{"id":18320,"date":"2014-09-12T00:00:00","date_gmt":"2014-09-11T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/18320\/super-pumas-teen-kwas\/"},"modified":"2014-09-12T09:35:37","modified_gmt":"2014-09-12T07:35:37","slug":"super-pumas-teen-kwas","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/sports-news\/local-sports\/2014\/09\/12\/super-pumas-teen-kwas\/","title":{"rendered":"Super Pumas teen &#8216;Kwas"},"content":{"rendered":"<p>Maar vir Jimmy Stonehouse en kie kan jy maar die &#8220;verrassing&#8221; uit die woord verrassingspakket haal &#8211; want hierdie Pumaspan is vanjaar omtrent &#8216;n volledige rugbypakket. En dit het harde werk, toewyding en seker &#8216;n tikkie bloedsweet in die aanloop tot die toernooi geverg om hierdie prestasie te behaal.<\/p>\n<p>Verlede week se sege van 31-17 teen die Vrystaatse Cheetahs was hul vierde oorwinning in die Premierliga. Nog net die Haaie kon hulle in Durban klop (na die besoekers nog &#8216;n voorsprong van 7-6 teen rustyd geniet het).<\/p>\n<p>Om te illustreer dat die span &#8216;n goeie balans tussen aanval en verdediging gekry het, is duidelik as jy na hul driedruk- \u00e9n drieafweer-vermo\u00eb kyk. Met hul 16 drie\u00eb het die span die derde meeste drie\u00eb in vanjaar se reeks gedruk, terwyl hulle ook die derde minste drie\u00eb (11) afgestaan het.<\/p>\n<p>Nou vertrek Corn\u00e9 Steenkamp en sy spanmaats na Kimberley, waar hulle die Griekwas op GWK Park aandurf.<\/p>\n<p>Die afrigtingspan het Woensdag die slegte nuus gekry dat skrumskakel, Faf de Klerk &#8211; wie vir die Lions in die Superrugby-reeks uitgedraf het &#8211; vir die res van die siesoen weens &#8216;n kniebesering buite aksie sal wees. Met Dylon Frylinck \u00f3\u00f3k op die krukkelys, is Reynier van Rooyen nadergetrek om die nommernegetrui te dra. Snake Nyoka is die ander skrumskakel in die span.<\/p>\n<p>Dan maak Coenie van Wyk sy terugkeer tot die beginspan, met JW Bell wat na die plaasvervangerbank skuif.<\/p>\n<p>Boonop het die Pumas die hef in die hand na hulle die Griekwas vroe\u00ebr op Mbombela ore aangesit het. Maar soos enige besoekerspan jou sal vertel, Kimberley kan &#8216;n klipharde uitdaging wees.<\/p>\n<p>Die Pumas kan beslis trots wees op hul prestasies tot dusver. Maar die seisoen is nog lank nie verby nie.<\/p>\n<p>\u2022 Afskoptyd is Saterdag om 15:00.<\/p>\n<p>Pumas: Coenie van Wyk, Jerome Pretorius, JW Jonker, Stefan Watermeyer, Rosko Specman, Justin van Staden, Renaldo Bothma, Uzair Cassiem, Corn\u00e9 Steenkamp (kaptein), Giant Mtyanda, Frikkie Spies, Vincent Koch, Francois du Toit, Corn\u00e9 Fourie. Plaasvervangers: Frankie Herne, DeJay Terblanche, Marius Coetzer, Jaco Bouwer, Snake Nyoka, JC Roos, JW Bell.<\/p>\n<p>Griekwas: Gouws Prinsloo, Ederies Arendse, Jonathan Franke, Doppies la Grange, PJ Vermeulen; Francois Brummer (kaptein), Tian Meyer; Ruaan Lerm, Carel Greeff, Marnus Schoeman, Jaco Nepgen, Hilton Lobberts, Kop van der Westhuizen, Martin Bezuidenhout, Steph Roberts. Plaasvervangers: Ryno Barnes, Maks van Dyk, Hugo Kloppers, Burger Schoeman, RJ Liebenberg, Abrie Griesel, Dean Grant.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Het jy vir die meeste van die Puma-ondersteuners aan die begin van die seisoen ges\u00ea dat die span na vyf Curriebekerwedstryde tweede op die punteleer sou l\u00ea, sou meeste van hulle jou tien-teen-een met &#8216;n effense oorblufte (maar t\u00f3g gelukkige) glimlag aangekyk het.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":18321,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[11,2886],"tags":[],"class_list":["post-18320","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-sports","category-sports-news"],"category_labels":{"Category":"Sport","SubCategory":"Local sport"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/18320","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=18320"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/18320\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/18321"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=18320"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=18320"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=18320"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}