{"id":18737,"date":"2014-09-22T00:00:00","date_gmt":"2014-09-21T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/18737\/mybeurtte\/"},"modified":"2014-09-23T11:01:50","modified_gmt":"2014-09-23T09:01:50","slug":"mybeurtte","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/opinion-edition\/blogs\/2014\/09\/22\/mybeurtte\/","title":{"rendered":"My Beurt"},"content":{"rendered":"<p>Dit was die sestigerjare.<\/p>\n<p>Party mense het gepraat van die &#8216;sixties&#8217; &#8211; hippie-vry-tye.<\/p>\n<p>Oom Koos Jacobs was &#8216;n gesiene boer van Arnot, voorsitter van die skoolraad.<\/p>\n<p>Hy het drie dogters gehad, Mara, Annemarie en Tertia. Dan was daar Frikkie, Frikkie wat met net een volmaakte arm gebore is.<\/p>\n<p>Iemand het op sy linkerskouer &#8216;n klein armpie geskape, skaars ses duim lank. Ons het skelm na die klein rooi armpie geloer.<\/p>\n<p>Een van kleintyd se hartseerstories, soos die onderwyser wat van die brug gespring het om sy seun se lewe te red. Maar dit is &#8216;n storie vir &#8216;n ander dag.<\/p>\n<p>Een bitter koue wintersoggend is Frikkie se kar in die Olifantsrivier gekry, naby die Maanlig Inryteater.<\/p>\n<p>Frikkie het hom uit die kar getrek en het op die dak gel\u00ea.<\/p>\n<p>Ons het altyd gewonder of Frikkie sou gelewe het as hy twee volmaakte arms gehad het.<\/p>\n<p>Vrydagaande het ons fliek gekyk by Laerskool Uitkyk. Verstom gestaar na vanwaar die wonder van beeld en klank vandaan kom. Helder strale wat soos die lig van die wegraping oor ons geskyn het.<\/p>\n<p>Saterdagoggend het Oom Koos die kinders bymekaar gemaak om wol te trap op die plaas.<\/p>\n<p>In die groot stoor het ons langs mekaar gestaan, ek en Annemarie, geskater terwyl ons op-en-af, op-en-af, op die wolbaal spring.<\/p>\n<p>Met kaal voetjies by die hoenderhok ingetrippel om die eiers een vir een in die gevlegde mandjie te sit.<\/p>\n<p>Van die groot hooimiedens afgegely en ons asems uitgelag.<\/p>\n<p>Nou is dit die jaar 2014.<\/p>\n<p>Iemand het met &#8216;n groot uitve\u00ebr gekom en Annemarie se geheue uitgewis, alzheimers noem hulle dit.<\/p>\n<p>Iemand het haar swartbord van die lewe uitgeve\u00eb.<\/p>\n<p>Kleintyd-se-onthoutyd is vir altyd weg.<\/p>\n<p>Was dit God gewees?<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit was die sestigerjare. Party mense het gepraat van die &#8216;sixties&#8217; &#8211; hippie-vry-tye.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":18425,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"xxxx","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[17,509,2888],"tags":[],"class_list":["post-18737","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-blogs","category-editors-note","category-opinion-edition"],"category_labels":{"Category":"Opinion","SubCategory":"Blogs"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/18737","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=18737"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/18737\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/18425"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=18737"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=18737"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=18737"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}