{"id":18163,"date":"2014-09-14T00:00:00","date_gmt":"2014-09-13T22:00:00","guid":{"rendered":"http:\/\/echonews.sites.caxton.co.za\/18163\/van-die-dal-na-loftus\/"},"modified":"2014-09-12T12:02:06","modified_gmt":"2014-09-12T10:02:06","slug":"van-die-dal-na-loftus","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/sports-news\/local-sports\/2014\/09\/14\/van-die-dal-na-loftus\/","title":{"rendered":"Van die Dal na Loftus"},"content":{"rendered":"<p>Gewoonlik het die speler &#8216;n sekere X-faktor, of die vermo\u00eb om wedstryde te wen. N\u00f3\u00fa het Nolis Marais (afrigter van die o\/21 Blou Bulle) s\u00f3 &#8216;n speler in Kobus Marais gevind.<\/p>\n<p>Marais is tans die voorste puntemaker in vanjaar se o\/21 Curriebekerreeks en soos Dok Craven sou s\u00ea: hy kan drop, place, kick en score.<\/p>\n<p>Die 20-jarige losskakel het sy laerskoolloopbaan by Marble Hall voltooi, terwyl hy tot graad 11 &#8216;n leerling by Ho\u00ebrskool Ben Viljoen was voor hy stad toe getrek het en sy matriek by Ho\u00ebrskool Waterkloof in Pretoria klaargemaak het.<\/p>\n<p>&#8220;Daar is &#8216;n verskil tussen stadsrugby en rugby op die platteland &#8211; veral met die tipe kompetisie wat daar in die stad is. Skoolrugby in Pretoria was vir my lekker, maar ek het die rugby op die platteland ook vreeslik geniet.&#8221;<\/p>\n<p>Anders as meeste rugbyspelers &#8211; wie deur hul loopbaan tussen posisies rondtoer &#8211; was Marais nog altyd &#8216;n losskakel. &#8220;Ek wou nog altyd net skop,&#8221; laat weet hy laggend. &#8220;En in beheer van &#8216;n wedstryd wees.&#8221;<\/p>\n<p>Marais is &#8216;n aanvallende losskakel wie se balverspreiding (buiten sy stelskopvermo\u00eb) sy groot sterk punt is. Hy speel al twee jaar vir die Pretorianers se o\/21&#8217;s &#8211; hoewel hy laasjaar nog 19 jaar oud was.<\/p>\n<p>Sy gunstelingwedstryd vanjaar was teen die Westelike Provinsie op Loftus Versfeld. &#8220;Ons het vroe\u00ebr die seisoen swaar teen hulle geleef op Nuweland. In die Loftuswedstryd stamp ons hulle toe 44-30.&#8221;<\/p>\n<p>Marais het in di\u00e9 wedstryd die meeste van sy span se punte aangeteken. &#8220;Dit was &#8216;n wonderlike gevoel. Ons speel vir mekaar en dit maak elke wedstryd spesiaal.&#8221;<\/p>\n<p>Hy vertel dat Handr\u00e9 Pollard sy moeilikste teenstander op die rugbyveld is. &#8220;Juis omdat ons al van skooldae teen mekaar speel en nou altwee by dieselfde unie is.&#8221;<\/p>\n<p>Sy pa is sy held.&#8221;Hy is &#8216;n man wat trots is en alles sal doen vir my gesin. Ek is baie bevoorreg &#8211; as dit nie vir my ouers (Kobus senior en Elize) was nie, sou ek nie gewees het waar ek vandag is nie.&#8221;<\/p>\n<p>Volgende jaar wil jy Superrugby speel. &#8220;Ek wil ook die rugbylewe weer opwindend maak en eendag in die Groen en Goud uitdraf. Dit is elke seun se droom.&#8221;<\/p>\n<p>En Marais het beslis die skopvoet om sy drome te bereik.<\/p>\n<p>\u2022 Hoe Marais sy punte aanteken:<\/p>\n<p>Drie\u00eb: twee<\/p>\n<p>Doelskoppe: 26<\/p>\n<p>Strafskoppe: 13<\/p>\n<p>Skepskop: 1<\/p>\n<p>\u2022 Sy spanne en prestasies:<\/p>\n<p>2006: Puma Cravenweek<\/p>\n<p>2007: Limpopo Cravenweek<\/p>\n<p>2008: Bokkieweek (kaptein van die Suidoos-Transvaal)<\/p>\n<p>2010: Grant Khomoweek (onderkaptein van Limpopo Blou Bulle)<\/p>\n<p>2010: SA Green Squad<\/p>\n<p>2011: Cravenweek Limpopo Blou Bulle<\/p>\n<p>2012: Akademieweek Blou Bulle<\/p>\n<p>2013: o\/19- en o\/21-Blou Bulle. Hy was &#8216;n Curriebekerwenner in sy ouderdomsgroep en het ook die meeste punte aangeteken. Boonop is hy as die agterspeler van die jaar aangewys.<\/p>\n<p>Hy het ook Vodacombekerrugby gespeel en was in die Super 15-oefengroep.<\/p>\n<p>\u2022 Die Blou Bulle o\/21&#8217;s speel weer op 20 September teen die Luiperds in Potchefstroom. Die Bulle l\u00ea tans derde op die punteleer.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Enige afrigter van enige sportspan het gewoonlik &#8216;n speler wie se naam hy eerste neerpen wanneer daar span gekies word.<\/p>\n","protected":false},"author":1848,"featured_media":18164,"comment_status":"open","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"hasGravity":false,"cxt_article_byline":"","cxt_disable_google_ads":false,"footnotes":""},"categories":[11,2886],"tags":[],"class_list":["post-18163","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-local-sports","category-sports-news"],"category_labels":{"Category":"Sport","SubCategory":"Local sport"},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/18163","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1848"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=18163"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/18163\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media\/18164"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=18163"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=18163"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/develop.citizen.co.za\/middelburg-observer\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=18163"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}