{"id":18766,"date":"2014-09-23T00:00:00","date_gmt":"2014-09-22T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/18766\/maak-seker-as-jy-volmaak\/"},"modified":"2014-09-23T09:33:11","modified_gmt":"2014-09-23T07:33:11","slug":"maak-seker-as-jy-volmaak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/09\/23\/maak-seker-as-jy-volmaak\/","title":{"rendered":"Maak seker as jy volmaak"},"content":{"rendered":"<p>Beide Kanonkop en Sasol Vulstasies, asook mnr. Jan Myburg (van Janmy Dienste en verteenwoordiger van die Brandstof Kleinhandelsvereniging) was dit eens dat daar ni\u00e9 by &#8216;n bestaande bedrag op die pomp brandstof ingegooi kan word nie.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/mobserver.co.za\/18765\/bejaarde-vies-vir-vulstasies\/\">Me. Meis Bester (Kanonkop Vulstasie) het aan die Observer die hele stelsel verduidelik en ook gewys hoe die proses werk.<\/a><\/p>\n<p>Wanneer iemand op die ryvlak inkom om brandstof in te gooi, sal hulle wel die vorige transaksie op die pomp kan sien. Die joggie kan egter nie die gordel van die pomp afhaal voordat hy die metaalskyfie teen die elektroniese slot gehou het nie. Sodra die skyfie daaroor gevee word, herset die bedrag en kan die gordel eers afgehaal word.<\/p>\n<p>Terwyl brandstof ingegooi word, is daar &#8216;n gerekenariseerde stelsel wat dopgehou word deur &#8216;n operateur. Terwyl die brandstof ingegooi word, registreer die pomp en die hoeveelheid brandstof wat ingegooi word. Die transaksie wys &#8220;besig&#8221; totdat die joggie die geld kom inbetaal.<\/p>\n<p>Me. Lynette Schoeman (Sasol Middelburg) s\u00ea die fout wat hul joggie gemaak het met die bedrag op die kaart &#8220;was &#8216;n menslike fout.&#8221; Sy het aangedui dat hy per ongeluk die verkeerde bedrag ingesleutel het, maar dat hy dit dadelik by haar kom aanmeld het.<\/p>\n<p>Hy het vir me. De Bruyn gevra of hy die geld kan terugbetaal, waarop sy ges\u00ea het hy moet net die verskil ingooi.<\/p>\n<p>Mnr. Myburg s\u00ea daar is soms enkele gevalle waar joggies wel kanse vat. &#8220;Die kli\u00ebnt sal byvoorbeeld vra vir R100 brandstof. Dan word daar net byvoorbeeld R90 ingegooi en hy steek die R10 in sy sak. Hulle kan dit egter nie doen met groot bedrae nie, want die gerekenariseerde stelsel sal dit vinnig optel. My raad aan motoriste is om net uit hul voertuie te klim en te kyk dat dit volle bedrag ingegooi word! Dit is die nuwe Suid-Afrika. Almal vat kanse, want almal kry swaar.&#8221;<\/p>\n<p>Hy s\u00ea vulstasies het selfs &#8216;n naam vir hierdie kansvatter-joggies. &#8220;Ons noem dit die Pump-jive. Hy hou jou besig deur byvoorbeeld te vra dat hy jou venster was en lyk baie dankbaar dat jy nog vir hom &#8216;n fooitjie ook gee. Intussen het hy dalk klaar R10 te min ingegooi! Naas jou huis, is jou kar jou grootste bate. Maak net seker!&#8221;<\/p>\n<p>Die kwessie dat die hoeveelheid brandstof nie dadelik wys as dit ingegooi word nie, het baie te doen met die meettoerusting wat soms vashak as die voertuig baie leeg is voor daar brandstof ingegooi word. Mnr. Myburg s\u00ea baie mense kom kla kort-kort dat hul meettoerusting dit nie wys nie. Hy s\u00ea gwoonlik net vir hulle dat hulle om die blok moet ry en dan &#8220;kom maak hulle verskoning, want dan wys dit.&#8221;<\/p>\n<p>Hy het gemeld dat al die vulstasies noustrop trek aangesien hulle maar net 7.8% wins kry op brandstof. &#8220;Was dit nie vir die omsent nie, dan sou ons dit nie gemaak het nie!&#8221;<\/p>\n<p>\u2022 Mnr. Myburg het bygevoeg dat daar egter ook ander probleme by vulstasies is, soos vulstasie-eienaars wat kli\u00ebnte op &#8216;n oneerlike manier werf.<\/p>\n<p>Hy weet van vulstasies wat byvoorbeeld gratis koeldrank aanbied vir kli\u00ebnte wat meer as R1 000 brandstof ingooi, en heeltemal teenstrydig met die wet optree. &#8220;Jy mag nie so &#8216;n tipe ruiltransaksie om kli\u00ebnte te werf aanbied nie. Dit is teen die wet!&#8221;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Bejaarde vrou se aannames dat joggies by bestaande bedrae op hul pompe brandstof byvoeg en dan die verskil van geld in hul sakke steek, kan ni\u00e9 gebeur nie, aangesien die metaalskyfie dadelik alle bedrae herset.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":18770,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-18766","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/18766","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=18766"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/18766\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/18770"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=18766"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=18766"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=18766"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}