe verslag en vonnisoplegging.<\/p>\n<p>\u2022 Me. Liezel Herbst het aangekla vir die staat en mnr. Werno van Aswegen het opgetree vir die verdediging.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Huishulp wat &#8216;n veertienjarige seun twee jaar gelede aan sy nek beetgekry het, is skuldig bevind aan aanranding met die opset om ernstig te beseer.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":19366,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-19365","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19365","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=19365"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19365\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/19366"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=19365"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=19365"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=19365"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}