{"id":18185,"date":"2014-09-11T00:00:00","date_gmt":"2014-09-10T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/18185\/nuwe-gier-tref-land-met-ka-boem\/"},"modified":"2014-09-11T15:03:05","modified_gmt":"2014-09-11T13:03:05","slug":"nuwe-gier-tref-land-met-ka-boem","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/news-headlines\/2014\/09\/11\/nuwe-gier-tref-land-met-ka-boem\/","title":{"rendered":"Video: Nuwe gier tref land met Ka-Boem"},"content":{"rendered":"<p>Me. Sorina van der Walt (van Laerskool Middelburg) se eerste DVD \u201cLoom Ka-Boem\u201d verkoop soos soetkoek en sy neem selfs al haar tweede DVD Saterdag op.<\/p>\n<p>Maar hoekom \u2019n DVD wat hierdie tegniek verduidelik?<\/p>\n<p>Me. Van der Walt s\u00ea sy het gesien die kinders is gek oor hierdie prettige tegniek en het oral in die land gesoek na boeke of videomateriaal wat die tegnieke stap vir stap verduidelik. Dit was n\u00earens in Afrikaans beskikbaar nie.<\/p>\n<p>Syself het aanvanklik haar vingers saam met die rekkies geknoop, maar soos sy meer ervare geraak het, het sy die tegniek ook pouses aan die kinders begin leer. Binne \u2019n kort tydjie was daar s\u00f3 \u2019n groot belangstelling (selfs vanaf ander skole), dat sy op die blink plan gekom het om \u2019n DVD te laat opneem.<\/p>\n<p>\u201cDaar is baie kinders wat in hul eie taal wil weet hoe om dit te doen, maar dit is net nie beskikbaar nie. Dit is hoekom ek besluit het om die DVD te maak.\u201d<\/p>\n<p>Haar plan is nie om geld daaruit te maak nie, maar om kinders te help en sy verkoop die DVD vir slegs R50 elk (wat omtrent net die basiese kostes dek).<\/p>\n<p>Op die eerste DVD (wat op 8 Augustus bekend gestel is) leer sy hulle die basiese vaardighede van \u201cLoom\u201d, wat insluit: \u201cTriple Single\u201d, \u201cTaffy Twist\u201d, \u201cLadder\u201d, \u201cZig-Zag Rainbow\u201d, \u201cZippy\u201d en \u201cStar Burst.\u201d Ja, dit is Engelse name, maar dit is wat die tegnieke genoem word.<\/p>\n<div class='tie-fluid-width-video-wrapper tie-ignore-fitvid' style='margin-bottom: 30px;'>\n\t\t\t<iframe style='width: 100%; min-height: 300px; aspect-ratio: 16\/9;' src='https:\/\/www.youtube-nocookie.com\/embed\/S_jeQaxc88U' loading='lazy'><\/iframe>\n\t\t<\/div>\n<p>Die kinders kan in Afrikaans leer hoe om watter knoop en draai te maak en hoe om die hele spulletjie uitmekaar en weer aanmekaar te kry.<\/p>\n<p>Sommer gou-gou het almal met haar DVD al die tegnieke bemeester, maar nou wil hulle m\u00e9\u00e9r weet! Sy vertel laggend dat sy blitsig allerlei ander tegnieke self moes aanleer om meer gevorderde artikels te kan maak.<\/p>\n<p>Die moontlikhede is egter oneindig en sy wys die oulike artikels, soos poppies en selfs naaldekokers wat sy op haar tweede DVD stap vir stap sal verduidelik.<\/p>\n<p>Frank en Maryna Schoombee (van Antare Productions) het haar eerste DVD opgeneem en sal nou ook die tweede DVD Saterdag opneem.<\/p>\n<p>Haar plan is om die DVD\u2019s landwyd aan kinders beskikbaar te stel en daar is planne in die pyplyn om dit op \u2019n bekende Afrikaanse Internet Inkopielyn te bemark.<\/p>\n<p>\u2022 Die eerste DVD is by Jud\u2019sies (by die Cafe 101 Sentrum in Maricostraat) en by OK Grocer (Groenkol) beskikbaar. Sy bied ook gereeld op Saterdae klasse vir die kinders by Jud\u2019sies aan. Vir meer inligting, bel of sms me. Van der Walt (na-ure) by 082 564 9640.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2019n Rekkie-ontploffing het die land getref en nou is daar selfs \u2019n juffrou wat die kinders in Afrikaans leer hoe om di\u00e9 tegniek te bemeester.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":18186,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"Daleen Naude","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[7,2],"tags":[],"class_list":["post-18185","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-news","category-news-headlines"],"category_labels":{"Category":"News","SubCategory":"Local news"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/18185","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=18185"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/18185\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/18186"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=18185"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=18185"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=18185"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}