{"id":19182,"date":"2014-10-04T00:00:00","date_gmt":"2014-10-03T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/19182\/ligblou-kriekie-skiet-goue-doele\/"},"modified":"2014-10-03T09:15:55","modified_gmt":"2014-10-03T07:15:55","slug":"ligblou-kriekie-skiet-goue-doele","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/sports-news\/school-sports-news\/2014\/10\/04\/ligblou-kriekie-skiet-goue-doele\/","title":{"rendered":"Ligblou Kriekie skiet goue doele"},"content":{"rendered":"<p>Van Wyk vertel dat sy aanvanklik nie vir die span gekies is nie, maar dat sy wel later nadergetrek is vir &#8216;n provinsiale toernooi in Pietermaritzburg. En in die proses het sy en haar spanmaats vir &#8216;n tikkie hokkiegeskiedenis gesorg toe hulle die toernooi gewen het.<\/p>\n<p>&#8220;Northern&#8217;s het in 1994 laas in &#8216;n IPT-finaal gespeel en nog nooit gewen nie &#8211; tot ons vanjaar die goue medalje ingepalm het.&#8221;<\/p>\n<p>Sy het tydens haar matriekjaar by Ho\u00ebrskool Middelburg op &#8216;n stadium &#8216;n verstommende 67 van daardie jaar se uiters suksesvolle eerste span se 77 doele aangeteken. N\u00f3\u00fa span haar provinsiale span haar ook as doelskieter in.<\/p>\n<p>&#8220;Die tempo hier is baie vinniger en lekkerder, terwyl mens superfiks moet wees om by te bly. Gelukkig het ons &#8216;n fiksheidsafrigter! Dan is die intensiteit baie hoog &#8211; mens kan voel wanneer jy &#8216;n harde wedstryd gespeel het.&#8221;<\/p>\n<p>Van Wyk is ook vir Tukkies in aksie en is reeds hard aan&#8217;t oefen vir volgende jaar se Varsitbybeker.<\/p>\n<p>Haar tweelingsussie, Marcia, is ook by di\u00e9 Pretoriase universiteit en die twee hoop om binnekort weer op die hokkiebaan herenig te wees &#8211; hulle was immers onafskeidbaar op ho\u00ebrskool en die &#8220;Kriekie\/Maasie-duo&#8221; het talle opposisiespanne slapelose nagte gegee.<\/p>\n<p>Volgens Van Wyk is dit &#8216;n aanpassing om sonder Marcia te speel. &#8220;Sy sal altyd my wingman wees. Sy is egter ook besig om hard te oefen sodat ons volgende jaar weer saam kan speel; ons is baie opgewonde!&#8221;<\/p>\n<p>Soos altyd bly sy nederig oor al haar en haar tweelingsussie se prestasies.<\/p>\n<p>&#8220;Ek is werklik dankbaar vir al die ondersteuning en vir die Here wat alles vir ons moontlik maak. Ek en my sussie is regtig gebless!&#8221;<\/p>\n<p>Verwag dus nog baie ligblou (\u00e9n dalk eendag groen-en-goud) doele van die Van Wyk-tweeling.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Marguerite (Kriekie) van Wyk se hokkieloopbaan is besig om van krag tot krag gegaan. Di\u00e9 talentvolle oud-Middie is deesdae in die ligblou van Noord-Gauteng (Northern&#8217;s) se vrouespan te sien.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":19183,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Johann Gresse","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[12,2886],"tags":[],"class_list":["post-19182","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-school-sports-news","category-sports-news"],"category_labels":{"Category":"Sport","SubCategory":"School sport"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19182","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=19182"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/19182\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/19183"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=19182"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=19182"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=19182"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}